Verdoemende verslag glo byna ʼn jaar lank versteek

Patricia de Lille. (Foto: Maroela Media)

Stappe sal gedoen word teen beamptes wat na bewering versuim het om ʼn verdoemende verslag aan Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, te oorhandig.

De Lille sê sy het in Oktober 2019 ʼn onafhanklike assessering versoek oor die stadige vordering van opknappingsprojekte soos dié by die gebou van die nasionale raad van provinsies, werk aan die parlementêre distrik, opgradering van kantoorgeboue en ander roetine instandhouding.

“Die departement van openbare werke het in Augustus 2020, ná ʼn mededingende tenderproses, ʼn eksterne ouditmaatskappy, BDO, aangestel om ʼn onafhanklike assessering te doen oor die vordering van die projekte. BDO het daarna ʼn voorlopige verslag op 19 Oktober 2020 by die departement ingedien. Die finale verslag is op 20 November 2020 aan die bestuur van die departement oorhandig.”

De Lille sê dié verslag is egter nie aan haar oorhandig as die uitvoerende owerheid van die departement wat die onafhanklike assessering versoek het nie. “Die ouditverslag is eers op 17 September 2021 aan my oorhandig – byna ʼn jaar ná die departement dit ontvang het en ek dit aangevra het.”

De Lille het onderneem om die waarnemende direkteur-generaal te kontak om stappe te doen teen die senior beamptes wat vir byna ʼn jaar lank die verslag van haar weggesteek het. “Dit is ʼn growwe oortreding van hul pligte om aan my te rapporteer.”

Volgens De Lille het die BDO-verslag ernstige bevindings onthul oor ʼn gebrek aan behoorlike stelsels en voorbereidings in die departement om die parlementêre projekte te implementeer.

Die totale koste vir die parlementêre projekte beloop nagenoeg R497 miljoen vir die 12 projekte. Van die projekte duur al jare lank voort.

Die verslag het onder andere bevind dat:

  • Helfte van die projekte onder hersiening hul begroting oorskry het
  • Al die projekte is laat afgehandel
  • Gehalteprobleme is uitgewys oor projekte en instandhouding
  • Onreëlmatige spandering
  • Tyd wat verlore gegaan het en beserings wat wag om te gebeur

De Lille sal ook pres. Cyril Ramaphosa skriftelik versoek om die spesiale ondersoekeenheid (SOE) opdrag te gee om die projekte verder te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ag net nog ANC mislukkings waarvoor te veel betaal is vir swak gehalte. Wat is nuut?

Mariana ·

Maar teen die tyd moet Me de Lille weet die mense is nie te vertroue nie. Vrae moet gevra word oor hoekom die verslag so weggesteek is. So kom niks gedoen en dit wat gedoen is, is van swak gehalte. Tenders in die land is oor die algemeen mos ook so net uitgesit vir sekeres. Mens moet jou oë en ore oophou want aan die einde van die dag moet mense tot verantwoording geroep word. Miljoene gespandeer en niks om te wys. Tssk!!!

Hendrik ·

Van ondersoek tot ondersoek word geploeter
Van die straatveeer tot hoogste gesag. Van dit wat jare terug gebeur het tot heidige verval. n Tipiese simptoom van onbevoegdheid en misdadigheid. En die belasting betaler bly steeds die lydende party sonder inspraak.

Jaada ·

Swak van haar, ‘n goeie bestuurder sou opgevolg het op haar opdrag, tenminste maandelikse terugvoer oor die status.

Di ·

Tipes soos die meeste van hulle. Onbevoeg en te lui om hulle werk te doen , wag net vir die salaris elke maand. Sy moes LANKAL navraag gedoen het, hoekom wag?

Eugene ·

Dis wat gebeur as jy iemand aanstel wst nie bevoeg is vir die pos. Sy moet mos self kan gaan kyk wat gaan aan

Juffrou ·

Wat het sy vir ń jaar lank gedoen dat sy dit vir ń jaar lank nie agtergekom het nie?

Blomme ·

Hoekom nou so voor die verkiesing en na soveel verlore tyd? Die politicians ia almal dieselfde. Solank hulle voordeel kan trek. Patricia jy spring net te rond van party tot party. Ek wonder hoekom?

annie ·

Maar minister wil sy minister vir die ANC of is dit vir die pay. Antie Pat is altyd kwaad as dit nie vir die DA is nie is dit vir die ANC.Hoe lyk dit as burgermeesterskandidaat vir Cape Town vir die EFFaangesien die VFPlussers nou klaar die Wizard of Oz gekies het? Dit behoort ‘n grillige riller te wees?

Frank ·

Sy sien die vingers wys nou na haar en nou wil sy spring sodat sy nie die skuld moet kry nie. Looi haar.

Petrie ·

Ok tannie Patricia hoekom het jy dit nie opgevolg nie. Waarvoor het jy gewag…vir beter dae? Tipes anc… dit was nie ekke nie..

JohanR ·

Cherokee – ek het Ed Herbst se artikel deur gelees en moet se as jy alles en alles oor de vrou by mekaar sit is dit net skokkend. Die slegste ding is dat sy groot gemors in die DA veroorsaak het, maar miskien was Helen Zille se gedagtes op daai tydstip van “keep your enemies closer”. Selfs nou as ‘n minister het sy haarself as useless bewys. Stem vir die vrou en GOOD – Nee Dankie!

Cherokee ·

Dankie vir die terugvoering, Johan. Het dit geplaas omdat tye gelede, was sy soort van populêr onder sommige wites. Mense wat nie genoeg van haar weet nie.

Yvonne ·

Wat het sy in die jaar gedoen om te sorg dat die verslag betyds ingehandig word…niks??

Niklaas ·

Ek dink die BDO verslag het ‘n magdom ontdekkings gemaak wat sou lei tot pynlike ontmaskering en ongemaklike verduideling pogings. Koppe sal moontlik steeds kan rol al was daar lank tyd om ongeruimdhede te probeer verdoesel. Tyd sal leer.

Jdb ·

De Lille is NOOIT skuldig of nalatig nie. Dit is altyd een van haar ondergeskiktes wat aan die pen ry. Sy is altyd salig onbewus van enige korrupsie, wanbesteding, wanbestuur ens. Wat is HAAR pligte en verantwoordelikhede?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.