Verdagtes vas ná plaasaanval

Argieffoto

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in Bultfontein in die Vrystaat.

Volgens ʼn verklaring het die polisie se teen-bende-eenheid gereageer op inligting oor ʼn plaasaanval Vrydag, waartydens ʼn bejaarde egpaar deur onbekende aanvallers aangeval is. ʼn Familielid het egter op die rowers afgekom en hulle het in ʼn maroen Golf op die vlug geslaan.

“Die eenheid het inligting ontvang hieroor en kon die verdagtes se motor suksesvol voorkeer op die Wesselsbronpad naby Welkom,” lui die polisieverklaring.

Twee verdagtes, 44 en 45 jaar oud, is in hegtenis geneem. Verdere ondersoek het die polisie gelei na ʼn plek in Odendaalsrus waar die groep met medepligtiges sou ontmoet om die buit te verdeel. Drie onbekende mans is hier onverhoeds deur die polisie betrap en het die toneel gevlug. Hulle het selfone en ʼn plasmaskerm‑TV agtergelaat wat tydens die plaasaanval gebuit is. Die Golf is ook op beslag gelê.

“Die ondersoek duur voort en die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anti Da ·

Gaan rof in die Vrystaat die laaste ruk. Hulle soek net bloed en Tv s , stel nie belang oor die grond nie.

B.B. ·

Dis net vir my Baie Vreemd dat daar nou verskeie voorvalle was, waar mense net so goedsmoeds in die niet verdwyn…”Die polisie het hulle onverhoeds betrap,… (lui die berig)… nogtans het hulle op die vlug geslaan, en is hulle NIE GEVANG NIE….”
Kan die Polisie dalk vir ons vertel hoe gebeur dit….of kan die polisie dalk nie vinnjig genoeg hardloop nie….???

Chris Ws ·

B.B. net ‘n regstellingtjie – die polisie KANNIE harloop nie!

Gefop ·

Die polisie mag ook nie skiet nie, al hardloop die moordenaar weg wat op heterdaad betrap word!

Willie ·

Jammer Gefop maar die Polisie, asook ‘n privaat persoon, mag skiet as ‘n verdagte op heterdaad betrap word vir ‘n Eerste Bylae oortreding, en op die vlug slaan!

JohanR ·

Is daar iewers sywers van watter dag die meeste plaasaanvalle plaasvind. Dit lyk my dit is altyd ‘n Vrydag, Saterdag of Sondag? Gaan die bravado saam met drank waaneer hulle dik gesuip of gerook is, en dan begin die groot praat van hierdie of daardie plaas aanval? Hierdie twee was 44 en 45 jaar oud, soe is nie net die jonges nie. Praat van hardloop. Hier by my by een van die staties is daar ‘n vroue “security guard” soe vet sy kan amper nie by die trappe op “waddle” nie. Hoe gaan sy nog agter iemand aan hardloop as se iemand gryp ‘n beursie?

Deryck ·

Volgens inligting moet jy jou vuurwapen aan die SAP inhandig asjy aansoek doen vir n vervalle lisensie. As hulle weier om die lisensie te hernu is almal wat aansoek doen ontwapen. Sonder slag of stoot ontwapen hulle almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.