Vereeniging-man ure voor kleindogter se geboorte doodgeskiet

Jan Scholtz. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn 65-jarige man Maandag voor ʼn onderneming in Drie Riviere in Vereeniging tydens ʼn rooftog koelbloedig doodgeskiet is nie.

Maroela Media het vroeër berig Jan Scholtz het voor BKB uit sy voertuig geklim toe hy deur drie rowers oorval is. ʼn Struweling het ontstaan en Scholtz is twee keer in sy bolyf en een keer in sy kop gewond. Die aanvallers het Scholtz se vuurwapen en ʼn onbevestigde bedrag kontant geroof en in sy Ford Ranger-bakkie op die vlug geslaan.

Die bakkie is later in Meyerton gevind.

ʼn Familielid het aan Maroela Media gesê die familie is platgeslaan ná Scholtz se dood. Hy vertel net ʼn paar uur nadat Scholtz doodgeskiet is, is sy kleinkind gebore. “Dit maak die familie se droefheid oor sy dood soveel erger. Hy gaan haar nooit ken nie en erger nog, sy kleindogter sal nooit haar oupa ken nie.”

Scholtz het met vee gespekuleer en het die landboukoöperasie BKB dus gereeld besoek. Hy is ʼn jaar gelede met beenkanker gediagnoseer en het verlede week Woensdag sy laaste behandeling en die blye nuus dat hy kankervry is ontvang. “Selfs met kanker het hy altyd positief gebly en elke dag voluit geleef en uitgesien na sy werk en [tyd saam met] sy familie.”

Die familielid het Scholtz as ʼn suksesvolle man beskryf, maar gesê dat sy sukses nooit ʼn bepalende faktor was van wie hy as mens was nie. “Sy hart was so groot soos sy beursie en hy het nooit geskroom om familie, vriende en ander boere te help op watter manier hulle dit ook al nodig gehad het nie. Hy het mense oor die kleurgrens en selfs geloofsgrense heen geken, bevriend en dikwels gehelp,” het hy gesê.

“Oom Jan was ʼn karakter. Hy was snaaks en het mense graag geterg – vir hom was takt iets wat aan ʼn boom groei! Jy het altyd geweet waar jy met hom staan. Hy was een van die beste mense wat ek geken het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Flibo ·

So gaan ons almal nog uit geroei word. Ons weet net nie wie is volgende nie, dis al. Maar soos dit nou aangaan , gaan dit ons almal oorkom. My innige simpatie aan die familie. Mag onse God en Vader julle bystaan en versterk in hierdie droewige en hartseer tyd.

DPJ ·

Ons bid dat God met sy Heilige Gees julle ryklik sal vertroos.

Johanna Botha ·

Tipies van die nuwe SA wat ons nou het …diewe moordenaars verkragters oral !

DPJ ·

Ond bid dst God met Sy Heilige Gees julle ryklik sal vertroos.

Johann ·

Of ons dit nou wil weet of nie dit het nou tyd geword dat ons veg om die doodstraf terug te kry soos nog nooit in ons lewe nie. DIE DOODSTRAF TERUG!!!

DPJ ·

Ons bid dat God met sy Heilige Gees julle almal ryklik sal vertroos in die tyd.

Johann ·

Suid-Afrika veg vir al wat u kan om die doodstraf terug te kry. DIE DOODSTRAF TERUG TE KRY. Agriforum help jou mense kry terug die doodstraf

André ·

DANKIE HEMELSE VADER DAT U HAND STEEDS OOR U VOLK IS, AL WORD DAAR GEMOOR, GEROOF EN GESTEEL!
Meegevoel met Gesin, Familie en Vriende met so onverwagte insident!
Mag God Jul TROOS met Dié Wete sy Siel by Jesus…Amen!
♡ Shalom!

Slapg@t ·

Ek is jammer oom dat jy met jou lewe moes betaal omdat ek te sleg is om iets te doen. Net soos al hierdie ander slapg@t Afrikaners is ek te bang om my bloot te stel in wat elk geval onafwendbaar is. Ons het nog te veel om te verloor oom, ons moan maar lewe lekker agter ons veiligheids heinings en wagte. Laat ons maar eerder nog ‘n bietjie geld maak en lees hoe ander deur hel moet gaan. Solank dit asb tog net nie ons is nie. Sterkte aan die familie.

