Verdagtes ʼn week ná plaasmoord aangekeer

handcuffs3-320x257Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Koos Jonker (79), ʼn bejaarde man wat verlede week tydens ʼn plaasaanval in Limpopo vermoor is.

Maroela Media het vroeër berig dat Jonker ‘n blyplek by ʼn gesin op ʼn plaas buite Lephalale (Ellisras) gehuur het, en ook daar gewerk het.

Jonker se liggaam is verlede Maandag op sy badkamer se vloer aangetref nadat rowers die Sondagaand by sy blyplek en die plaaseienaar se hoofhuis ingebreek het. Sy voete en hande was vasgebind. Hy is erg aangerand en het ernstige hoofbeserings opgedoen. Lees meer hier.

Volgens kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, is die drie verdagtes Maandag in Lephalale en Villa Nora in hegtenis geneem. Die verdagtes moet Woensdag in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.