Verdediging betwis oorsaak van Coligny-tiener se dood

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) (Foto: Molaole Montsho/ANA)

Die hooggeregshof in Mahikeng in Noordwes het Dinsdag gehoor dat Matlhomola Jonas Mosweu (16) moontlik weens bloedinaseming dood is.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) word daarvan beskuldig dat hulle Mosweu in April 2017 vermoor het. Volgens die twee het Mosweu van ʼn bewegende bakkie gespring terwyl die staat aanvoer hy is van die bakkie gegooi of gestamp.

Dr. Ruweida Moorad, ʼn spesialis- forensiese patoloog, het gesê daar is 23 verskillende beserings aan Mosweu se liggaam gevind. Sy het gesê die beserings stem ooreen met beserings wat iemand sal opdoen indien hulle uit ʼn bewegende voertuig sou val of spring.

Moorad het tot die gevolgtrekking gekom dat die oorledene van die bewegende bakkie geval het aangesien hy nie sy hande gebruik het om sy kop te beskerm toe hy op die grond geval het nie. Moorad het gesê Mosweu is dood weens ʼn ernstige nekbesering.

Adv. Hennie du Plessis, namens Doorewaard, het Saartjie Rajan, ʼn veteraan- traumaspesialis, geroep om te getuig oor nood- mediese protokolle. Rajan het aan die hof gesê Mosweu is moontlik dood weens die inaseming van bloed.

“Betwis jy die bevinding van dr. Moorad rakende die oorsaak van dood?” wou aanklaer Moeketsi Moeketsi by Rajan weet, waarop sy “ja” geantwoord het.

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard Foto: ANA

“Volgens jou is die oorsaak van dood bloedinaseming; is jy ʼn forensiese patoloog? Is jy gekwalifiseerd om oor die oorsaak van ʼn pasiënt se dood te beslis?”

Rajan het gesê hoewel sy nie die oorsaak van dood kan bepaal nie is sy gekwalifiseerd om iemand dood te verklaar.

“Dr. Moorad is ʼn spesialis- forensiese patoloog, betwis jy haar bevinding?” het Moeketsi weer gevra. “Dit is haar bevinding, maar ek stem nie saam nie,” het Rajan volgehou.

Bonakele Pakisi, die staat se sleutelgetuie in die saak, het vroeër getuig hy het gesien hoe Doorewaard en Schutte vir Mosweu uit ʼn bewegende motor gegooi het. Hy beweer Doorewaard het die bakkie bestuur terwyl Schutte hom glo van die bakkie gegooi het.

Die beskuldigdes voer aan hulle was besig om Mosweu na die polisie in Coligny te vat ná hulle hom betrap het waar hy sonneblomme uit hul werkgewer se veld gesteel het.

Die verhoor duur voort. Die beskuldigdes is tans uit op R5 000 borgtog elk.

Mosweu se dood het gewelddadige betogings in die gemeenskap ontketen.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesiggie ·

Sterkte aan Phillip en Pieter… jul gaan nie maklik loskom? hoop dat daar vir jul n uitweg sal wees. die storie gaan nog lank vat…

Hanna Hoekom ·

Phillip en Pieter: baie sterkte met julle saak! Hoop julle dagvaar die wit waks uit die Staat uit. Die storie raak nou absoluut belaglik. En die krimineel is nou n held…

Marie ·

Julle selfone was nie naby die plek waar beweer word dat die daad gepleeg is nie.Die hele ding is opgemaak, waarskynlik ook Malema se bendelid wat betaal word.

DeVill ·

As julle skuldig is moet julle boet.

As Bonakele Pakisi lieg, moet julle hom ry tot die einde van die wereld!

Mag die WAARHEID wen in hierdie saak!

Sarel ·

Wat is fout met ons mense en media? Die onluste het gebeur agv swak dienslewering!!!!!
Die voorval van die kind wat dood is het slegs die regering se swak en korupte werk verbloem en as n reddingsboei vir hulle gekom.
Die NW Premier het net voor die onluste weer die wittes afgemaak vir als wat sleg is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.