Verdediging bewus van ‘onregmatige toegang’

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (Argieffoto: GCIS)

Die kantoor van die minister van verdediging en militêre veterane sê hy is bewus van ʼn persoon wat “onregmatig toegang” tot Nosiviwe Mapisa-Nqakula se huis in Oos-Londen verkry het.

Die voorval het oor die naweek gebeur.

Die departement sê die opsigter by die huis het die persoon gekonfronteer en dié kon nie verduidelik hoe hy toegang tot die huis verkry het, wie hy is of waar hy vandaan kom nie.

Die departement het ook die “kwaadwillige en beledigende opmerkings” wat sedertdien op sosialemediaplatforms oor die voorval gemaak is, met minagting verwerp.

“Die minister is veilig in Gauteng by haar huis waar sy die afgelope drie weke aansterk. Die minister was nooit op enige gegewe tyd naby Oos-Londen sedert sy op siekverlof is nie,” het die departement gesê.

Die departement het geen verdere besonderhede bekend gemaak of aangedui of ʼn ondersoek oor die voorval gedoen word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wilhelm

Ek stel met trots bekend: Ons minister van verdediging. Ons vyande sidder seker van vrees.

Hennie J

Hulle pas seker die huis op met dieselfde geesdrif as waarmee hulle ons landsgrense oppas.

Geurt

Iets waarmee ons arme “plebs” daagliks te doen kry, naamlik “onregmatige” toegang tot ons persoonlike huis. Wat maak haar geval so nuuswaardig as dit met haar gebeur? Ai mevrou die minister, jou party slaag nie daarin om enigeen veilig te hou nie. Jou span mense onder jou allermins en eintlik ‘n lagwekkende groepie mense, ne!

Robert

Sy moet in die tronk wees. Sy het die reels wat vir ander mense moet geld gebreek en toe nog gelieg ook. Skande vir ‘n minister!

Johann

Seker een wat nou eers uit haar ZIM tasse geklim het?