Verdere stygings in brandstofprys verwag

Mbongeni Nzama, ‘n petroljoggie van iNanda, demonstreer by ‘n vulstasie in Morningside hoe die brandstofpryse verbruikers wurg. (Foto: Doctor Ngcobo/ANA)

Stewige internasionale oliepryse baan die weg vir nog ʼn toename in brandstofpryse in Maart vanjaar volgens die Automobiel-Assosiasie (AA).

“As ons met die huidige inligting tot ons beskikking werk, kan ons ʼn verhoging van tot 56c per liter petrol, 47c per liter diesel en 41c per liter paraffien verwag,” lui ’n verklaring deur die AA.

Brandstofpryse het aan die begin van die maand met tussen 58c en 81c per liter gestyg.

Die organisasie sê oliepryse het geleidelik toegeneem in Januarie, maar sedertdien vinniger begin toeneem. “Die internasionale produkpryse het die eerste twee weke van Februarie met omtrent 82% opgeskiet. Die rand-dollar-wisselkoers strek wel tot Suid-Afrikaners se voordeel, met die rand wat ongeveer 8c teen die dollar versterk het.” Die rand staan tans op R14,43 teen die dollar.

Die AA meen egter dat dié toename in die rand se waarde nie naastenby genoeg is om op te maak vir die skerp styging in die olieprys nie.

“Indien die olieprys aanhou klim, kan Suid-Afrikaners dalk op die mediumtermyn weer rekordhoë brandstofpryse sien. Verbruikers is ook kwesbaar vir enige ekonomiese skokke wat die rand kan verswak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nie Verbaas ·

En daar gaan ekonomie nog verder oor die afgrond. Wonder of voedselpryse gaan verhoog of verpakking net weereens kleiner gaan word.

Keith ·

Strange story this petrol price thing , considering ALL our petrol is manufactured by Sasol and is made up of petrol (from coal), alcohol (from sugarcane) and liquified natural gas (from who knows where). Tankers fill up (at Sasol depots), flask of “branded additive” is also thrown in tanker, and wallah ! There you have it ! So why do we pay an import-based price for locally produced fuel ? People in the industry KNOW this, just a pity that the general public don’t. Got this info, years ago, from someone who worked at one of those Sasol plants.

Pieter ·

Die korrupte ANC soek geld dit is maar al. Hoekom al die heffings kyk hoe lyk ons paaie. Tyd dat ons stanpunt in neem

JohanR ·

Nadat die petrol prys die hoogte in skiet en Suid Afrikaners kan rerig nie meer met hulle karre ry nie, demonstreer Nkosazana Dlamini-Zuma ‘n petroljoggie van iNanda, by ‘n vulstasie in Morningside, hoe om jouself met ‘n brandstof slang te verwurg!

Mariana ·

Dis nie asof ons nie gewoond is aan die stygings nie. Styg petrol, dan styg elektrisiteit, voedselpryse, alles. En ons het mos nie keuses nie, betaal om te oorleef is al wat ons kan doen en as jy nie kan nie, dan dra jou gesin die gevolge. Betaal, betaal, betaal……..

Phillip ·

Omdat die trokke gebrand het soos ons op mm gese het hier kom n styging . Sekker om die trokke te vervang wat gebrand het en ook die verlies van die inhoud van die trokke kan dek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.