Vereniging staan narkotiseur by ná jong pasiënt se dood

Zayyaan Sayed (10).

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Narkotiseurs (Sasa) het sy medelye met ʼn familie betuig ná die dood van hul tienjarige seuntjie kort ná wat veronderstel was om ʼn roetineoperasie te wees, en terselfdertyd sy steun aan die betrokke narkotiseur toegesê.

Maroela Media het vroeër berig Zayyaan Sayed het op 11 Oktober ʼn laparoskopie by die Netcare Park Lane-kliniek in Johannesburg ondergaan nadat hy lank met refluks gesukkel het. Prof. Peter Beale, ʼn pediatriese chirurg, het die operasie uitgevoer, terwyl dr. Abdulhay Munshi die narkotiseur was.

Zayyaan se ma, Zaheera, het gesê hulle het lank gewik en geweeg om wél die operasie te laat doen, maar het eindelik ingestem. Die operasie het langer as vier uur geduur en Zayyaan het later dieselfde aand gesterf.

Zaheera en haar man, Mohammadh, het daarna in ʼn brief aan die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) gesê Zayyaan se dood was nie ʼn geïsoleerde voorval nie. Hulle het ook die skorsing van die twee dokters geëis terwyl ʼn ondersoek na die sterftes gedoen word.

Netcare het intussen die twee dokters se voorregte opgeskort, maar die RGB het nog geen aanduiding gegee van die stappe, indien enige, wat hy doen of beplan om te doen nie.

Sasa het Dinsdag in ʼn brief aan sy lede gesê hy is bewus van die uitwerking wat die “jong pasiënt” se dood op sy familie, die betrokke dokters en die groter span betrokke by sy versorging gehad het.

“Die Sasa-lid [Munshi] wat die nouste by die voorval betrokke is, het Sasa se steun gehad en het dit steeds. Die vereniging ondersteun hom ook terwyl die voorval ondersoek en bestuur word.”

Volgens die vereniging is ingewikkelde kliniese en beroepskwessies ter sprake by die spesifieke voorval. “Dit maak interaksie, ingryping en ondersoek uiters moeilik en sensitief.”

Sasa sê daar is ook beduidende kommer wat betref die moontlikheid van regulatoriese tekortkominge, die presedent wat geskep kan word met ʼn eensydige besluit op ʼn skorsing, asook ʼn verhoor deur die media voordat ʼn behoorlike ondersoek gedoen is.

“Sasa steun deursigtigheid, regverdigheid en die prioritisering van pasiënte se veiligheid. Die vereniging steun ook ʼn deeglike ondersoek na alle stelseltekortkominge wat moontlik ʼn rol in die voorval kon speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

marous ·

Kry ‘n onafhanklike om die oorsaak van die dood te bepaal .

Tevrede pasient ·

My dogter was ook n pasient van DrPeter Beale. Sy is vandag 21. Hy het haar geopereer op 6 maande om ‘n Bilaterale Nier Refluks en vele Breuke te herstel. ‘n Baie moeilike operasie agv haar ouderdom. Van Dr Beale het ons net ondersteuning ontvang en sy as baba en as kleuter, was mal oor hom. Ons het ons dogter agv hom. As ek ander spesialiste geglo het destyds, was my kind vandag dalk dood of baie siek. Ek het net respek en waardering vir Dr Beale en sy span.

AmY ·

Moet my nie verkeerd verstaan nie: hierdie dokter word ‘bygestaan’, maar die dokter wat ‘n vrou afgeraai het om ‘n aborsie te laat doen, ‘word gekruisig.?’
Ek verstaan dit nie so lekker nie.

Dries ·

AmY: Jys nie die enigste wat dit nie verstaan nie. Maak nie sin nie. Vreemd nê?

Janneman ·

Die Vereniging van Narkotiseurs het niks te nake met die Raad op Gesondheids Beroepe wat die aborsie dokter vervolg nie. Eersgenoemde is ‘n vrywillige Vereniging van beroepslui met geen statutêre magte. Die RGB is ‘n statutêre liggaam deur die minister aangewys

Alex ·

Wie sê dit was die dokter se fout en nie foutiewe toerusting nie?

Danie ·

Dit is jammer dat ‘n kind dood is. Ek dink egter nooit so eenvoudig is nie (veral wanneer dokter vele soortgelyke suksesvolle operasies uitgevoer het nie). Ons sal moet wag vir die uitslag van die ondersoek.

As ek egter na die foto van die kind kyk, lyk dit of hy besig was om vir homself ‘n graf met sy tande te grawe.

