Verdagtes vas oor geblikte vis, doeke

De blikkiesvis en doeke waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Die polisie het drie verdagtes aangekeer nadat hulle by die verspreiding van vermoedelik gesteelde goedere betrek is.

Konst. Sibongile Vuma, polisiewoordvoerder, sê lede van die Ekurhuleni-metropolisie het vroeër ʼn Somaliese burger in ʼn wit Hyundai-bakkie in Tembisa voorgekeer wat vermoedelik gesteelde goedere vervoer het.

“Die voorlopige ondersoek het meer lig op die verspreider van die vermoedelik gesteelde items gewerp en die verdagte het ʼn verspreidingsentrum in die weste van die Tshwane-metro uitgewys,” sê Vuma.

Lede van die polisie se hoofwegpatrollie, die Tshwane-metropolisie en lede van die misdaadintelligensie-eenheid het kort daarna op die perseel toegeslaan en twee veiligheidswagte daar in hegtenis geneem.

Hulle het volgens die polisie ʼn ongelisensieerde haelgeweer en ammunisie by hulle gehad en word aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Die polisie het ook beslag gelê op 566 blikkies ingemaakte vis en 74 pakke doeke.

“Die waarde van die items waarop beslag gelê is, is sowat R210 000,” sê Vuma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Hierdie klink nie eers reg nie,hoekom mag jy nie so baie baba doeke en vis hê nie en wat die veiligheids wagte betref sal hulle nie in besit van ‘n vuurwapen lisensie wees nie die wapen behoort aan die maatskappy vir wie hulle werk.Ek dink hulle moet die dwelmsmouse en taxis eerder polisieer want hulle is die grootste sondebokke in die stad.

Cherokee ·

Jasper, dit is logies om te aanvaar dat die skelm geleentheid gegun was om die voorraad te verduidelik, wat hy natuurlik nie kon doen nie. Dieselfde mbt die vuurwapen. Logika, nè,

Di ·

Stuur al die immigrante terug waar hulle hoort! Ons het genoeg van kriminele dade wat in SA gepleeg word deur hulle. Regering voorsien hulle ook met toelaes, gratis mediese versorging ens. Wat uit ons belasting betalers se sak kom. Intussen krepeer ons eie mense van ellende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.