Verdagtes wat boer ‘wil vermoor’ weer in hof

Bonginkosi Excellent Mnisi. Foto: Valke

Bonginkosi Excellent Mnisi. Foto: Valke

Die drie verdagtes, wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn beweerde beplande moord op ʼn boer van Mpumalanga, het weer vandag in die Bethal-landdroshof verskyn.

Bonginkosi Excellent Mnisi (33), Dumisani Sambo (46) en Nomalanga Khumalo (49) het Maandag in die hof verskyn, waar borgtog van R30 000 aan Khumalo toegestaan is. Sy was egter sedertdien nog nie in staat om die borgtog te betaal nie en is dus steeds in polisie-aanhouding.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê Mnisi en Sambo het vandag om borgtog aansoek gedoen. Sambo is borgtog van R10 000 toegestaan, maar was ook nie in staat om dit te betaal nie. Hy bly intussen in polisie-aanhouding.

Dumisani Sambo. Foto: Valke

Dumisani Sambo. Foto: Valke

“Mnisi, wat tydens sy inhegtenisneming glo in die besit van twee ongelisensieerde vuurwapens was, is borgtog geweier. Hy sal weer môre in die Witbank-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens,” het Sekgotodi gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is, het op ʼn boer in die Bethal-omgewing se plaas gewoon. Die boer het hulle later versoek om die plaas te verlaat, maar die verdagtes het geweier. ʼn Hofbevel is later teen hulle uitgereik.

Sekgotodi het vroeër gesê die verdagtes het glo in 2016 beplan om die boer te vermoor. Die boer het hiervan te hore gekom en ʼn klag by die polisie ingedien.

Al drie verdagtes sal op 9 Februarie weer in die Bethal-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van sameswering tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pj ·

Hierdie ouens moet streng ondervra word om te prober vas stel waar al die moored op plaas boere vandaan kom en hoe die dinge en van waar die dinge beplan word.

NetaQ ·

Hmmm ruik n pofadder in die gras. Dalk het hulle in OPDRSG opgetree mbt “grondbesetting”…..

Acca ·

Ja ek en jy het n geskil en omdat ek nie my sin kry nie wil ek jou vermoor. Hoe pateties. Was dit omgekeer was dit rassisties.

jh burger ·

Ja nee ons raak nou moeg vir hierdie barbaarse en wrede moorde en aanvalle op ons boere.Wat ons nou nodig het is n sterk en uitgesproke politieke leier wat vir die minister kan se tot hiertoe en nie verder? Nou wonder ek net het ons nog so n leier?

Maria Van Dieweeck ·

JH lyk my nie so nie. Min mense in SA besef hoeveel witmense vermoor word. Ander koerante in SA dek glad nie plaasaanvalle nie. Hul dek eerder rassisme en haarkwessies by skole. SKOKKEND!

Elsabe ·

Ek gaan deur dueselfde ding. Plaasaanval en grondgryp dreigement. Ek was nou reeds 6 keer in die hof. Swart landdros, swart aanklaer, swart prokureur. Dis ‘n eensame stryd. Ek is 55 jaar en woon alleen op ‘n plaas. Geen media dekking.

Liewe Elsabe ·

As jy mediadekking wil he, moet jy of ‘n doodskis op jou stoep sit of ‘n krat agterop jou bakkie, dis die gouste wat jy mediadekking kan kry. Op ‘n ernstiger noot, so jammer oor die dreigemente en dat daar niks daaraan gedoen word nie. Mag die Here jou sterk maak en sterk hou in hierdie tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.