Verdagtes, sekerheidswag in hospitaal ná skietery

Foto ter illustrasie. (Foto: Netcare 911)

Drie verdagtes en ʼn sekerheidswag is in die hospitaal opgeneem ná ʼn skietery tussen die verdagtes, polisielede en sekerheidswagte Saterdag in die Wes-Kaap uitgebreek het.

Die verdagtes het glo probeer om ʼn winkel in Goodwood te beroof, toe hulle vroeg die oggend deur die bestuurder en ʼn sekerheidswag betrap is.

“Volgens ons inligting is ʼn sekerheidswag en die bestuurder van die winkel in Voortrekkerweg omstreeks 05:30 deur rowers in die winkel ingedwing. Die sekerheidswag se kollegas het hulp ingeroep toe hul kollega nie weer uit die winkel kom nie,” het ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, Sondag in ʼn verklaring gesê.

“Toe die verdagtes op die vlug slaan, het die sekerheidswagte op hulle losgebrand en die verdagtes het teruggeskiet. ʼn Polisievoertuig, wat op daardie oomblik die gebied gepatrolleer het, is in die kruisvuur vasgevang en ʼn koeël het die voertuig getref. Die insittende polisielede is egter nie beseer nie.”

Die verdagtes is vasgetrek en sal eersdaags in die landdroshof in Goodwood verskyn. Drie ongelisensieerde vuurwapens is ook in hul besit gevind.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Goed nog 3 ongelisensieerde wapens van die straat af!

Persheks Adri ·

Ook weer waar Hennie en boonop is daar nog baie daar buite!

Di ·

Hierdie land is erger as die Wilde Weste! Elke krimineel het ‘n onwettige vuurwapen, danksy aan die Regering en polisie. Kriminele en onwettige immigrante het meer regte as ons landsburgers

Menan ·

Sjoe, half ses in die oggend? Watse soort winkel is dit dat die Bestuurder daai tyd van die oggend al by die werk is? Wonder maar net …..

Ansie ·

Shoprite. Soos ek verstaan was dit o.a. die bakkers wat vroeg aan diens gegaan het.

Ansie ·

Die Byers-sekerheidswag het vier skote afgevuur en aldrie die verdagtes raakgeskiet. Volpunte vir hom. Ek hoop ook hy herstel baie vinnig. Volgens my kennis is hy stabiel. Die polisie het ook blitsvinnig opgedaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.