Vereniging maan teen oorhaastige terugkeer van staatsamptenare

(Argieffoto)

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) het die regering gewaarsku teen die oorhaastige terugroep van alle werkers omdat dit ʼn hernieude vlaag Covid-19-infeksies tot gevolg kan hê.

Die meeste staatsdienswerkers moet nou terugkeer werk toe nadat Suid-Afrika Maandag na vlak 1 van die afsonderingsregulasies oorgeskakel het.

Vlak 5 van die afsondering is op 27 Maart in werking gestel en het alle sosiale en ekonomiese bedrywighede – behalwe noodsaaklike dienste – tot stilstand gebring in ʼn poging om die verspreiding van die virus te stuit.

Suid-Afrika, Afrika se mees geïndustrialiseerde land, het die meeste aangetekende infeksies op die vasteland en die negende meeste ter wêreld.

Die VSA, wat meer as 240 000 staatsdienswerkers verteenwoordig, het laat Maandagaand gesê ʼn oorhaastige terugkeer werk toe kan die pogings om die verspreiding van die virus tydens die strenger afsonderingstydperke te verminder, ongedaan maak.

“Hoewel daar ʼn afname in die infeksiekoers is, is die land steeds op die kruin van die pandemie,” voer die VSA aan.

“Verskeie departemente het steeds nie die nodige infrastruktuur om te verseker dat werkers sosiale afstande handhaaf en voldoen aan ander gesondheidsprotokolle nie.”

Die vereniging sê departemente soos binnelandse sake en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het nie genoeg kantoorruimte om alle personeel te akkommodeer en sosiale afstandhandhawing te bewerkstellig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Die klomp staats amptenare werk in elk geval nie hulle weet nie hoe om hulle werk te doen nie. Bly maar by die huis want dit is mos waar hulle negintig persent van die tyd is word betaal om niks te doen nie lekker in afrika.

Johan ·

Ja lekker en in die “pandemie” is hulle ten volle betaal. Nou wil hulle nog langer verlof he lekker in Af-rika.

Blikke ·

Gryp na elke ou strooihalmpie…..darem maar lekker om enige verskoning te soek om juis nie te werk nie…..nie dat die terugkeer in elkgeval n verskil aan die produktiwiteit en eindproduk gaan maak nie. Nie die flukste instelling waarmee ek al te doen gehad het nie…….

Anoniem ·

Moenie alle staatsamptenare oor dieselfde kam skeer nie.!!!

Jakes ·

Ja die VSA is bang dat hul lede nou harder as voorheen gaan probeer om te werk want as hulle enige werk sou verrig sou dit neerkom op ooreising van die gestel. Onthou asb dat die VSA niks te doen het met Amerika nie want daar werk die mense vir hul salarisse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.