Verdere hofaksie volg oor sportkwotas

Fikile Mbalula (Foto: Solidariteit)

Fikile Mbalula (Foto: Solidariteit)

Die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag gesê dat die minister van sport moet betaal vir die twee organisasies se aansoek wat hulle ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gebring het om die ministerie te dwing om inligting rakende sy transformasieteikens in sport bloot te lê.

Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, het die ministerie Dinsdagaand in aanloop tot vandag se hofsitting versoekte inligting rakende sy transformasieteikens aangestuur terwyl die hof vandag beveel het dat die minister van sport en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie die regskoste van Solidariteit en AfriForum moet betaal.

“Hoewel ons nog besig is om alle dokumentasie te verwerk, is dit reeds duidelik dat die manier waarop transformasieteikens toegepas word inderwaarheid net op ’n kwotastelsel neerkom, iets wat uitdruklik deur die Grondwet, die Wet op Billike Indiensneming asook verskeie internasionale sportkonvensies verbied word. Ons sal dus sonder twyfel verdere hofaksie bring om die gebruik van kwotas in sport stop te sit,” het Kruger gesê.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, druis die toepassing van sportkwotas in Suid-Afrika in teen verskeie internasionale ooreenkomste wat Suid-Afrika onderteken en bekragtig het. “Dit is ironies dat die regerende party nou kwotas toepas terwyl hy in 1970 by internasionale liggame bepleit het dat sportlui op meriete beoordeel moet word. Ons staan dus steeds by die standpunt dat meriete die enigste faktor in die samestelling van sportspanne moet wees,” het Kriel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leendert ·

EN in die werkplek moet ook net meriete geld, dit is nou buiten vir die pos van President van die land.

AL ·

1970 se woorde byt hul nou aan die hakskeen in 2017! Ek stem dat sport sowel as werk op meriete beoordeel word.

Afrikaanse Knaap ·

Daar is nie groter en skeinheiliger rassiste in die wêreld as die ANC regering met sy BBBEE, AA en kwotas nie.

Tiger ·

Tyd dat die feite onder die IRB se aangebring word.Dis teen werelgrugby en ander wereld sportliggame se reels.
Die minister van sport moet goed gelooi word.

WitBlits ·

Wonderlike werk AfriForum en Solidariteit, net jammer die regeringsamptenare van die dag het geen respek vir hofbevele nie en vee hulle sterte daaraan af!

Helene ·

Hierdie minister is soos n papegaai. Hy maak geluide na net soos Baba Sies!!!!

Johan. H. ·

Stel lankal gladnie meer belang aan enige sport nie. alles het te korrup geraak onder die lot, Koop spelers , ” match Fixing: Laat hulle dit maar vat.. Die wereld weet ten minste van SA se sport gemors. Ek is net teen alles wat korrup is..BBBee…..Gmmff… Het die frikkie al sy geld terug betaal waar hy gaan kyk het na daaie oorsee se bokser

SARIE VAN HEERDEN ·

Is dit nie hartseer dat jy, omdat jy nie op standaard is nie, allerhande eise moet stel vir enige aanstellings, selfs in sport deur jou velkleur. Nie meriete nie. Die kleur van jou vel en dan moet jy respek he vir die een in die pos waarin hy aangestel is. Een woord: pateties.

pietie ·

Die hardegat minister moet PERSOONLIK verantwoordelik gehou word vir al die skade wat hy aanrig en self die regskoste betaal.

Johann ·

Hoor die “minister” is skielik die ene besparings voor en agter en bekostigbaarheid en tra la l al la la…oor SY onvermoe (lees moedswilligheid) om in 2022 die STATEBONDS SPELE in SA te hou? Wys weer die vinger na “tesourie”…soos Dlamini en haar Sassa handpoppe ook skielik na die “tesourie” vinger wys oor Maatskaplike uitbetalings? Jy moet BLIND EN DOOF wees om nie te sien hoe Zuma en sy Zumaikies als doen om Pravin Gordon te laat val nie! Ter wille van SKEP en cover…..ten koste van n land se stabiliteit???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.