Verdagtes kort ná plaasaanval vas toe motor omslaan

Die vuurwapens wat in die motor gevind is. Foto: SAPD

Vier mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in die Amersfoort-omgewing in Mpumalanga nadat lede van die gemeenskap Saterdag op ʼn motor afgekom het wat op ʼn grondpad in die omgewing omgeslaan het.

Brig. Leonard Hlati, woordvoerder van die polisie, het gesê die plaaslike boere het die polisie ontbied na die plek waar die silwerkleurige sedanmotor omgeslaan het. By die polisie se aankoms het hulle die voertuig deursoek en op vier vuurwapens, ammunisie, nege selfone en vier skootrekenaars afgekom.

“Die polisiebeamptes het onraad vermoed en het saam met die boere die gebied begin deursoek. Hulle het toe op vier verdagtes afgekom wat tussen die bosse weggekruip het,” het Hlathi gesê.

Terwyl die polisie nog kopgekrap het oor die motor en die buit wat daarin gevind is, het dit aan die lig gekom dat ʼn 55-jarige man op ʼn plaas in die omgewing beroof is. “Dit was duidelik dat die verdagtes iets met die rooftog te doen gehad het en hulle is van huisroof aangekla,” het Hlathi gesê.

“Die polisie ondersoek tans die moontlikheid dat die mans by nog misdaad elders betrokke kon wees.” Die verdagtes, tussen 20 en 33 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Leahim ·

Die probleem sal vererger todat dit polities korrek is om te sê wie en wat die aanvallers van meestal wit persone op suid afrikaanse plase is.Die regering en die wêreld ontken dat genocide is besig om plaas te vind agv die vrees om polities korrek te wees SPREEK DIE PROBLEEM AAN OF DUISENDE SAL NOG STERF

Piet Pille ·

Leahim, daar sal nie daadwerklik opgetree word deur beide regering of polisie. Deel van plan om boere van plase af te laat vlug vir oorleweing. Indien dit anders was en dit gemik was teen “opkomende boere” sou jy heftige re-aksie, ook van die buiteland en inhegtenisnemings gesien het van ons polisie .

Ander Annie ·

Enige Boer wat vermoor word, is totaal onaanvaarbaar. Grondverdeling is sensitief. Gee grond aan mense wat wil en kan boer. Dit is oor en oor bewys dat nie almal wat grond gekry het, wil of kan boer nie. In Brazil huur boere grond en kry hulle spesiale toekennings. Boere word mishandel en vermoor in Suid Afrika as gevolg van misdaad, werkloosheid en politiese aanhitsende slagspreuke. Ook is polisiëring van plase onvoldoende. Landbou Unies soos AgriSA, TAU SA en NAFU SA dring aan op ‘n landbou Indiana met die regering.

Ig ·

Verbeel ek my of is dit toeval dat na elke plaasaanval is daar n paar motorongelukke met heelwat sterftes?

Johann van Cullinan ·

Jy is in die kol. Voor my pa se natuurlike dood in 2014, het hy dit al opgemerk en vir my daarvan vertel en sederdien gebeur dit gereeld dat daar baie lewensberlies is, veral in taxi ongelukke.

Boet Fasie ·

Hulle het nie gedink hulle gaan so gou gevang word nie, voertuig ook seker gesteel en wonder of hulle ooit ‘n rybewys het. Goed dat hulle gevang is, maar hulle moet nie net van huisbraak aangekla word nie maar van poging tot moord. Gaan seker weer Dinsdag op borg vrygelaat word of hulle ontsnap by die polisiestasie nog voor Dinsdag.

Johann Marx ·

As die vuurwapen register op datum en korrek was, sou dit baie makliker gewees het om daardie vuurwapens se geskiedenis te kon navors, te weet by watter handelaar dit gekoop is, wie die eienaars is of was, en HOE dit in die hande van hierdie kriminele beland het. Maar nou ja, as die “basics” nie in plek is nie, kan jy “ondersoek” soos jy wil, jy gaan min of geen resultate behaal nie. Vra maar vir Allister……

Reti ·

Lekker né! Pestilensies. Pleks hulle was nie meer met ons nie. Maak my só verskriklik kwaad.

Penellope Jones ·

Nie n woord van regeringskant of selfs die “presidency” oor al hierdie aanvalle nie.

Henk Venter ·

Die regering staan daarby dat plaasaanvalle niks anders is nie as gewone misdaad maar daar kan nie antwoode gevind word oor die vraag waarom die aanvalle gepaardgaan met sulke erge geweld nie. Tog is die antwoord daarop eenvoudig. Die ANC regering moet daarvoor pa staan. As hulle leiers aanhoudend die witmense beskuldig dat hulle die grond gesteel het en verantwoordelik is vir die armoede van die swart mense dan kan jy verwag dat daar wraak sal wees.

Robby ·

Leahim ek wil vir jou sê kolskoot …. jys reg die plaasmoorde herhaal hom elkedag. Soos jy daar sê .

Christo ·

Wat sou gebeur het as die polisie EERSTE op die toneel was en nie die gemeenskap en die boere nie. Dan was dit bloot ‘n voertuigongeluk……. en die wapens weg en die skuldiges op vrye voet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.