Verdagtes vas ná gru-moorde op 2 kinders

Tiyiselani Nokuthula Rikhotso (11) .

Die polisie het ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op ʼn 11-jarige meisie vroeër die week in Limpopo.

ʼn 34-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord, het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, gesê. “Die verdagte sal binnekort in die Giyani-landdroshof verskyn. Die polisie se ondersoek na die voorval gaan voort.”

Dit volg nadat die verminkte liggaam van Tiyiselani Nokuthula Rikhotso Dinsdag in ʼn dam in Giyani gevind is. Sy is Maandag as vermis aangemeld.

Inwoners het die kind se liggaam in die dam ontdek en die polisie ontbied. Sommige van haar liggaamsdele is verwyder.

Mpho Kgoroyadira

Intussen is ʼn 19-jarige man vroeër die maand in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 15 maande oue dogtertjie.

Mpho Kgoroyadira is op 1 Februarie tydens ʼn inbraak ontvoer. Sy en haar 22-jarige ma het glo in ʼn huis gelê en slaap toe die ma wakker geword en sy ʼn onbekende man in die kamer gesien het. Mpho se liggaam is op 14 Februarie in ʼn oop veld in die Jouberton-township naby Klerksdorp gevind.

Pitso Motsanana is reeds op 12 Maart in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy het op 13 Februarie in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, verkragting en moord.

Die saak teen Motsanana is tot 25 Maart uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

NICI ·

Siek siek siek wêreld waarin ons woon…. Wat het hierdie kinders gedoen om dit te verdien. Mag jy voor die Regterstoel van God staan hiervoor en mag die aarde reg sisteem julle baie diep wegbêre.

SomeOne ·

“Motsanana is tot 25 Maart uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.”,
nou waarom sal hy borgtog kry ?

SomeOne ·

Motsanana is tot 25 Maart uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. ??????????

Willem ·

Liggaamsdele verwyder? Met ander woorde dit was ‘n muti-moord. Ons lewe in ‘n poel van boosheid…

Oujongvrou ·

Die vorige keer wat die wereld so boos was moes daar n ark gebou word. Dis al weer so boos,en die keer nog erger.

Porseleintjie ·

Dank die Vader dis vuur hierdie keer. Vuur alleen kan hierdie boosheid vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.