Flibo ·

Slapg@t, jou woorde maak seer maar dis die absolute waarheid.

oumie ·

Slapgat slat jy die spyker op sy kop baie waar wat jy sê en al die slapgatte wat wens vir die doodstraf wil ek net sê be careful what you which for dit mag dalk net backfire jammer vir oom se familie en kleinkind wat haar verjaardag sal vier met n oupa wat op selfde dag oorlede is RIV

Slapgat ·

Kyk na die ouderdomme van die vermoordes, dis bykans almal bejaardes. Mense bo 60. Nie meer geskik vir werk en veral militêre diens nie. Dit laat mens wonder oor baie dinge. En noem my maar wat jy wil – moet ek nou ‘n Skierlik-skieter op myself trek en in die tronk gaan sit omdat hierdie middeljariges en bejaardes vir terroriste gestem het in ‘n verkiesing waarvoor ek te jonk was om te stem? Die vermetelheid darem.

KP ·

Mense, mense pasop om die doodstraf terug te wens, dit sal ook net weer eensydig toegepas word en ek hoef nie te se teen wie nie. Ons sal maar onself moet verenig in die Wes en Suidkaap en ons man begin staan.

Gustav ·

Dit is wat ek ook sê, hulle wat in beheer is sal ons dan sommier die doodstraf gee

Johann ·

KP, ons moet saamstaan om die doodstraf terug te kry, wat maak dit saak, of dit nou groen, pers of rooi is, as mense moor moet hulle boed, boed met hulle lewens, punt

Charmaine Coetzee ·

Nog n onskuldige lewe gevat so so onregverdig mag dasi rowers nooit ooit tot rus kom vir wat hulle gedoen het nie R.I.V oom sterkte aan die familie met hul verlies GOD IS N REGVERDIGE GOD EVERY KNEE SHALL BOW EVERY TONGUE CONFESS!!!!!!!!!

Rina Vermeulen ·

Ons gaan dit vir nog lank lees net nog ñ slagoffer want ons hande is afgekap om dit te keer Ons kan net probeer om ons te beveilig en te verdedig dan moet mens onthou om dit ook binne dié wet te hou want die aanvallers se regte word meer beskerm . Dis verskriklik wat gebeur sterkte aan die families van elke slagoffer mag God julle sterkte gee voorentoe.

Catryn ·

Sterkte aan naasbestaandes van almal wat geliefdes so verloor. Geen maklike aanvaarding nie.

Doodstraf is ‘n euwel, hulle sal dan wettig eerste van ons ontslae raak, hoeveel moordenaars en verkragters van ons mense word gevang? Ons moet nader aan mekaar trek, sodat ons meer is, vir beter beveiliging, en ons eie gebied verkry – selfbeskikking.

Word weerbaar. Iemand het geweet die man ry met kontant en ook vuurwapen, dus is dit iemand wat sy bewegings ken en dopgehou het… iemand het geweet wat sy beroep is, en slaan toe as mens dit die minste verwag.

lynni ·

Hoekom heeltyd doodstraf terug wens en dit nogal in afrikaans. Die ANC is regering en gaan dit nie terugbring nie. Hul en hul alleen kan dit terugbring. Nou moet ons tot vervelens hoor ‘bring die doodstraf terug’. Tik dit in engels of xhosa of zoeloe en epos jul versoek. En glo my daar gaan niks van kom. Sal net dink ‘rasist’. Dit is of party mense dink blankes is nog in beheer.

