Verdagtes met rewolwer, pangas gewapen tydens Klipheuwel-plaasaanval

Aanval in Klipheuwel (Foto: Titanium Securitas)

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord ná ʼn aanval op ʼn plaas in Klipheuwel.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê dit het Saterdagoggend net ná middernag plaasgevind.

“Vier onbekende mans het die skuifdeur van die huis oopgebreek en na die hoofslaapkamer gegaan waar ʼn man en sy vrou gelê en slaap het. Die verdagtes was met ʼn rewolwer, pangas en messe gewapen. Hulle het die kluis se sleutels geëis, maar die man het geweier om dit aan hulle te oorhandig,” het Van Wyk gesê.

Daar was ʼn onderonsie en die man is twee keer in sy arm en in sy maag geskiet.

Die man se vrou is in haar maag geskiet.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vriend van die gesin wou die man en sy vrou help. “Hy is in die bors geskiet en sy vuurwapen is by hom afgeneem.”

Volgens Van Wyk kon die egpaar se seun deur ʼn venster vlug.

Die aanvallers het met selfone en skootrekenaars te voet van die toneel gevlug.

“Die beseerde persone is na ʼn hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.”

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om met Kraaifontein-polisie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Terreuraanvalle teen ons en Cele sê dis vakansie misdaad die slim man met sy groot hoed darem!!!

Werner ·

Mense moet opleiding kry dat hul weet hoe om hul wapens te gebruik.Die aanvallers kry opleiding moenie dink dit is sommer mense vd straat nie

Magda ·

en ja ons weet waar daai opleiding vandaan kom – vra maar net vir ????????

Jannie van Niekerk ·

Die minister van polise moet sy stupid hoedjie afhaal en ERKEN dat kastige “huisrowe” op plase PLAASAANVALLE is. Dit is baie duidelik dat hy en Pres Rampspoedphosa plaasaanvalle 100 % goedgesind is.

Genis ·

Mense bewapen julle ten alle tye, en wees wakker… Dis jou reg om jouself te verdedig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.