Verdagtes ontsnap ná hulle polisie beroof; in vangwa druk

'n Foto van November se voorval

‘n Foto van November se voorval

Twee mans wat glo verlede maand polisiebeamptes helder oordag in Midrand, Gauteng van hul vuurwapens beroof en agter in hul eie vangwa geboender het, het Woensdag ontsnap.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes, Bafana Ngwenya (34) en Khulani Zungu (29), het Woensdag ontsnap nadat hulle in die Tembisa-landdroshof verskyn het om vir borg aansoek te doen. Volgens Kweza is die saak tot 14 Januarie uitgestel waarna die mans na die aanhoudingselle geneem is. Hulle het vermoedelik ontsnap deur ʼn staaldeur oop te dwing.

Twee polisiebeamptes het op 4 November by ʼn kosstalletjie in Rabierif gesit toe hulle deur ʼn groep mans genader is. Die mans het ʼn vuurwapen op die beamptes gerig en hulle van hul wapens ontneem. Hulle het die beamptes daarna in hul eie patrollievoertuig toegesluit en met hul vuurwapens gevlug.

“Geen steen sal onaangeraak word om vas stel wat tot die ontsnapping gelei het. “Indien daar enige aanduiding is dat daar nalatigheid was deur polisiebeamptes, sal hulle aangekla word,” het lt.genl. Lesetja Mothiba, polisiekommissaris in Gauteng, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Nalatigheid of om hulle doelbewus te laat ontsnap is al rede .Hoe kon die gevrekte polisie nie sien dat die boewe besig is om die deur oop te dwing nie . Sluit hulle asb. dadelik toe.

Theresa ·

En nogsteeds leer die polisie nie. Hulle is te gemaklik met die verkeerde mense en rus op hul louere.

Boetie Deysel ·

Veterane sonder medikasie vir die fees seisoen, Aangesien die staat nagelaat het om Binnhof apteek Uitenhage tel 041-9910099 vir 6 maande te betaal. Hulle kan ons nie meer help nie.

scalla ·

Skryf dit toe aan onbevoegde/ombewaamde polisie lede, inside information

Dave ·

Het dit tydens ‘n etenstyd gebeur of waarom sit lede van die polisie by kosstalletjies en niks doen?

pop ·

Daai selfde polisie lede wat geroof is, was kop in een mus met die diewe. Maaar nou het hulle maatjies wapens en hulle nog hulle werk ook.

Marius ·

Ek oud speurder 34 Jr. diens. Dank die Vader ek klaar daar. Hulle dink en probeer hul planne implimenteer. Niks daarvan werk. Daar net een manier en dit die ou manier. Bigin en herstel Bevelstruktuur. Bring dissipliene terug, pas dit toe. Moenie lede alewig beskuldig van rassisme nie asb. Sien toe dat werk gedoen word en skaf interne politiek af in die SAPD?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.