Verdediging lewer slotbetoë in Rohde-moordsaak

Jason Rohde (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdag gehoor die getuienis van ʼn staatspatoloog en verslae van misdaadtoneelkenners wat aangehoor is tydens die verhoor oor die dood van Susan Rohde in ʼn hotel op die Spier-landgoed in Stellenbosch, was teenstrydig.

Graham van der Spuy, regsverteenwoordiger van die moordbeskuldigde Jason Rohde, het Woensdag sy slotbetoë gelewer in die verhoor van sy kliënt.

Susan se liggaam is op 24 Julie 2016 gevind waar dit met ʼn elektriese koord om haar nek aan ʼn haak van die badkamerdeur gehang het in die hotelkamer wat sy met haar man gedeel het. Die staat beweer Jason het Susan vermoor, terwyl die verdediging aanvoer Susan het selfmoord gepleeg.

Dr Akmal Coetzee-Khan, ʼn forensiese patoloog van die staat, het die eerste outopsie op Susan se liggaam gedoen en bevind dat sy vermoor is.

Van der Spuy het aan die hof gesê hy vermoed staatsadvokaat Louis van Niekerk probeer om vuilspel te bewys vanweë die feit dat kapt. Marius Joubert, ʼn forensiese misdaadtoneelkenner en bloedspatselanalis, tydens sy ondersoek van die oorledene gevind het dat die japon wat sy aangehad het, omgedop was. Die verdediging voer aan dié feit was nooit deur die patoloog bevestig nie.

Jason en Susan Rohde Foto: Facebook

“Dr. Khan is nooit gevra wat die posisie rakende haar japon was nie. Maar wat ons wel weet, is dat nêrens in dr. Khan se verslag genoem word dat die oorledene gevind is geklee in ʼn japon wat omgedop was nie,” het Van der Spuy gesê.

“Die punt wat verskeie kere deur [Van Niekerk] geopper is – en ek vermoed dat hy probeer om daardeur te suggereer dat iets sinisters aan die gang is – is die feit dat toe kapt. Joubert die oorledene op Sondag 24 Julie 2016 ondersoek het, was haar japon verkeerdom aangetrek. Hy het dit ʼn paar keer genoem,” het Van der Spuy gesê.

“En ek dink hy probeer ʼn afleiding daarmee maak. Ek vermoed hy beweer die beskuldigde, vir watter rede ook al, het die japon vir haar aangetrek nadat mnr. Daniels [die landgoed se nutsman wat deur Rohde ontbied is om die badkamerdeur oop te sluit) by die toneel weg is.”

Daniels het tydens sy kruisondervraging beweer Rohde het die posisie van die koord om Susan se nek verander nadat hy by die toneel weg is. Volgens Daniels se getuienis het hy ’n enkelstring gesien wat los om Susan se nek was en dat Susan kaal was toe hy in die badkamer gekom het. Rohde ontken dit en sê Susan het ʼn japon aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ellisras ·

Ek hoop van harte dat die waarheid sal seëvier een of ander kant toe. Die een kant lê feite voor dat hy skuldig is. Die ander kant se feite sê hy is onskuldig. Wat saak maak is die WAARHEID. Wat ‘n baie skaars kommoditeit is.

Koos de Meyer. ·

Jy mag nie doodslaan nie. Jy mag nie egbreuk nie en dan lieg hulle nog daarby ook. Hoop hy kry sy straf wat hy verdien.

marous ·

En die opsigter word tot uiterste leuenaar gemaak …. want sy weergawe laat ‘n tamatie rooi verleentheid oor hoe die toneel en besorgdheid so drasties verander het , na hy weg is .

zoom zoom ·

Die man gaan vry gespreek word soos wat Dewani vry gespreek is.

LHS ·

As hy haar nie direk vermoor het nie het sy optrede en dade indirek gelei tot haar dood. My vraag hoe kon hy die badkamer van binne gesluit het as hy buite was? Onskuldig edelagbare.

Kim ·

Lhs

Gaan kyk gerus Huisgenoot ware verhale. Die badkamer deur kan mens met n tweerand oopmaak van binne en buite.

leser ·

daar is nie ‘n manier wat ‘n liggaam aan ‘n deurhaak sal hang nie
hoe het sy dit reggekry om die koord om haar nek te sit en dan aan die haak, vir selfmoord ?

Alida ·

Ons het weer baie “slim” mense vandag. Kom ons wag vir die uitspraak.

Tracy ·

En daar word hy vandag skuldig bevind op die moord van sy vrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.