Verdagtes vas wat ietermagog glo wou verkwansel

Die ietermagog waarop daar beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hulle in besit van ’n ietermagog betrap is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het Sondagoggend in ’n verklaring gesê drie verdagtes, onderskeidelik 32, 43 en 45 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het van mense wat op soek is na ʼn potensiële koper vir ’n ietermagog.

Die verdagtes wou na bewering die ietermagog in die omgewing van die Waterfall-winkelsentrum in Rustenburg verkwansel.

Volgens Funani het die polisie ’n silwer Ford Figo met ’n Gauteng-registrasienommer in die omgewing van die betrokke winkelsentrum opgemerk waarna polisiebeamptes dié motor voorgekeer en deursoek het.

“’n Ietermagog is in die voertuig gevind. Al drie verdagtes is op die plek in hegtenis geneem en aangekla van die besit van ’n bedreigde spesie,” het Funani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maria ·

Vreeslik! Wat sal word van bedreigde spesies as daar nie meer beskerming vir hierdie diere is nie! Almal weet wie die kopers is.

Pieter ·

Hulle sal als plunder tot daar niks oor is nie gaan orals in afrika so

Flip ·

En wanneer daar niks oor is nie, dan is dit Jan se skuld…..

Johan ·

Iets sal aan china gedoen moet word. Hulle hou aan met hulle gruwelike eetgewoontes, na hulle gesien het wat hulle aan die wereld gedoen het.

Prikkie ·

En Maandag loop hulle by die agterdeur van die hof uit.

Dit maak die SAPD manne en vroue lam.

christo ·

Die ietermagog is ‘n hoogs bedreigde spesie. Ongelukkig is die skubbe ook ‘n onverklaarbare Oosterse konkoksie wat een of ander siekte veronderstel is om te genees.
Verder is dit is dit ‘n gesogte ‘bush meat’ status lekkerny in sekere dele van Afrika. Die ietermago’s word gevang en in die aller aakligste omstandighede lewendig aangehou en gesmokkel van sentraal Afrika na die Ooste, meestal deur Chinese vistreilers.
Dié ietermago smouse se smokkelketting het heel moontlik verbrokkel as gevolg van Covid-19 wat beweging van hulle smokkelaars vermoeilik het. Soms koop diereliefhebbers die diere om die diere net te kan oorhandig aan organisasies wat hulle versorg en hervestig.
Niemand is tog lus om ure by ‘n polisiestasie deur te bring om ‘n saak aan te meld en teen daardie tyd is die smous en dier lankal weg as die polisie daar aankom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.