Verdagtes in SAUK-roof in hof

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Vier verdagtes het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn nadat hulle glo verlede week SAUK-joernaliste buite die Milpark-hospitaal in die stad beroof het.

The Star het Dinsdag berig Alfred Tlougameli, Clement Mncube, Pascal Junior en Modin Modin het verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en sal na verwagting ook aangekla word van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die verhoor was ʼn ruk lank vertraag omdat drie van die vier mans gespesialiseerde tolke versoek het voor die verhoor kon voortgaan.

Die polisie het gesê dat twee van die verdagtes positief verbind word met die rooftog en twee mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo van die gesteelde ware gekoop het.

Die verslaggewers Vuyo Mvoko en Chriselda Lewis het Dinsdagaand gereedgemaak vir ʼn regstreekse uitsending om te berig oor die Zambiese president Edgar Lungu se aankoms by die hospitaal. Die kameras het reeds gerol en die gesigte van die verdagtes is duidelik sigbaar.

Mvoko het later tydens ʼn onderhoud gesê dat een van die mans hom met ʼn geweer gedreig het toe hy nie dadelik sy selfoon wou oorhandig nie.

Die verdagtes is Donderdagaand in hegtenis geneem. Volgens die polisie is nie een van hulle Suid-Afrikaners nie.

Klik hier om alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media te lees en die video van die voorval te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mercia ·

Weereens wat soek hulle in ons land. As ons hoor is hulle nie van obs land nie. Wanneer gaan ons presudent wakker skrik. Hulle het niks in ons land uit te waai nie. As hulle nie toe gelaat word in ons land nie. Gaan daar minder moord,roof verkragtings wees. Aitog skut net my kop.

Peet Schabort ·

Ai, die selfone en koper darem . . . Aangesien Jan v. R. weer in die nuus is skryf hy in sy dagboek op 10 Febr. 1655 o.a. die volgende: “Soo wisten oock te seggen dat haer d’jnwoonders (plaaslike bevolking) beduijden datse in groote menighte omtrent onse fortresse (fort) meenden te comen, met voornemen omme bij goede gelegentheijdt ons te overvallen ende ‘t coper dat wij veel binnent fort hadden, weg te roven . . . ” ens.
Die aptyt was toe reeds daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.