Vereniging doen tugstappe teen leeuteler

Foto’s wat Humane Society International bekom het, wys talle leeus op die plaas wat glo brandsiekte het.

Die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging (Sapa) sê hy het ná afloop van ʼn omvattende ondersoek besluit om dadelik stappe te doen teen een van sy lede wat van oortredings van die Wet op Dierebeskerming beskuldig word.

Die diereregtegroep Humane Society International het vandeesweek gesê 108 leeus, asook tiere en luiperds, is op die plaas naby Lichtenburg in Noordwes aangehou. Die organisasie sê foto’s wat hy bekom het, wys verskeie leeus het brandsiekte en het die meeste van hulle hare verloor.

“Die diere bly in vuil, oorbevolkte omstandighede. Die owerhede het geen bron van water gevind nie en daar was onvoldoende skuiling,” het Kitty Block, uitvoerende hoof van Humane Society VSA en president van Humane Society International, in ʼn bloginskrywing gesê.

Die NDBV het die plaas op 11 April vanjaar die eerste keer besoek, ná ʼn klagte van ʼn lid van die publiek. Tydens dié besoek is twee leeuwelpies in die sorg van die NDBV oorgegee. “Hulle is in ʼn veilige plek. Hulle kry behandeling en begin reeds herstel,” het Douglas Wolhuter, ʼn senior inspekteur en bestuurder van die NDBV se wildbeskermingseenheid, gesê.

Volgens hom word verskeie bepalings van die Dierebeskermingswet op die plaas na bewering oortree. Die NDBV sal intussen voortgaan met oorsigbesoeke op die plaas.

Humane Society International het gesê leeus in aanhouding het geen plek in ʼn beskaafde samelewing nie omdat dit geen bewaringsdoel dien nie.

“Suid-Afrika se teelbedryf van leeus in gevangenskap is wreed en dit is ʼn bedryf wat ons probeer om vir goed te stuit. Nagenoeg 12 000 leeus word op 200 leeuteelplase aangehou, waaronder plase waar trofeejagters, ook baie Amerikaners, betaal om leeus op kort afstand te skiet in kampe waaruit die diere nie kan ontsnap nie,” het Block gesê.

“Dit is ʼn werklik hartseer situasie en wys waarom ons moet aanhou werk om dié wrede bedryf stop te sit. Ons weet reeds dat die fasiliteite bloot bestaan om geld te maak uit die pyn en uitbuiting van onskuldige diere. Welpies wat in aanhouding gebore word, word binne enkele dae van geboorte van hulle ma’s weggeruk om misbruik te word vir toeristeselfies of ander toerismebedrywighede soos ‘stap-saam-met-leeus-safari’s’.

“Wanneer hulle te oud is om deur mense vertroetel te word, beland hulle in die leeubeen-handelbedryf of in die geblikte leeujagbedryf. As hulle eers dáár is, het hulle geen kans nie. Hulle word aangebied vir trofeejagters wat duisende dollars betaal – na gelang van die dier se grootte en kleur – vir ʼn gewaarborgde doodskoot en spogregte,” het Block gesê.

Die NDBV het ook gesê dat hy die sluiting van dié soort fasiliteite wil sien. “Hierdie diere hoort in die wildernis, in groot natuurreservate. Hulle behoort nie aangehou te word in wat ek net as konsentrasiekamptoestande kan beskryf nie.”

Die roofdiervereniging het gesê die stappe wat hy teen die betrokke lid doen, duur voort, maar Sapa wou weens die “aard en sensitiwiteit van die proses” nie verdere besonderhede daaroor bekend maak nie. “Sapa beskou die saak in ʼn baie ernstige lig en het ʼn indiepte-ondersoek gedoen, wat nou afgehandel is. Sapa het gevolglik besluit om tugstappe [teen die lid] te doen, wat strook met Sapa se grondwet en gedragskode.”

Die vereniging het gesê hy sal ook die uitslag van die kwessie bekend maak sodra die tugproses afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Helien ·

Sal bly wees as die bedryf gesluit kan word. Hoe kan mense so wreed wees.

Ellisras ·

Wat maak leeus anders as hoenders, varke, skape voerkraal beeste. Alle diere moet goed behandel word.

Jacoba ·

Leeus is nie ‘ “domestic animal ” nie. Skape, beeste, hoenders ens is. Leeus is wilde diere en hoort nie in hokke nie maar in die natuur. Dit breek my hart om te sien hoe wreed mense met God se skepping is. Ek stem 100% saam met jou dat alle diere goed behandel moet word.

J ·

Snaaks hoe vinnig daar aandag aan die saak gegee word, as mens nou rerugdink aan die sogenaamde staatsamptenaar van Noord wes wat se diere gevrek het van die honger in nabygelee buurdorp wat se saak nou al jare aangaan, maar daar word niks aangedoen nie, kan mens weereens nie nie wonder kom velkleur nie alweer na vore nie, praat nie een goed nie, maar hietdie sake is ewe erg, hoekom soveel bohaai oor die een?

