Verfilming op Kaapse strande kan weer hervat word

Verfilming op Kaapse strande kan weer hervat word (Foto: Verskaf)

Kaapstad se asemrowende strande en pragtige natuurskoon sal weer internasionaal en plaaslik in rolprente en advertensies verfilm kan word, te midde die Covid-19-pandemie se streng maatreëls.

Die Moederstad se rolprentkantoor word weer toegelaat om permitte uit te reik vir verfilming aan die kuslyn. Dié verfilming moet wel met streng veiligheid- en gesondheidsmaatreëls gepaard gaan.

“Dit is belangrik om te weet dat die strande steeds gesluit is vir die publiek en dat produksiemaatskappye slegs permitte sal kry om onder streng maatreëls die strande te gebruik.

Produksiemaatskappymoet streng maatreëls as hulle op strande wil verfilm (Foto: Verskaf)

“Produksiemaatskappye moet gespesialiseerde omgewingsbeamptes aanstel om te verseker dat die integriteit van ons kuslyn beskerm word tydens hierdie opnames,” het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê.

Behalwe vir die kuslyn word permitte om in natuurparke te verfilm, ook weer uitgereik.

“Voorheen was toegang tot parke en strande deur die regering verbied om die verspreiding van die Covid-19-virus aan te bande te lê.”

Die Stad se rolprentkantoor het in die afgelope jaar meer as 11 000 besprekings vir verfilmings gekry en meer as 5 000 daarvan is toegeken. Sedert 1 Mei 2020 is 127 permitte goedgekeur vir onder meer fotografie, dokumentêre, advertensies en die vervaardiging van kortprente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jaco ·

Hierdie “nuwe normaal” pla my. Is dít hoe dinge nou vir altyd/PERMANENT gaan lyk:
-almal moet maskers dra
-Strande toe
-Gimnasiums toe
-Gastehuise en vakansieoorde toe
-Skole half oop half toe
-Meeste interprovinsiale reise verbode
-Internasionale reis uiters beperk
-reusagtige werkloosheid
-Sigarette en drank nie meer te koop nie
Die bogenoemde toestand is seker ok vir ‘n paar maande of hoogstens ‘n jaar, maar ek kry al hoe meer die indruk dat dis hoe die lewe van nou af vir altyd gaan lyk.
Ek weet party goed is net op SA van toepassing, maar lockdown het negatiewe gevolge in ander lande ook? So nou wonder ek maar net: is lockdown die nuwe normaal wêreldwyd vir altyd?
In 1969 was tegnologie ver genoeg gevorder dat 2 mense op die maan kon land, daar vertoef en veilig terugkeer aarde toe. So dan is dit mos moontlik om in 2020 ook van ‘n lastige virus ontslae te raak

Jax ·

Absoluut belaglik dat ons nie langs die strand mag stap nie!!! Mini busse vol mense reg langs mekaar mag rondry maar ek en my ander helfte mag nie gaan wandel met ons twee honde nie. Vars lug, ontspannende klanke van die see en gekwetter van see-meeue is baie goed vir gees en gemoed.

Prikkie ·

Een van die plekke waar die gevaar van oordraagbaarheid en besmetting die minste is, die word gesluit en verbode verklaar?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.