Verdagtes vas oomblikke ná Warden-plaasaanval

Argieffoto: Johni Edwards

Argieffoto: Johni Edwards

Vier verdagtes is Maandag binne ʼn halfuur vasgetrek ná ʼn aanval op ʼn plaas buite Warden in die Vrystaat.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf gewapende aanvallers het omstreeks 10:00 op die plaas Weldverdiend ʼn huishulp en vier plaaswerkers oorval en vasgebind. Die huis op die plaas is deur die aanvallers omgekeer en drie televisiestelle, ʼn digitale kamera, selfone en ʼn beursie is gesteel.

“Die verdagtes het in ʼn blou BMW met Limpopo-nommerplate van die toneel gevlug,” het Mbambo gesê. “Omliggende polisiestasies en patrolliemotors is in kennis gestel en het dadelik na die motor begin soek. Die BMW is op die N3 naby Villiers gesien en deur die polisie agternagesit.”

Volgens Mbambo het die verdagtes se motor ʼn slaggat getref en tot stilstand gekom. Die verdagtes het uit die voertuig gespring en te voet gevlug. “Met behulp van die gemeenskap is vier van die verdagtes binne ʼn halfuur vasgetrek,” het sy gesê. Die vyfde verdagte kon daarin slaag om te ontsnap.

Al die gesteelde items is teruggevind en ʼn 9 mm-pistool en 12 koeëls is in een van die verdagtes se besit gevind. Die verdagtes, tussen 24 en 31 jaar oud, sal binnekort in die Warden-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van huisbraak. Een van die verdagtes sal ook aangekla word van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Mbambo het gesê die polisie het op die BMW beslag gelê totdat die eienaar van die voertuig vasgestel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sarie Joubert ·

VRYSTAAAAAAT!!! Julle is op en wakker manne…dit wil gedoen wees. Gelukkig is niemand vermoor nie.

Oupa Hen ·

Veels geluk almal. Dankie tog die plaas eienaars was nie tuis nie want dan was hulle seker nie net vasgebind nie.

Johan. ·

Nou weet ons hoekom daar slaggate in die pad is……… ?

Heinrich ·

Net so Johan; ‘cruel irony’: die moegoes vir wie hulle stem om die paaie so sleg te hou en eerder te hernoem lei toe tot hulle ondergang!

Dries ·

Wys jou net , slaggate het ook hul voordele , dis hoekom hulle dit nie herstel nie.

Willie ·

Wel gedaan… baie bly die boer en gesin was nie daar nie, anders het ons n treur verhaal gelees…

Loon ·

Is dit nie gewapende roof nie?
Nou word hulle net aangekla van huisbraak, wat van die plaaswerkers wat vasgebind is, was hulle lewens nie ook in gevaar nie?

Joann ·

Welgedaan. Polisie jul was wakker,nie soos hier in Oos kaap nie,hier moet publiek self skelms vang en dan laat polisie hul nog ontsnap.

Alden ·

Mooi gedoen!!! Ek dink dis tyd dat die plaasboere weer wit Bywoners op hull plase kry…soos in die 1800’s en 1900’s. Sal help met werkloosheid onder die wit bevolking en met sekuriteit.

christine ·

Alden nou praat jy die volle waarheid soek werkers by landbouskole asook skole waar minder kinders wat kan leer is daars baie wat net met hande kan werk MOOI SAP DANKIE.

Jan maak n Plan ·

Mooi so mense van Warden. Ek verstaan net nie die een aanklag nie – huisbraak??? Wat het geword van poging tot moord en gewapende roof????

Louie ·

Knap gedaan SAPD maar ek wil wel egter vir die Boere wat die paaie toe gemaak het ook dankie sê want dis hulle wat die hele soektog op die regte spoor gehou het. Dis die oplettendheid en betrokkenheid van die Boere wat die maak en die model van die motor deur gegee het en sodoende tot die arrestasie gelei het.

Theuns ·

Ook my gelukwensing aan Minister Pothole Slagaati! Dit sal nog meer waarde he as die buitelanders is wat uitgehaal is. As dit is sluit hulle toe en moet hulle net nie repatrieer nie want hulle kom net terug soos ‘n slegte droom. Dit sal fantasties wees as Maroela vir ons statistiek kan kry oor waar die mense vandaan kom met elke plaas aanval sodat ons dit op die brood van die regering kan smeer en beter grensbeheer bewerkstellig.

·

Theuns, jy kort ‘n Bells. Hoekom hulle nie al lankal beter grensbeheer toepas nie weet ek nie, maar so vinnig as wat hulle hier kom, kry hulle ‘n ID en kan hulle mos stem ook!!!!

Duitswes ·

Manne, verstaan ek reg dat hierdie gepeupel vanaf die Noorde (Limpopo) kom om die EFF en bog snuiter Malema se haatspraak tot die daad te bring??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.