Verdagtes vas oor R1 miljoen se dwelms

(Foto: Verskaf)

Ses verdagtes is Woensdag in Noordwes op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem.

Hulle is vroegoggend in Ikageng in Potchefstroom vasgetrek nadat polisie inligting ontvang het oor onwettige dwelmhandel in die omgewing.

Lede van die Potchefstroom-blitspatrollie, in samewerking met misdaadvoorkoming, het op 59 kg se dagga en meer as 200 tablette, wat vermoedelik Mandrax is, beslag gelê, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê.

Die dwelms het ʼn geraamde straatwaarde van meer as R1 miljoen.

Die verdagtes, tussen 28 en 35 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om hul oë oop te hou vir enige kriminele aktiwiteite en dit by ʼn plaaslike polisiekantoor aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.