Verdwaal in SA teen 2020 iets van die verlede

contact_map_jhbDie Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap (Sansa) hoop om teen 2020 die land se eie akkurate navigasiestelsel, bekend as Satellite-Based Augmentation Systems (SBAS), gereed te hê.

Dié stelsel maak van seinbakens op land gebruik waarvan die vaste posisies baie akkuraat bepaal is, en wat dan met die hulp van satelliete herlei word. So ‘n stelsel is so akkuraat dat dit gebruik kan word vir vliegtuiglandings in slegte weer en om voertuie sonder bestuurders te beheer.

Sansa het ten nouste met die Europese Ruimte-agentskap saamgewerk met die ontwikkeling van die stelsel, met die oog om daarop in te skakel. Die het egter geblyk onprakties te wees omdat Europa satelliete ander wentelbane gebruik, en daar is toe besluit om Suid-Afrika se eie stelsel te ontwikkel met die tegnologie wat reeds opgedoen is.

Die Suid-Afrikaanse stelsel sal ook met buurlande gedeel word.

Meer besonderhede kan gelees word by http://www.sansa.org.za/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.