“Verdoemende” verslag looi Unisa se raad

Die verslag lê glo sedert 30 Augustus op Nzimande se tafel maar is oënskynlik nog nie amptelik bekend gestel nie. (Foto: Jacques Naude/ANA)

ʼn Verslag deur ʼn ministeriële taakspan wat die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, aangestel het om ʼn onafhanklike hersiening van Unisa te doen, het verdoemende bevindings oor die stand van sake by die universiteit gedoen.

Luidens die verslag van die taakspan wat gelei is deur dr. Vincent Maphai, was daar ʼn “doelbewuste en sistemiese plan, oor ʼn voortgesette tydperk, om ʼn korrupte netwerk te vestig wat gelei het tot institusionele kaping” by die instelling.

City Press berig die taakspan het bevind daar is ʼn “allesomvattende kultuur van korrupsie, straffeloosheid, konflik, vrees en intimidasie” en die span beveel aan dat ʼn forensiese ondersoek van stapel gestuur word.

Die taakspan het ook aanbeveel dat Nzimande ʼn administrateur vir ʼn tydperk van twee jaar aanstel en dat die raad ontbind word.

Die verslag lê glo sedert 30 Augustus op Nzimande se tafel maar is oënskynlik nog nie amptelik bekend gestel nie.

Die minister het die taakspan in Julie verlede jaar opdrag gegee om die ondersoek te doen en het destyds gesê, gegewe die grootte van Unisa – nie net in Suid-Afrika nie maar ook op die vasteland – is die instelling “te groot om te misluk, omdat baie mense op sy sukses staatmaak”.

Sommige van die probleme waarna die taakspan verlede jaar reeds opdrag gegee is om na te kyk, het ingesluit voortgesette hoë druipsyfers en probleme met sommige akademiese programme wat hul akkreditasie verloor het.

“Die onbestendigheid van die senior bestuur is ook ʼn groot bron van kommer,” het Nzimande gesê.

University World News berig hy het die verslag van 119 bladsye onder oë gehad en dit lui dat dit nodig is om die “verskeie oortredings en mislukkings van die raad” te pak sodat Unisa weer op koers gekry kan word.

Die span kenners waarsku boonop dat akademici gegewe die huidige situasie onwaarskynlik by die universiteit sou wou aansluit en dat diegene wat reeds daar werk, waarskynlik gaan kies om elders ʼn heenkome te soek.

Luidens berigte het die eens trotse instelling se raad versuim om hom toe te rus met die nodige vaardighede, kennis en bevoegdheid om gepaste leiding en rigting aan Unisa te gee.

Nzimande se kantoor het nie op ʼn versoek om kommentaar gereageer nie.

Unisa het ontvangs erken van ʼn navraag oor die verslag, maar het tot dusver ook geen kommentaar gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Shakespeare ·

Absoluut nie n verrassing nie. Die hele bestuur is BEE behalwe een verdwaalde blanke vrou.

Wielspore ·

Oops, Nzimande en die bestuur van UNISA het nie die eksamen geslaag, give them another chance.

Nie Verbaas ·

Daar het ons net weereens n bewys hoe BEE faal maar ANC sal dit aanhou in ons keelgate afdruk totdat hulle alles verwoes het. Is dit arrogansie of onnoseheid wat hulle nie laat besef dat hulle nie eers n straatstalletjie oordentlik kan bestuur nie.

Di ·

SO vou die een plek na die ander! Dis wat gebeur as die ANC Kaders onbevoegde, useless, korrupte mense aanstel. Maak die plek toe, dis in elk geval klaar ‘n gemors! Die voortgesette hoë druipsyfers dui weereens daarop dat die meeste wat inskryf, net nie die vermoe het om dit suksesvol te slaag nie. EISH

Erika ·

Drop the standards to help him pass….then he can become a “branch Manager- of the corruption network

AW ·

Ja Nee,

Sal dit beteken dat enige Graad of Diploma wat uit geruik is aan studente, dalk ook verdag sal wees…

Sarel ·

Eens op Tyd Wereldklas Universiteit…..
Laat Blade Nzimande verduidelik
Daar is ook ander Instansies wat ondersoek moet word

Kokerboom ·

Unisa is maar net oortjies van seekoei soos almal weet. Die verslag wat korrupsie, vrees, straffeloosheid, konflik en intimidasie aantoon is van toepassing op ALLE vlakke van bestuur onder ANC wat in die land geld. Maak verslag van toepassing op HELE land .EN steeds vra President vir ‘n 2e kans na 27 jaar!! Hoe blatant en arrogant kan mens wees!!???

JM ·

Kokerboom, ek stem volkome met jou saam! Die ANC en Nzimande se arrogansie skree ten hemele! Laasgenoemde wat sowaar sê dat Unisa te groot is om te misluk!! Die ANC is te verwaand of onnosel om te erken dat hulle alles in die land tot in die grond opgefoeter het. Hulle dag kom en dit is naby!

Andre ·

Weereens’n voorbeeld van onbevoegheid en kader ontplooiing wat net soos’n weghol trein meer en meer momentum kry. Dit gaan eers ophou wanneer daar niks meer oor is nie

Pablo ·

Armageddon hier kom ons, maar mense maak nog kinders. Nie te bright nie.

Misky ·

Die verslag lê sedert einde Augustus op sy lessenaar…… Gee nie om dat dinge agteruit gaan en stop gesit moet word nie. Ook omdat hy weet wat daarin sal staan, want die verrotting grotendeels deur hom veroorsaak

cccp ·

As ‘n oud-Unisa student en werker is dit vir my absoluut tragies om te sien hoe (nog) ‘n wêreldklas instansie tot in die afgrond verinneweer is deur die hoogs-bevoegde-narre-wat-konings-geword-het.

Pablo ·

Dis die norm en dus geensins nuus waardig nie. Ou stomp Blade sal net mooi niks doen nie. Ken hom so van my Umlazi dae af. Niks het verander nie.

Bertie ·

Ons almal weet hoekom die eers trotse Unisa verval het tot waar dit vandag is. Aanstellings word mos gemaak op grond van velkleur en nie bekwaanheid nie. En die regte velkleur het nog nooit uitmuntendheid bevorder nie – nie in SA nie.

Hennie ·

Nog n swartgalliige sukses storie! Hoop UNISA sien sy gat, hard en duidelik!

Hardekwas ·

Ek hoop die plek gaan totaal tot niet. Jammer vir die bekwame personeel wat daaronder lei. Net nog n bodemlose belasting moeras waarvoor ons moet betaal en betaal en betaal.

skurweberg ·

Ek wens so dat volkekundiges wil deel word van die gesprekke op MM. Hulle wat navorsing gedoen het oor die oorsprong van volke. Ek soek anderwoorde oor die gewetensvorming van die mense oor baie jare.

Jack ·

Hoeveel onbevoegde en vervalste kwalifikasies is hier teenwoordig. Moet die hele spul wees. Die kultuur is gevestig deur die anc en nou is hulle jammer. Watter grap.

Yvonne ·

Ek sit sonder woorde…en dit wat ek wil uiter kos my my siel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.