Natasha ·

@Danie, Hoe bedoel jy ‘n “graf met sy tande grawe” almal kyk vas in die feit dat die dokter verkeerd was, of die toerusting foutief was. Het iemand al aan die Grootste Geneesheer gedink? Dat ons almal net vir ‘n bepaalde tyd vir die mense om ons geleen is, en dat dit enige tyd van ons weggevat kan word, ongeag hoe dit gebeur. Wat as hy oor die pad geloop het en sy voet het gegly en hy het by ‘n randsteen afgeval en so dood gegaan? Sou dit dan die foutiewe pad of die randsteen se skuld wees? Almal is vinnig om vinger te wys, maar niemand kyk na die groter prentjie nie. Ek kan my nie voorstel hoe daardie ouers moet voel nie, want ja in my opinie is ouers nie veronderstel om kinders te begrawe nie, maar ongelukkig is dit iets wat buite ons almal se beheer is. Sterkte vir die gesin asook vir die dokters betrokke.

Vreedsaam ·

As dit die dokter se fout is moet die gepaste optrede teen hom geneem word. Daar kan egter so baie verkeerd gaan (wat totaal buite beheer van die dokter is) in selfs ‘n “roetine” operasie dat dit baie onregverdig is om stellings te maak soos “Ekke” hierbo voordat daar behoorlike ondersoek gedoen is.

JohanL ·

Eerstens my diepste medelye aan die Sayed familie – geen ouer moet by ‘n kind se graf staan nie.

Die realiteit rondom ‘n eis teen enige mediese praktisyn, is dat die praktisyns mekaar beskerm. Die sg “ingewikkelde en beroepskwessies” ter sprake is klaar ‘n aanduiding dat die betrokke narkotiseur beskerm gaan word. Het ook al by ‘n verpleegsuster gehoor dat die klomp praktisyns mekaar beskerm.

Ook Tevrede ·

Prof Peter Beale het my dogter se niere opereer toe ander medici nie aan haar wou raak nie. Sy is vandag ‘n baie gesonde jong dame. Terloops, hy is ook die chirurg wat die siamese tweelinge split.

Gaan kyk maar na die vele klagtes by die mediese raad ingedien. Ja daar is nalatigheid, maar dit is weinig die spesialis se skuld. En al wat die klagtes veroorsaak is verhoogde versekering wat medici moet uitneem wat weer lei tot verhoogde mediese rekeninge.

Tina ·

My innige simpatie met die ouers en familie. Ek kan my nie indink waar deur julle gaan nie.

Aan Danie met jou giftige kommentaar. Hierdie mense het ń kind verloor. Hou jou onsensitiewe kommentaar vir jouself.

Wonder net ·

In ‘n berig op News 24, kort na die kind gesterf het, is die chirurg se ouderdom gemeld, enigste plek waar beide die narkotiseur en chirurg se ouderdomme genoem was…. . hierdie chirurg blyk ver verby aftree ouderdom te wees. As daardie berig korrek is met sy ouderdom, hoe was hy nog oegelaat om te opereer????

Ai ·

Ai Wonder net, daar is werklik so min goeie spesialis dokters beskikbaar in SA. As hy nog in staat is om sy werk te doen hoekom moet sy ouderdom bepaal hy moet aftree ?

Daar kan soveel verkeerd gaan tydens ‘n operasie. Narkose word toegedien gebaseer op klomp klein goedjies. Dokters is ook net mense wat ander graag wil help (wel meeste) en mense kan foute maak.

Guve ·

Regtig, verby sy aftree datum? ?hoe oud is oud?ek is so jammer vir di ouers, baie sterkte, ek weet wat dit is om kinders te begrawe, di pyn gaan nooit regtig weg ni, kom ons wag vir di ondersoek om afgehandel te word,en die suster wat so praat het seker nog nooit in n teater gewerk ni.Sterkte ook aan die mediese span.

Wonder net ·

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe wat jy jou kennis en vaardigheid reeds moes oordra aan die volgendes. Net so min as wat dit raadsaam is dat bejaardes self lang pad bestuur, is dit raadsaam dat ‘n bejaarde delikate sjirurgie met geen “room for error” uitvoer. Die vraag is of enigiemand op 73 regtig self fisies in staat is om sulke lang delikate sjirurgiese prosedures uit te voer. Wonder nogal wat sy indemniteits versekering hiervan gaan maak.

Wonder net ·

Net so min as wat dit raadsaam is vir iemand op hoë ouderdom om angpad te bestuur. Daar kom ‘n dag in elke mens se lewe wat jy jou kennis en vaardigheid moet oordra aan die volgendes. Om op kinders te opereer is baie.presiese werk…. “no room for error” …..’n klein “glips” eindig te maklik noodlottig. Wie is op 73 regtig fisies in staat om sulke lang presiese prosedures te uit te voer? Sal.nogal wil hoor wat gaan sy indemniteits versekering hiervan maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.