Verdoemende SAL verslag in publieke domein

Dudu Myeni Foto: GCIS

Dudu Myeni Foto: GCIS

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat die verdoemende interne verslag, wat SAL verlede week inderhaas deur middel van ’n hofinterdikaansoek gekeer het om deur die media bekendgemaak te word, in belang en deel van die publieke domein is.

Volgens Johan Botha, hoof van die professionele bedryf by Solidariteit, bevestig die verslag die finansiële verknorsing waarin die nasionale lugredery homself bevind. “SAL probeer met mag en mening keer dat die waarheid oor sy benarde finansiële posisie bekendgemaak word,” het Botha verduidelik. “Hierdie verslag is deel van die publieke domein en SAL se dringende hofaansoek wys dat dié instelling nie bereid is om oop kaarte te speel nie.”

In die verslag word daar ook melding gemaak van die hoë bedrae geld wat SAL aan die Europese vliegtuigvervaardiger, Airbus, skuld. “Die roekelose wanbestuur wat by SAL heers, wek geweldige kommer en skep onsekerheid by die instelling se werknemers in die lig van die pas afgehandelde 189-afleggingsproses en die vries van bykans 500 poste deur die nasionale lugredery,” het Botha bygevoeg.

Volgens hom bied die dreigende houding teenoor die SAL-vlieëniers, nadat hulle met goeie rede ’n mosie van wantroue teen SAL se voorsitter, Dudu Myeni, ingedien het rede tot kommer. “Ons is bekommerd dat die vlieëniers nou met dissiplinêre aksie gedreig word. As Solidariteit sal ons alles in ons vermoë doen om hierdie vlieëniers by te staan en te beskerm,” het Botha bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul ·

Hierdie dame nie ok betrokke by een of ander tust of iets van zuma nie? Wonder hoeveel van die “bail outs”wat betaal is aan SAA nie in hierdie onderneming opgeland het nie?

GES ·

Hierdie cANCer het nou al so agressief geword en versprei dat dit meer as ‘n operasie gaan kos om van dit ontslae te raak.

HEVW ·

As jy so n stelling in die openbare media maak behoort jy dit darem tenminste te kwalifiseer.

Piet Pompies ·

Mnr p……. dit laat my nogal wonder hoeveel moet aan party mense gegee word totdat die fontein opdroog… Dit is ‘n man wat opstaan nadat hy geval het, sy verliese aanvaar en weer skouer aan die wiel sit en dit is ‘n muis wat val en bly lê… Jy kan self besluit waar jy wil wees.
Niemand op hierdie forum kan jou lewe verbeter, so ook Solidariteit, net jy self kan jou lewe verbeter.

GES ·

Ek reken ‘n visstok was nog altyd ‘n beter opsie as om vir ‘n vis te wag elke dag. Mense wat hulle self probeer help word gewoonlik gehelp.

alida ·

Dit is so as mens te sleg is om self te werk en staatmaak op Solidariteit. Kry vir jou ‘n visstok en vang daai vis. Solidariteit doen wonderlike werk vir die blankes wat gehelp wil word.

Eddie ·

Aai dit is so tragies dat daar blanke mense is nog vandag wat soos die ANC en EFF dink dat alles hulle net toekom. Staan op wees trots vir wat en wie jy is en gaan soek werk. Daai storie van daar is nie werk nie en en en is n klomp bollie. As jy regtig wil werk sal daar altyd iets wees. En om terug te kom na die punt van die SAL is dit bad om te sien hoe eers een van die beste instansies so wanbestuur kan word en ten gronde gaan. Kan die klomp nou maar net nie sien hulle is nie gemaak om n besigheid of enige iets te kan maak werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.