Verf-voorval: Twee vra borg

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat van poging tot moord aangekla word nadat hulle ʼn Malawiese man glo aangerand en toe van kop tot tone wit geverf het, sal na verwagting Donderdag in die Pietermaritzburg-landdroshof om borg aansoek doen.

Shadrack Wayne Naidoo (28) en Avikar Lutchman (27) word daarvan beskuldig dat hulle Bilaz Asan op 7 Januarie glo met byle en ander gereedskap aangerand het voor hulle hom glo kaal uitgetrek en met wit emaljeverf gespuitverf het.

The Star het berig Lutchman was ontevrede oor swak diens by ʼn motorwerktuigkundige waar Asan werk.

Asan is na die voorval na die Nothdale-hospitaal gehaas, aangesien die verf op sy lyf verhard en sy lippe aan mekaar vasgeplak het. Hy is op 9 Januarie uit die hospitaal ontslaan nadat hospitaalpersoneel daarin kon slaag om die verf uit sy neus, om sy oë en ander sensitiewe liggaamsdele te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lillian ·

So tipies … hoekom die werknemer aanvat oor die swak diens? Hoekom nie ‘n klag by die eienaar van die besigheid lê nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.