Verdere druk op vervalle landboukollege

Saai het ‘n klagte teen verskeie partye gelê oor die verval van die Potchefstroom landboukollege. (Argieffoto)

Ná Saai se onthulling omtrent die skokkende toestand van die Potchefstroom-landboukollege, het die kollege se alumni-vereniging ook sy misnoeë oor die situasie uitgespreek.

Daarbenewens het Saai, die familienetwerk vir boere, nou aanklagte by die Potchefstroom-polisiestasie teen die Noordwes- departement van landbou, die departement van openbare werke en die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronowerheid ingedien.

Laasgenoemde klagte kom ingevolge artikel 51(1)(a) en artikel 27(18) van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne oor die toestand van die nasionale monumente by dié kollege.

“Hierdie is ’n simptoom van die wanbestuur wat by die Potchefstroom-landboukollege heers en dus doen Saai ’n beroep op die Noordwes- departement van landbou om die bestuur van die kollege in bekwame hande te plaas,” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, lê ‘n klag by die Potchefstroom-polisiestasie. (Foto: Verskaf)

“Die voortdurende verval van fasiliteite, geboue en administrasie duur nou al langer as ʼn dekade en dit is in die studente en landbou as ʼn geheel se belang dat die kollege herstel word na die trotse instansie wat dit eens was,” sê hy.

Vyf oudstudente van die 1977-jaar wat ook besorg is oor die toestand van die kollege se opleidingstandaard en infrastruktuur, het die Potchefstroom-landboukollege alumni- vereniging gestig en hul gewig agter Saai ingegooi.

“Die instansie was eens ’n baken van uitnemendheid in die landbougemeenskap en ons as alumni wil dit graag herstel tot die trotse instansie wat dit was en weer kan wees,” sê Boy Saaiman, stigter van dié vrywillige vereniging.

Rossouw sê die strafregtelike klagte is slegs een van vele stappe wat gedoen word om die bestuur aanspreeklik te hou en noemenswaardige verandering by die kollege teweeg te bring.

Oudstudente van die kollege kan hier by die alumni-vereniging aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Toy ·

Dit is ‘n skande dat so mooi gebou en plek so moet lyk, dit is eintlik hartseer.

My siening ·

Gee enige iets vir n kader en hy breek dit om tesien wat binne vir hom is! As daar nie geld uitval dan neuk hy net sy kop na die volgende ding om te vernietig, dan kla hulle oor grond bogger die opleiding want dit wil hy verniet hê!

PieterJ ·

Baie in SA ken nie die betekenis, of het begrip van, “skande” of “mooi” nie, dis bo hul denkvlak.

Willem ·

Mense, besef julle nou nog nie. Dis n instelling wat deur WITMENSE opgebou is en daarom moet dit vernietig word sodat “our people” n nuwe een kan bou en daarmee kan spog. NIKS wat deur witmense opgebou is in hierdie land sal ooit enige waarde hê vir “our people” nie want dit sal altyd simbole van rasse-onderdrukking en kolonialisme wees, maak nie saak hoe goed of beroemd of bekend dit is nie.

Realis Thailand ·

Baie waar en baie tragies. Maar wat verwag ons van mense wie nog redelik primitief is om dit mooi te stel

marius ·

Korrek . Sukses is ‘n onvergeefbare onderdrukker sonde . Onder die boom sit en niks doen is eerbaar .

Jr ·

Solidariteit neem hom oor en maak hom weer wat hy was. Julle het dit met Sol University gedoen. Ons het nie die cANCer klub nodig

melaney ·

Hierdie is maar een van vele stories wat ons lees oor die verval van Suid Afrika. Aan die een kant wil ons huil van jammerte en frustrasie. Ons wil ons hande in die lug gooi en vra “waarom, waarom”. Hoe het dit gebeur? As ons hart op die regte plek is, sal ons kniel, bid, vra en dan weer opstaan in geloof en weer moed kry. Moet nie dat hulle jou hart neem nie! Staan vas!

Yvonne ·

Dankie ….stem ons moenie moed verloor nie…..gebed is ons sterkste wapen!!!

M ·

Vanuit ‘n geheel ander hoek : Daar is ” op die oomblik nog” gordyne voor die SAPD-kantoor se vensters …. Wow

JohanNL ·

Ek was omtrent een jaar gelede in daai einste polisie kantoor en my eerste reaksie op die foto hierbo was “hulle het mooi skoon gemaak voor die foto geneem is :) “

Hendrik ·

Die landbojkollege moet in bekwame hande geplaas word. Hoe is dit moontlik? Ons weet tog net n sekere kleur mag die bestuur uitmaak.

Hendrik ·

Stem 100% saam n wonderlike geleentheid. Solidariteit daar is n paar 1000 boere wat dit graag sal wil befonds. Sit die wiel aan die rol.

Nico ·

Dit is mos die witman se geboue en is mos deel van apartheid daarom word dit verniel. Het die ANC regering ooit iets gebou, nee, hulle kan net afbreek en vernietig.

Albertus ·

Beee dis hoekom die land in gaos is, mense wat nie die skill het sit inbeheer, Here help ons land.

Swerwer ·

Tipies die ANC/EFF se gedrag. Alles wat waarde het moet vernietig word. Hul word mos so opgevoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.