Verdediging blaas ‘meer as R1 miljard’ op Kubaanse diensverskaffers

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (Argieffoto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die departement van verdediging en militêre veterane het die afgelope paar jaar ʼn allemintige R1 miljard aan Kubaanse diensverskaffers uitbetaal.

Nosivwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA gesê haar departement het die bedrag die afgelope tien jaar onder Project Thusano vir die instandhouding en herstel van weermagtoerusting betaal.

Kobus Marais, ʼn DA-LP en die party se woordvoerder oor verdediging, sê Suid-Afrika se plaaslike verdedigingsbedryf is “vasgevang in ʼn doodspiraal” en daar is deurlopende kommer oor werkverliese. “Dit is onbegryplik waarom die ANC-regering verdedigingskontrakte aan Kubaanse maatskappye toeken ten koste van plaaslike verdedigingskontrakteurs.”

Marais sê die DA gaan nou antwoorde van die minister eis oor watter stappe haar departement doen om te verseker dat die meeste van sy instandhouding- en herstelwerkbegroting plaaslik bestee word.

Hy sê Suid-Afrikaners in uniform moes jare lank toekyk hoe die weermag se operasionele vaardighede afneem weens genadelose begrotingsbesnoeiings.

“Intussen het toewysings aan verdedigingskontrakteurs dieselfde gebly of selfs toegeneem. Dit bevestig dat die ANC-regering eerder sy Kubaanse vriende sal subsidieer, eerder as om ons verdedigingsvaardighede te bou.”

Marais sê die R1 miljard wat die departement aan Kubaanse kontrakteurs betaal het, is een van net verskeie voorvalle waar die regering reeds skrapse belastingbetalersgeld bestee op dienste wat plaaslik bekom kan word.

Verdediging is egter nie die enigste departement wat sakke vol geld aan die Kubane betaal nie. Die departement van water en sanitasie asook dié van gesondheid maak ook gebruik van Kubaanse kundiges in Suid-Afrika.

Solidariteit is in hierdie stadium in ʼn regsgeding met die departement van water en sanitasie gewikkel weens die besluit om ingenieurs uit Kuba in te voer om Suid-Afrika se waterkrisis te help bestuur.

Solidariteit sê daar is genoeg plaaslike kundigheid beskikbaar om dieselfde werk te doen.

Die Kubaanse kundiges word teen ʼn koste van R65 miljoen na Suid-Afrika gebring.

“Dit is tyd vir Suid-Afrikaners om ʼn deurdringende nasionale gesprek te hê oor hoe die regering belastingbetalers dwing om sy ideologiese vriendskap met Kuba te finansier,” sê Marais.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Moeggeploeg ·

Hoe gaan Kubane wsterkrisis oplos? Bring hulle water saam?

Strandloper ·

Moet wees maar moenie dit uitbasuin nie…dit is n groot staats geheim….

Phillip ·

Geen wonder dan dat Denel bakort is want hulle kry nie die voertuie om reg temaak nie of vervaardig Denel net

JohanR ·

Wat is dit met die ANC se groot liefde vir Kubane????? Nie lank nie dan sit ons parlement vol Chinese en Kubane!

Francois Le Cochon ·

R1 miljard is net baie, as jy ‘n begrip het van getalle.

Groen Ghoen ·

Ai foeitog, minister Mapisa-Nqakula… Hoe gaan jy die vernietigde Dept. van Verdediging en Denel weer herbou? Sterkte daarmee! Gelukkig sal die befaamde Kubaanse Weermag tot S.A. se redding verskyn. Die voorste lande ontwikkel hipersoniese wapens. Die Nuwe S.A. kan nie eens sy voertuie instandhou nie….

Elize ·

Wat op aarde skuld ons die Kubane dat ons net moet aanhou betaal?? Ons krepeer en kan nie misdaad beveg nie want almal anders moet betaal word. ASB hierdie regering MOET bedank!!

MrMagic ·

Die amptenare is meestal uiters onbekwaam, weet ook absoluut niks van die ekonomie af nie.

Aikie ·

Meneer Marais, vriend, naamgenoot, die mense wat weet om die toerusting te herstel en te onderhou was die in die ou Suid Afrikaanse weermag. Al slaat jy vir minister Nosivwe Mapisa-Nqakula tot jou arm moeg is, sal sy dit notendêm erken of hulle om hulp vra nie. Die ANC wil niks met ons ou garde te doen hê nie en sal baie eerder aan stommel die afgrond in. Kry jou kop rondom dit en jy sal weet dat jy ‘n onbegonne taak wil aanpak. Sterkte en seëning vir die toekoms.

