Verdagtes kort ná polisievrou se skietdood aangekeer

(Argieffoto: Hansie Linde)

Vyf verdagtes is Donderdagmiddag kort ná die moord op kol. Beauty Marivate, bevelvoerder by die eLukwatini-polisiestasie in Mpumalanga, in hegtenis geneem.

Volgens die polisie is Marivate vroeg Donderdagoggend doodgeskiet nadat sy op ’n sakeroofvoorval in die omgewing gereageer het.

Die polisie is tans na nog verdagtes op soek.

“Die mans en vroue in blou bly aan die voorpunt van die stryd teen misdaad, en om hulle aan te val is ʼn aanval op gemeenskappe,” sê Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga.

Hy meen dié dade is ook ʼn aanval op die staat.

“Enigiemand wat wetstoepassers of die polisie aanval, verklaar oorlog teen die staat. Die polisie bly van kernbelang in ons pogings om te verseker dat gemeenskappe veilig is en voel.

“Om dié rede moet die polisie 24 uur per dag werk om te verseker dat skuldiges betrokke by sodanige misdrywe, aan die pen ry,” sê Shongwe.

Hy het ook ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met enige inligting wat met die ondersoek kan help.

Dit is nie duidelik wanneer die verdagtes in die hof sal verskyn en of hulle al aangekla is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.