Verdagtes se betrokkenheid by ashoop-moorde ondersoek

Argieffoto

Die Gautengse polisie ondersoek die moontlikheid dat vyf mans wat vanoggend in hegtenis geneem is betrokke is by die sogenaamde ashoopbendes wat dalk verantwoordelik is vir minstens agt moorde in Springs, Tsakane en Kwa-Thema in April vanjaar.

Die provinsiale polisiehoof, lt.genl. Elias Mawela, het in April ʼn spesiale taakspan aangestel om die moorde te ondersoek. Die polisie moes onder meer vasstel of die moorde verband hou met vyandige bendes wat rommel by die Rietfontein-stortingsterrein bymekaar maak, of deel vorm van ʼn dwelmgebiedsoorlog in Kwa-Thema.

Die taakspanlede het vanoggend ʼn wenk opgevolg wat hulle na die verdagtes, wat vroeër by die Springs-stortingsterrein opgemerk is, gelei het.

Hulle was reeds in ʼn taxi op pad na Kwa-Thema toe die polisie toegeslaan het, het kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie het beslag gelê op vier ongelisensieerde 9 mm-pistole asook 61 patrone.

“Die vuurwapens is vermoedelik gebruik om die slagoffers te skiet,” het Dlamini gesê.

Die verdagtes is tussen 25 en 35 jaar oud en word in dié stadium aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, terwyl hulle moontlike verbintenis met die moorde verder ondersoek word.

Benewens die agt mense wat die afgelope ruk vermoor is, is minstens nog sewe mense gewond. Twee van die liggame is destyds op die Springs-stortingsterrein ontdek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dubbel standaarde ·

Jammer dat hulle nie ook so vinnig n taakspan op die been kan bring om die sinnelose moorde teen boere te probeer elimineer nie.

Sarel ·

Arresteer= Borg word toegestaan= saak duur jare en intussen gaan misdaad voort. Is die regstelsel wat misdadigers terug dit op straat nie genoeg om die Polisie moedeloos te maak nie

Diklizzy ·

Pistole en 61 rondtes is gekonfiskeer……. Haai hulls, Kom ons maak die staatsaanslag op wettige wapen eienaars groter. Die PDI’s het te min rondtes!!!!!

Heksie ·

Met sekere misdade spring die polisie baie gou, maar as dit kom by plaasmoorde en aanvalle, sleep hul maar hul voete lekker … en dan word ons blankes uitgekryt as rassiste

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.