Verdagtes vas wat baba in kroeg ontvoer

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Man en twee vroue sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hulle glo ʼn rol gespeel het in die ontvoering van ʼn baba in ʼn kuierplek.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die drie is in hegtenis geneem nadat die baba, wat ses weke oud is, glo Donderdag ontvoer is.

“Die baba se 35-jarige ma, van die Seraleng-nedersetting naby Boitekong, het een van die verdagtes (34) tydens ʼn besoek aan ʼn plaaslike kliniek ontmoet,” het Makau gesê.

“Hulle het bevriend geraak en is daarna na ʼn plaaslike kuierplek vir drankies. Die ma het na bewering in ʼn stadium die baba in die ander vrou se sorg gelaat terwyl sy drankies gaan koop het. Toe sy terugkeer, was die vrou en haar baba skoonveld.”

Die polisie het ʼn intensiewe ondersoek van stapel gestuur en met die bystand van gemeenskapslede is die verdagte se huis uitgewys, waar sy en haar 52-jarige kêrel aangekeer is.

“Die vrou het die polisie na ʼn huis in Monakato naby Mogwase gelei, waar die baba ongedeerd in sorg van ʼn 60-jarige vrou van Nigerië gevind is.”

Al drie verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering. Die baba is in veilige sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

jen ·

Geen normale mens vat sy kind na ‘n kroeg toe nie. Sy moet ook sommer aangekla word

Christa ·

Doodreg Jen EN dan los sy haar kind by ‘n VREEMDELING net om NOG drank te gaan loop!!! Wys jou wat was vir haar die belangrikste!!!

Andre ·

Wat die flip soek jy met ‘n 6 weke oue kind in ‘n “kuierplek” of “kroeg”?!

Sozette Ras ·

As jy n 6 weke oue baba het hoort jy nie in bars nie. Jou eerste verantwoordelikheid is jou kind.

Jean ·

Ja hoor, en die ma is seker glad nie aandadig hieraan nie? Los die kind by ‘n VREEMDE Nigeriese vrou om te gaan drank koop. Dit is hoekom die jeug optree soos hulle nou optree .. die opvoeding en agtergrond ontbreek .. veral as jy in ‘n kroeg moes grootword en in die hande van die eerste beste vreemdeling gedruk word as jou ma se lus na DRANK haar oorval.

broos ·

1. jy vat nie ‘n baba in ‘n shebeen “kuierplek” in nie
2. jy los nie jou baba by ‘n vreemdeling nie
3. jy suip nie terwyl jy na ‘n baba moet kyk nie
4. is die nigeriese vrou wettiglik in die land?

SNEL ·

Julle moet altyd die ergste van iemand dink. Al wat die ma wou doen is om bietjie Milk Stout bier te drink vir melkproduksie en die ontvangertjie van melk moes saam :) ek glo ook sy het die raad by die skelm een gekry wat die kind wou steel.

Christa ·

Wat keer haar om die Milk Stout te koop en by haar HUIS te gaan drink?

Anoniem ·

Wonder wat is die finansiële status van die ma van die baba? Kan sy dit bekostig om drankies te koop? Of het gebruik sy die baba se kindertoelaag daarvoor?

Pateties ·

Ek het GEEN ruspek vir ‘n ouer wat ‘n kind van enige ouderdom in ‘n drink plek invat nie!!!!
Prioriteite!!!!

TM ·

So dis belangriker om drank te gaan koop en in ‘n kroeg te wees as om ‘n ma te wees. Hoe is jou vermoë om na jou kind te kyk as jy nog steeds drink en partytjie hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.