Verdagtes vas vir besit van ietermago, luiperdvel

Twee mans is Woensdag in hegtenis geneem toe ʼn ietermago in hul besit gevind is. Nog ʼn verdagte is vas vir die besit van luiperdvel en -pote.

“Die polisie het waardevolle inligting ontvang oor verdagtes wat in ʼn wit Mercedes-Benz ry en ʼn ietermago by hulle het. Die polisie het die inligting opgevolg en omtrent 14:50 ʼn voertuig in Mokopane (Potgietersrus) aangekeer,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder van Limpopo.

ʼn Ietermago is in die voertuig aangetref en die twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 41 jaar oud, is in hegtenis geneem. Beslag is ook op die voertuig gelê. “Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Mokopane-landdroshof verskyn op aanklagte van besit van beskermde spesies,” sê Mojapelo.

Verlede week is nóg ʼn verdagte, die 80-jarige Something Sekgobela, in hegtenis geneem by Leboeng buite Burgersfort, nadat ʼn luiperdvel en vier luiperdpote in sy besit gevind is. Volgens Mojapelo het hy reeds in die landdroshof op Praktiseer verskyn en is hy op borgtog vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 7 April vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annatjie ·

Hier is die Chinese weer betrokke. Hierdie mense word misbruik om die Chinese se honger na beskermde wild te bevredig. Plunderaars van ons Suid Afrikaanse bronne.

Magda ·

En jy kan dit bewys? Ons eie EK nasie is die oorsaak van alles wat verkeerd loop in SA.

Anel ·

Mamon. Almal jaag geld na. Jammer, dit is so. Jammer dat die itermagog eers gedood moet word om die virus te versprei. Dit sou ook nogal nie te sleg gewees het dat as jy ander dier vat, jy die virus ook kan kry nie. Dalk sou die die mense dan die diere uit gelos het.
Nou word hulle op borg vrygelaat net om aan te gaan met hulle destruksie werk en dan te verdwyn. Wie sê hy gaan by hof opdaag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.