Johan ·

Mense dink twee keer voor jul die persoon so sleg sê. Wat van julle wat jul honde en katte in klein hokkies aanhou res van hul lewe. Maak wet oop sodat die leeus gejag kan word.

kallie ·

Dit is juis omdat jag gewettig is dat dit so gaan. Skande! Hierdie man moet regtig boet vir sy wandade, skokkend om diere so aan te hou. En Johan mense wat diere in klein hokkies aanhou word ook aangevat. Dit gaan hier oor geld en nie oor die dier nie. Wreedheid teenoor diere is ‘n te algemene gesig vandag.

JohanL ·

En dit is die optrede van iemand wat lid is van ‘n organisasie en selfs op stadium (volgens berig in ander medium) op die bestuur van Sapa was. As dit is hoe ‘n lid wat gereguleer moet word optree, hoe tree diegene op wat nie lid is van Sapa nie?

Hierdie is ook ‘n ernstige klad op die naam van Sapa. Wonder of die jagters besef watse skade hulle die beeld van SA aandoen. Seker nie? Wil mos net skiet, skiet, skiet.

Ek hoop hy word bitter swaar gestraf.

JJ ·

En die kans is baie groot die teler sowel as baie van die ander leeutelers is wit afrikaanse boere .
Laat mens dink né…

Hartseer ·

Hoe slaap daardie persoon. Wens net hulle kan hom/haar by die naam noem. Dit is oneindig wreed. Diere kan nie praat nie.

Rentia ·

Die Here het ons aangestel om oor alles te heers. En dit is hoe ons dit doen……….. Hoe regverdig ‘n mens sulke optrede???

Joanie ·

Dit is net weer ‘n bewys dat die MENS die natuur en die diere se grootste vyand is.

Cherokee ·

5 Liter perske mampoer vir die lid van die publiek wat die dieremishandelaar verkla het by die dbv.

Foxi ·

Hoe wreed kan die mens net nie wees nie! Hemel man…wat gaan aan met die mensdom! Het God nie die mens aangestel oor diere en die natuur nie? Hoe kan die mens soveel verwoesting saai en daarmee wegkom…….ek treur man!

Erika ·

Sulke mense moenie diere hê nie.. Gee hom lewenslank tronkstraf en hy moet elke dag indie dieretuin die hokke van die leeus gaan skoonmaak…

Danie ·

Dis uiters wreed. Mag die persone aandadig baie swaar gestraf word. Hoe siek kan mense wees gedryf deur gierigheid. Waar is die betrokke Dept van Natuurbewaring? Skaam julle om met oogklappe aan te loop. Doen julle werk!!!

Gert ·

n Mens wat nie respek vir n dier het nie, het ook geen respek vir homself of enige mens nie, “proof me wrong”!!??

Willie ·

Waar is die owerhede wat die moet monitor? Of n vereniging waaraan hulle behoort?

Abel ·

Dit is absoluut siek!!! Kyk hoe lyk die arme diere, wilde diere hoort beslis nie in hokke nie, ook nie enige ander dier nie, ook nie aan ñ ketting nie…. so as die diere nie vrylik kan rond beweeg nie, jammer dan skaf jy hulle nie aan nie.

Ek stem saam, sit daai teler saam die leeus in die hok!!!

Siek jagdedryf ·

Die arme diere!

Die jagbedryf in Suid-Afrika is siek verby. Mag hierdie mishandeling die jagbedryf ontbloot vir wat dit is. Korrup en siek. Mag die weerstand en woede van mense wat omgee groot hoogtes bereik om hierdie bedryf te sluit.

kallie ·

Die jagbedryf is koud, wreed en gevoelloos en word bedryf deur mense wat een ding voor op stel en dit is geld. Oorsese toeriste betaal honderde duisende dollar om met ‘n leeuvel in sy tuisdorp te gaan pronk en almal dink hy is die groot wildjagter van Afrika,min wetend in watter haglike omstandighede daardie dier aangehou is. Die hoofrede dat die jagbedryf so kapsie maak is oor die luukse lewensstyl wat hulle lei,ek weet, om my is etlike van hulle en hulle duur smaak getuig daarvan. Die dier is net ‘n middle tot ‘n doel en geld praat hard en koelbloedig. Sluit die jagbedryf vir goed, diere word gejag vir horings,tande en velle en elkeen wil sy pond vleis daarop eis. Stop dit, dit is oneindig wreed.

alwyn burger ·

Die ekonomie spreek nie ñ waarde-oordeel uit oor wat mense doen om ñ bestaan te maak nie . Enigiets wat gekoop of gelewer word , dra by tot groei. ( Deon Joubert)

Hester ·

Bogenoemde foto is nie op die plaas geneem nie?. Ek het fotos geneem tydens n besoek en dit lyk beslis nie só nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.