Verdagtes ontsnap uit NW-polisieselle

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op die spoor van drie verhoorafwagtende gevangenes wat Woensdag uit die selle van die Lehurutshe-polisiestasie naby Zeerust in Noordwes ontsnap het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê vier verdagtes het glo deur ʼn valdeur toegang tot ʼn kantoor verkry en het deur ʼn badkamer ontsnap. Die presiese omstandighede rondom die ontsnapping is nog nie duidelik nie, het hy gesê.

Een van die verdagtes, Karabo Motshwaedi (20), is enkele ure later in die Welbedacht-nedersetting in hegtenis geneem. Die ander drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 31, is egter steeds soek.

Volgens Mokgwabone staan die drie tereg op aanklagte van verkragting, besit van gesteelde goedere en die besit van onwettige middels.

Lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale polisiekommissaris, het haar kommer oor die voorval uitgespreek en gesê ʼn deeglike ondersoek sal gedoen word om te bepaal hoe die verdagtes ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HENNA ·

Ons lees van die meeste diefstal sake – moorde – verkragtings en dan ontsnappings elke liewe week????

Tiger ·

Hoe doen die polisie hul werk dat gevagenis so maklik kan ontsnap?Hulle doen NIE hul werk nie dis al en in sommige gevalle HELP hulle die gevangenis om te ontsnap ook nog.Nee wat dis ‘n hopelose spul die’!

johan ·

Hoe is dit moontlik dat daar n valdeur in sel of sel toilette kan wees. Onmoontlik, ek sê hulle is gehelp deur die korrupte polisie beamptes wat daar werk en veronderstel is om oor die gevangenes te waak. Ondersoek die korrupte lede asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.