Verdoemende aantygings teen VBS Bank

Die DA het Sondag ʼn beroep op die polisie gedoen om aantygings van omkopery en korrupsie by die omstrede VBS Mutual Bank te ondersoek.

Alf Lees, woordvoerder vir die DA, het gesê die DA het kennis geneem van die “verdoemende berigte vandag [Sondag] wat aantoon hoe VBS-direkteure en hul aandeelhouers Vele Investments glo die bank uit meer as R1,5 miljard bedrieg het,” het Lees gesê.

Volgens Lees maak die besonderhede van dié grootskaalse korrupsie deel uit van ʼn beëdigde verklaring van VBS-kurator Anoosh Rooplal.

VBS-direkteure het glo miljoene rande aan omkoopgeld aan politici en hoof- uitvoerende beamptes by die passasierspooragentskap (Prasa) en die openbare beleggingskorporasie (OBK) betaal om sodoende die deponering van openbare geld in die bank te fasiliteer.

“Dit is verdoemende aantygings en almal wat hulself verryk het, moet deur die polisie ondersoek word en aan die pen ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wonder ·

Nou wonder ek nie meer nie. Nou weet ons almal dat daar geen staats instansies, groot besighede en assuransies maatskappye is, waar daar nie bedrog gepleeg word nie.
Maroela MISKIEN kan julle een van bogenoemde plekke vind waar daar nie bedrog by is nie. Soos die spreekwoord in my dae was: Vind bedroglose besigheid en wen ‘n datsum.

tamboti ·

Baie mooi voorbeeld hoe “meerderheids” bestuurde instelling in die privaatsektor vaar mnr. Ramaphosa: dit gaan baie goed en skitterend totdat die eksterne bronne opdroog!
Maar solank dit hou is dit GREAT, in elk geval mors julle ander mense se geld so wat gee jy om?

Frikkie Geld en huis ·

Ramaphosa se denkwyse verskil geensins van al die ander s’n nie. Die afgelope naweek het hy weer vir ‘n klomp stemvee in Natal vertel dat hy moeg is daarvoor dat die besighede daar deur ander mense, en nie Zoeloes nie, bestuur word. Nou wonder ek hoe sy kop werk. Aan wie behoort die besighede?? Die Zoeloes ??

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie landjie en sy handjievol belastingbetalers praat nou al maande, indien nie jare nie, van “staatskaping” en “korrupsie”. Was daar nou al EEN suksevolle arrestasie, verhoor, skuldigbevinding en vonnis of “verdwene fondse” terug gekry? Hoekom nie?

tamboti ·

Hier is ‘n pragtige voorbeeld van hoe vaar ‘n instelling in die privaatsektor wat nie deur die “minderheid” bestuur word nie. Dit gaan grend totdat die eksterne bronne opdroog en die bribes nie meer werk nie, dan kom die waarheid uit ne pres. CR.
Maar solank dit hou is dit mos mooi en in elk geval mors hulle mos “iemand anders” se geld, so wie gee om?

Eish ·

Helaas, in totaliteit geen entiteit waarvan die meerderheid bestuur oorgeneem het of “geskep” het wat die verrottende kankerbestuur vrygespring het nie.
Dit laat n mens met ernstige afleidings wat uit die situasie gemaak kan word.

Lana ·

Een afleiding wat ons maak – dis hoekom hulle nou grond en goed wil vat waarvoor hulle nie gewerk het nie.
Die res is opgemors en afgebrand.

Oujongvrou ·

En Mnr Ramaphosa gaan kyk daar buite die bank se deure hoe sit jou mense, ou mensies dag en nag en wag vir hulle geld. Wat gaan jy daaromtrent doen nou dat jy se daar gaan nie meer gepraat word nie, net doen. Nou wag ons om te sien wat gaan jy doen.

Pop ·

Nog n ding Mnr Ramaphosa. Lyk vir my mos al of jy nou die padda geword het. Wiel draai altyd in die guns van die Godvresendes Mnr President.

humor ·

Pop nou het jy die die regte woord georaat. Hy is besig om sy eie graf te grawe.

Johanna Botha ·

Dis mos die bank wat zuma n kening gegee het vir sy nkandla …..

koos1 ·

Jip. En nou gaan die reserwe bank help dat almal wat fondse het tot R100k kan ontrek. VSB het vir Zuma R7 mil “geleen” en nou moet die reserwe bank (lees: belasting betaler) weer help. Het ons nie al genoeg vir Zuma gegee nie?

Jef ·

Gaan ander banke in SA nou ook VBS bank se voetspore volg, sou maar al my spaargeld van die bank vat voordat dit ook weg is.

leon ·

Mooi man, ten minste is VBS ten volle getransformeer.

Patetiese spul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.