Bs ·

Wat ñ tragedie in hierdie hele opset! My innige simpatie aan sy familie in hierdie bittersoet tydperk!
Die goeie mense word uitgewis terwyl die varke wie nie ñ asemteug werd is nie, nog op hierdie aarde rondloop.
Ek dra jul op in gebed, mag God jul vertroos en wraak neem op hierdie moordenaars wie van die bose is.

vra maar net ·

En wie dink jul gaan die doodstraf kry as dit terug gebring word? Die moordenaars en verkragters? Of die mense wat hulself verdedig? Kyk maar net hoe eensydig is vonnise wat opgelê word. Dink jul wat daarvoor vra; regtig reg en geregtigheid sal geskied? Maak oop jul oë wat (diegene wat vd doodstraf vra). Plaaamoorde en aanvalle word as roof ondersoek. Maak ‘n vermeende aanvaller dood en jy is op vir moord.

Yster ·

Slapg@t ek moet seker volgens jou my werk los sodat my kinders krepeer om die ou mense op te pas wat vir FW en Mandela gestem het!!!

Wonder maar net ·

Wonder maar net wat sou gebeur het indien die NEEstemmers sou gewen het?

Krymeerkinders ·

Dit is altyd mooi om te hoor van `n nuwe lewe, al is dit jammer oor die oupa. Laat ons dan nou die stryd aanvaar en meer kinders kry sodat ons soos in Egipte van ouds geseen kan word deur groot gesinne en mettertyd die land weer kan volmaak met ons eie mense.
Wees dapper en vol moed. Krymeerkinders

anton ·

En hoe en waar dink jy gaan die kinders werk kry in die land?
En hoe gaan vir hulle gesorg word?
Wit mense kry nie meer werk nie a.g.v. diskremenasie teen hulle.
Ek persoonlik dink wit mense wat vandag nog kinders kry in die land, dink gladnie aan die toekoms nie!!!
As sou ek as kind nou n keuse gehad het, sou ek nie in die land gebore wou word nie.

Maria ·

Slapgat ek en my man is in ons sestigs en my man en sy broers asook my broers het geveg in die bosoorlog so jy is nogals baie verwaand en voor op die wa om te se mense oor 60 het gestem vir hierdie regering, was jy daar ,is jy hier om te sien hoe my familie getraumatiseer is oor lewensverliese! Bly liewer stil want jy weet nie waarvan jy praat nie en ja dieselfde MANNE wat gaan veg het is ook vandag teikens net soos enige ander mens! Slapgat ek wil in elk geval niks van jou he nie maar ek sal vir jou bid want ons hulp kom net van God af so met of sonder jou hulp, ons oues wat vir “teroriste” gestem het volgens jou, sal oorleef sonder jou!

Maria ·

Slapgat jy is nogals baie uitgesproke oor ons mense wat bejaard en oor 60 is my man en sy broers asook my broers het in die bosoorlog geveg, was jy daar! Is jy hier om te sien en te beleef hoe ons familie steeds getraumatiseer is agv n lewensverlies in die bosoorlog! Was jy by toe ons bejaardes vir teroriste gestem het soos wat jy beweer! Ag man jy weet nie waarvan jy praat nie so bly liewer stil. Ek bid vir hierdie land maar ek sal jou spesiaal aan my Lewnde God opdra want ons hulp kom net van Hom af, het jy al ooit God se vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan? Ons tye is in God se hand! Ek en my familie het jou nie gevra om ons op te pas nie so raak asb rustig!

Slapgat #2 ·

Die oumense skuld die jongmense ‘n verskoning, nie andersom nie. Bosoorlog, regtig? Dankie vir niks.

anton ·

@Slapgat………..jy het nogal n punt daar beet. Baie mense wat ouer is vandag het destyds hulle steun aan die verkeerde party gegee nl. die NP en daarom sit ons vandag met die gemors in ons land.
Maar ek is self nie meer n jongman vandag nie maar glo my nie almal is te blameer vir die gemors waarmee ons mense vandag sit nie.
Daar is ook baie ouer mense vandag wat hierdie gemors sien kom het. Ongelukkig was die meerderheid bind.

Lizé ·

Ek is so bitter jammer oor julle groot verlies. Ek rou steeds oor my Pa en dit is al 10 jaar. Die seer gaan nooit weg nie en die leemte word nooit gevul nie, maar dit word draagliker met tyd. Ek dink so aan julle vanaand, julle is in my gebede. Baie sterkte en liefde in Jesus Christus. Hy sal julle trane afvee, elke traan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.