Verdagtes ná aanval op kleinhoewe vasgetrek

Argieffoto: Nico Strydom

Drie vermeende aanvallers is vasgetrek nadat hulle Dinsdag in die vroeë oggendure glo op ʼn kleinhoewe in die Cullinan-gebied toegeslaan het.

Konst. Connie Moganedi, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het toegang tot ʼn huis op die kleinhoewe verkry en die mense in die huis aangeval terwyl hulle geslaap het. Dit is nie duidelik of enigiemand tydens die voorval beseer is nie. Volgens Moganedi het die aanvallers met selfone en skoene van die toneel gevlug.

Die Tshwane-Oos trio-taakspan het ʼn ondersoek van stapel gestuur en drie mans, tussen 20 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die Cullinan-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.

Die inhegtenisneming kom kort nadat twee verdagtes vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is in verband met ʼn aanval in November vanjaar op ʼn plaas, ook in die Cullinan-omgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PJC ·

Ek hoop net daar is ń bevoegde landros op die bank wanneer hulle verskyn sodat hulle nie borgtog kry om verder kwaad te doen nie.

Wonder ·

Ek wonder of die twee verdagtes met die vorige aanval nie ook deel uitmaak van hierdie spannetjie? Daar word gesê dat as jy verbrou SAL jy gaan regmaak óf . . .

Liesl ·

Skandelik dat mens nie eens meer veilig in jou eie huis kan slaap nie.

ALP ·

Verdagtes word te maklik vrygelaat. Daar moet aangedring word dat hul nie vrygelaat word nie en dat hul vinniger deur die regsproses gaan.

JanB ·

Die probleem is onbevoegte ondersoek beamtes wat dalk doelbewus foute maak. Dan word hulle op tegniese punte vry gespreek.

Cullinan Landelike Gemeenskapslid ·

Danksy die betrokkenheid van die gemeenskap wat die 3 kriminele vasgetrek het en die goedere terug gevind het.

Cullinan Landelike Gemeenskapslid ·

danksy die samewerking van die gemeenskap wat die 3 kriminele vasgetrek het en die goedere terug gevind het, kon hulle deur die polisie inhegtenis geneem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.