Verdagtes vas vir kinderpornografie

Argieffoto

Twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 79 jaar oud, is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit van kinderpornografie. Die 79-jarige verdagte gaan na verwagting Vrydag in die Pinetown-landdroshof in Durban verskyn.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die 17-jarige verdagte reeds Donderdag in die Ramsgate-landdroshof in Margate verskyn. Die polisie het verlede Vrydag inligting ontvang oor dié verdagte wat in die besit van kinderpornografie is. ʼn Soektog het gevolg, waartydens die polisie beslag gelê het op ʼn selfoon. Niemand is in daardie stadium in hegtenis geneem nie.

ʼn Saak van die besit van kinderpornografie is by die Margate-polisiekantoor oopgemaak en ʼn ondersoek is van stapel gestuur. Die verdagtes is eers byna ʼn week later in hegtenis geneem.

Nóg ʼn verdagte, wat amper drie jaar gelede in hegtenis geneem is, is Woensdag in die Pinetown-streekshof in Durban gevonnis tot vyf jaar tronkstraf vir die besit van kinderpornografie.

John Travis Turnham (24) se huis in Kinley Place in Westville is op 19 September 2017 deur die polisie deursoek. Hulle het beslag gelê op ʼn selfoon en drie hardeskywe waarop kinderpornografie was. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem en het al verskeie kere in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mienks

Hoekom sulke mense uit die tronk laat? en hoekom hulle name stil hou? hoekom nie maak soos oorsee en hulle bekend maak aan almal? Sulke mense sal nooit verander nie, sodra hy uit kom dan begin hy maar net weer van voor af maar die keer bietjie slimmer as die vorige keer om nie weer gevang te word nie

Spekkies

Wat maak ‘n 17jarige met kinderpornografie? Die samelewing is siek!