Verdediging sluit saak in Oscar Pistorius-moordverhoor

Oscar Pistorius op 7 Julie 2014 in die Pretoriase hooggeregshof Foto: Ihsaan Haffejee/Pool/SAPA

Oscar Pistorius op 7 Julie 2014 in die Pretoriase hooggeregshof Foto: Ihsaan Haffejee/Pool/SAPA

Die verdediging het Dinsdag sy saak in Oscar Pistorius se moordverhoor gesluit deur te sê meeste getuies het geweier om vir die verdediging te getuig.

“Ons was nie in staat om ‘n hele aantal getuies te roep om te getuig nie aangesien hulle geweier het en nie hulle stemme regoor die wêreld wou hoor nie,” het Barry Roux SC, vir Pistorius, in die Noord-Gautengse hooggeregshof aangevoer.

Roux sê daar was niks wat die verdediging kon doen om die getuies van plan te laat verander nie. Roux het nie aan die hof gesê wie die getuies is nie en het die verdediging se saak afgesluit.

Die saak is intussen tot 7 Augustus uitgestel. Die staat sal sy geskrewe betooghoofde teen 30 Julie indien en die verdediging teen 4 Augustus. Dit sal op 7 en 8 Augustus in die hof gelewer word.

Regter Thokozile Masipa het gelas dat die inhoud van die betooghoofde nie gepubliseer of bekend gemaak mag word voor dit in die hof aangehoor is nie.

Pistorius word van moord beskuldig nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ‘n geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan dat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het terwyl die staat meen dit was moord met voorbedagte rade.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Japie Joubert ·

Eers as jy dit aan jou eie bas voel dan begin n mens kla.
Almal kla oor algemene dienslewering maar as dit jou oorkom dan moet berge versit word.
My klip in die skoen is dieselfde die afgelope 14 dae was ek swaar getref deur my vrou se ernstige siekbed die algemene “versorging” is om die minste te se pateties , swak ag ek ken baie beter byvoeglike naamwoorde wat ek nie hier mag noem nie.
Behalwe vir die altyd teenwoordige bystand van familie , vriende , kollegas en die twee spesialis dokters is dit waar die bus stop.
Ek het al die meegevoel in die wereld met almal wat al deur moes stap.
Ek het finaal besluit om die ander wang te draai werk nou nie meer nie , dis nou tyd om op te staan as die fat cats nie hulle job doen nie vertel en roer hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.