Yolandie ·

En daar slaan jy die spyker so op sy kop!!! Die arrogante regering sal eerder belastingbetalersgeld op Kubane spandeer as om die “minderheid” wat bekwaam is te vra vir hulp wat hulle waarskynlik heelwat minder sou kos.

Misky ·

As Kuba nou ‘n hengse suksesverhaal was, kon ek dit DALK verstaan. Maar heng man, daai land val self uitmekaar en niks werk nie!!!

Asof die ANC hul nooi om ons geld die land uit te help dra. Ons worry oor China, maar ons moet dalk meer op ons hoede wees met Kuba

Kobus ·

Hierdie in net n bewys hoe korup die goed is R10 vir jou kubaan en R9 vir my anc kom ons kyk hoe vinnig kan ons geld maak uit die belasting mense

Hennie ·

Suid Afrikaanse regering betaal dit aan Kuba, dan betaal Kuba ‘n gedeelte daarvan aan die ANC. Geld wassery op ‘n internationale skaal.

Kokerboom ·

R1miljard vermors op ‘n nuttelose wanfuksionele weermag. Het Minister GEEN skaamte. Broodnodige infrastruktuur kon hiermee geskep gewees het. Die ANC regime is ‘n absolute klomp skurke!!!

Jakes ·

Daar het reeds gister op RSG feite aan die lig gekom dat die SAW in n benarde geldelike verknorsing is en dat senior offisiere groot verhogings toegestaan is in salarisse terwyl begrotings van ander vleuels van die weermag drasties besnoei is. Weereens moet gevra word hoe bevoeg is die minister en die hoofde van die weermag om toe te laat dat geld so verkwis word?

Joe Olivier ·

Die SAW was die eens trotse weermag en bestaan nie meer nie, na dit uitverkoop is deur die nasionaliste. Die huidige impi’s staan bekend as die sanw.

Jessey ·

Sjoe, en hulle wil DENEL toemaak want daar is nie geld nie. Ai toggie

henndrik ·

Hier is erens ‘n slang in die gras, dit klink al hoe meer vir my geld word deur Cuba gewas en ek wonder wie baat daarby?

Dup ·

Ons sit met ñ grootliks onbekwame en kommunistiese regering ,wie nou saamwerk met ander soortgelyke regerings.Verder speel omgekeerde rassisme n groot rol in hulle besluite.Die regering is 100% daarteen gekant om enigsins van blanke kundigheid gebruik te maak.Daarom stort plaaslike owerhede regoor die land in duie.Kader aanstellings is ononderhandelbaar en verder is faksiegevegte aan die orde van die dag.
Uiteindelik gaan daar bitter min oorbly om te “regeer”.

Spyker ·

Kubane ken hulle vriende baie goed e weet dus hoe jy n Afrikaan se kop moet draai om n paar pond te maak sonder enige moeite

Oujongvrou ·

Die belastingbetalers moet dringend samesprekings he oor die geld waarvoor hulle hard werk wat so vermors word.

Hennie ·

Dink net hoeveel kickbacks het die vrot siel in haar sak gesteek met hierdie bedrogspul.

Keelvol ·

As ek so na Kuba kyk, wonder ek watse kundigheid sal hulle dan nou hê.? Want daar lyk alles maar vervalle.

Jr ·

Lyk my deesdae ” Made in Cuba” is slegter as “Made in China” en dis SLEG AS SLEGSTE. Time to pay the communists back for services renderered

Elize ·

En dan skree die regering heeltyd ‘localisation’, maar doen net mooi die teenoorgestelde

Strandloper ·

En so vreet die aasvoëls hul trommel dik en hul eie kuikens vrek van honger….jammer ek is verkeerd….nie eers n aasvoël doen so iets nie!

Bertie ·

Die ANC is glad nie verantwoordbaar aan hulle eie land nie, maar is slegs getrou aan hulle kommunistiese ideologie. Eintlik is hulle niks anders as landsverraaiers nie.

Hoekom ·

ANCartel geldwassery.

Dit is wat gebeur as jy ‘n mafia aanstel om ‘n land te regeer…

Nico ·

Die tyd toe sanksies teen SA in gestel was het SA sy wapen tuig gebou, die rooikat helikopter die G6 kanon ens. SA was op sy tyd die magtigste weermag, soveel so dat anderlande bang was vir SA. Die weermag opleiding was van die beste. Kyk nou, wat SA opgebou het was 26 jaar se tyd af gebreek tot niks. Nou kom sukkel die regering met die Kubane wat niks anders is as Kommuniste net om een rede, hulle wil die blankes uitroei. SA was ‘n magtige en ook die rykste land aan die suidpunt van Afrika met al die minerale

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.