Verengelsing van UP ‘ʼn gevaar vir inheemse tale’

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia Commons

Die ANC se beheptheid om Suid-Afrika te verengels is ʼn gevaarlike speletjie ten koste van ons inheemse tale.

Só meen Tammy Wessels, leier van die VF Plus-jeug. “Indien Engels die enigste medium van onderrig word, soos die afgelope week by die Universiteit van Pretoria (UP) aangekondig is, sal nie net Afrikaans in die slag bly nie, maar sal veeltaligheid toenemend in die gedrang wees.”

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het op Twitter aangedui dat hy nie saamstem met die UP se besluit nie.

“Suid-Afrika is inderdaad besig om homself in die voet te skiet met ʼn diskoers dat ʼn taal ʼn onderdrukker kan wees. Die feit dat minder Afrikaanse studente by die UP geregistreer is om in hul moedertaal bedien te word, is nie genoeg rede om Afrikaans uit die kurrikulum uit te faseer nie. Amper ʼn derde van UP-studente is Afrikaans-moedertaalsprekers,” het Wessels bygevoeg.

Die ANC vergeet dat Afrikaans die derde grootste taal in Suid-Afrika is met meer as 6.85 miljoen moedertaalsprekendes in die land.

“Die ANC is duidelik ook nie bewus van die feit dat die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco), moedertaalonderrig só belangrik ag dat 2019 aangekondig is as ‘Die Jaar van Internasionale Inheemse Tale’ nie. Die UP en ander universiteite is beslis nie in voeling met internasionale tendense oor taalgroepe nie.”

Wessels het bygevoeg Afrikaans het homself met trots ontwikkel tot ʼn hoërfunksie-taal, maar word toenemend deur die ANC se transformasiemodel uit instellings verwyder wat mense wil verdeel en nie saamsnoer nie. “Dit gaan hier nie werklik oor transformasie nie, maar oor ’n ANC-nasiebou-model wat nie voorsiening vir veeltaligheid maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Niklaas

Ek is bly ek is nie n dosent daar nie , want lesings kan nou seker nie meer in Afrikaans gelewer word nie.

Andrew

Gelukkig is ons destyds meegedeel dat daar in die nuwe grondwet soveel wigte en teenwigte ingebou is, dat niks verkeerd kan gaan nie. Ongelukkig het hy nie SEB verstaan nie.

Thinus

Dis a.g.v ‘n slapgat en ruggraadlose UP bestuur wat die knie buig vir die EFF en Sasco en so polties korrek probeers wees om net na die ANC (grootste rassiste) se pype te dans. Dis alweer die sogenaamde geleerdes wat ons kultuur verkrag en vertrap. Julle is ‘n skandelik en ‘n teleurstelling vir julle taal en kultuur en die Afrikaans sprekende mense. Julle moet verban word om nooit weer julle voete on hierdie land te sit nie.

Gemaskerde Sopbeen

Dis nou nogal ‘n dilemma as jy nie in Afrikaans wil leer nie, en jou moedertaal het nie woorde vir Pytagoras nie…?? Dan baklei jy maar vir Ingels en hoop vir die beste…..

voetskiet

ons Afrikaanssprekendes skiet ons self in die voet. Gaan na enige vergadering. Daar kan 50 Afrikaanssprekendes wees en 1 enkele Engelssprekende, of dalk geen Engelssprekende, dan word daardie vergadering in Engels gelei. Wat is die rede vir dit? n Engelse vergadering sal nie in Afrikaans gelei word ter wille van 1 Afrikaanse teenwoordiger nie. Noem ons dit nou TROTS AFRIKAANS. Nee ek dink ons praat nie met n TROTSE AFRIKANER HART nie. Die Afrikaassprekende vertrap sy eie taal met hierdie soort van optrede. Miskien wil ons maar net “smart” wees of “ter wille van…” optree????? Ek was in die maand… Lees meer »