Verdagtes vas wat kitsbank opblaas

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Drie mans wat daarvan verdink word dat hulle ʼn kitsbank in Oranjeville in die Vrystaat opgeblaas het, is kort ná die voorval in hegtenis geneem nadat ʼn ooggetuie die gebeure sien afspeel het. ʼn Vierde verdagte is steeds op vrye voet.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê ʼn lid verbonde aan die polisiekliëntedienssentrum in die dorp beweer dat hy Vrydag net na 02:00 by ʼn huis in die Metsimaholo- informele nedersetting verbygegaan het toe hy gesien het dat ʼn kitsbank opgeblaas is.

“Hy het dadelik ondersoek ingestel en inligting van ʼn gemeenskapslid, wat beweer dat hy die voorval gesien het, ingewin,” sê Rani.

“Volgens die gemeenskapslid het hy gesien hoe drie onbekende mans die kitsbank opblaas voordat hulle te voet van die toneel af in die rigting van die Zonke-woongebied in Oranjeville gevlug het.”

Die lid het verskillende eenhede in die distrik ontbied en een van dié eenhede het op pad Oranjeville toe op ʼn verdagte voertuig afgekom wat teen ʼn hoë spoed op die R716 na Deneysville ry.

“Die eenhede het omgedraai en die voertuig tot tussen Phomolong en Refengkgotso agternagesit,” sê Rani.

Die insittendes van die verdagte motor het uitgespring om te voet te vlug, maar die polisie kon daarin slaag om hulle vas te trek. Slegs een verdagte kon die polisie ontduik.

“Die verdagtes het almal blou inkvlekke op hul klere en hande gehad.”

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat kommersiële springstof gebruik is om die kitsbank op te blaas en geld daaruit te buit.

Die drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Waarnemer

Aijaijai,en nou kan hulle nie eers gaan padda boutjie burgers by Mcdonalds gaan koop nie.Sies vir die polisiebeamptes wie hulle so gou vas getrek het.Die ou wie weggekom het gaan nie met julle daardie heerlike gemayonisde padda boutjie burger deel nie.

JohanR

En die dinamiet om oor die grens by Beit Brug.

WILLEM

Om OTM bankdienste deesdae te lewer word al hoe meer riskant. Om geld te kan onttrek kan ook by supermarkte gedoen word. Dit is nie meer ‘n bank funksie nie. Tegnologie neem oor, self Banktakke word minder en gaan ook meer toegemaak word.