Vergadering met polisiehoof gevra ná rits plaasmoorde

Argieffoto (Foto: Elmond jiyane/GCIS)

Mpumalanga Landbou (ML) het ’n dringende vergadering met lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, en haar bestuurspan aangevra in ’n poging om landelike veiligheid in die provinsie op te skerp.

Die versoek volg nadat die veiligheidsituasie in die provinsie erg agteruitgegaan het, met minstens vyf mense wat die afgelope twee weke op plase in die provinsie vermoor is. Dít sluit in die onlangse moord op Etienne du Toit, ʼn makadamiaboer van Mbombela, en die veearts dr. Jesse Coleman van Delmas.

“Ons moet oplossings vind vir die toename in plaasmoorde op landbouprodusente en ons benodig dringend buitengewone optrede deur ons polisie om hierdie plaag onder beheer te bring,” sê Tommy Ferreira, president van ML.

“Van plase tot dorpe en voorstede – Suid-Afrikaners voel nie veilig in die provinsie nie, en die statistieke wat deur ons polisiediens aangebied word, bevestig net dat ons vrese geregverdig is.”

Plaasaanvalle en -moorde is ongetwyfeld aan die toeneem terwyl die mees onlangse misdaadstatistieke ʼn jaar-tot-jaar-toename in moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede toon.

Ferreira sê die provinsie se boeregemeenskap is nie net in gevaar nie, maar “die immer teenwoordige bedreiging van gewelddadige misdaad in die provinsie hou ʼn wesenlike bedreiging vir die provinsie se voedselsekerheid in”.

Hy sê die organisasie se lede is naby breekpunt weens die opbou van frustrasies en emosies en dit sal moeilik wees om te bestuur indien iets drasties nie gedoen word om die geweld in boerderygebiede aan bande te lê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Althes ·

Plaasmoorde is niks anders as ekonomiese sabotasie nie.
Elke boer wat vermoor word, se kundigheid gaan verlore.
Daar is geen rede waarom boere vermoor moet word indien dit slegs roof is nie.
Dis die regering se plig om sterk standpunt in te neem deur plaasmoorde te veroordeel.
Dis ook die plig van die regering dat burgers veilig moet voel in die land.

Nie Verbaas ·

En julle gaan die dame en haar kaders vertrou? Leë beloftes en onbevoegde kaders sal jou vertel wat jy wil hoor sonder die aksies wat jy wil sien.

vuurvliegie ·

Vergaderings met die SAPS is ‘n mors van tyd.
Al wat sal help as die boere saamstaan en geen produksie te bemark nie. Dan sal die honger oe oopgaan

Manie ·

Boere kan nie ophou produseer en lewer nie, dan is hulle en jy en ek môre ook honger.

Danie ·

Hoe lank moet mense nog smeek vir hulp en die moorde woed voort.Ek stem dis tyd om meer drasties op te tree.

John ·

En dit gaan nou wat help??? As die polisiekommisaris dmv ñ spesiale vergadering gevra moet word om net haar werk te doen, dan weet jy mos nou jy mors jou en die hele gemeenskap se tyd. ONS SAL SELF

Marelize ·

En dink ons nog steeds dat die sing van Kill the boer Kill the farmer niks hiermee te doen het nie. As dit gesing mag word mag dit ook seker gedoen word.

WILLEM ·

Nie eens diere maak nie mekaar dood nie, so diegene wat so moor het geen selfrespek nie, en is swakker as diere. SAP doen ook niks om die sulkes aan te keer nie. Die laaste sin van ‘n berig lees altyd “Nog geen arrestasie is gemaak nie” Hulle soek nie eers nie.
God help ons in die nuwe RSA.

Pieter ·

Nee wat, ons sal dit self moet doen, hulp van die regering of regeringsinstansie gaan nie gebeur nie.
Daar is nog biae boere wat in n droomwereld leef,en nie sien wat om hom aangaan nie. Dra jou wapen 24/7 by jou,hy beteken niks in n kluis nie. raak ontslae van enigge huishulp in jou huis,want dit is waar als begin,en dit is oor en oor al bewys. Rol jou moue op en maak maar self jou huis aan die kant,was en stryk jou eie klere. Kry blankes wat wil werk, om op jou plaas te kom werk.al is dit vir kos en blyplek.

Lourens CFG ·

Ongelukkig het ‘n man op ‘n kleinhoewe dit gedoen, jong wit paartjie, toe moor hulle hom op die ou einde.

Pieter ·

Ek bedoel ook nou nie enigge persoon nie,doen maar nogsteeds bietjie jou huiswerk, check vir kriminele rekords en soo aan.

Blikkies ·

Ek weet nie hoekom die Polisie nog gevra moet word om hulle werk te doen nie. Hulle weet in elk geval nie wat hulle doen nie. Dit is ‘n mors van tyd en die mense moet nou ernstig na hulle eie veiligheid begin omsien.

PieterJ ·

Die polisie gaan dit mos beslis nie as hul probleem sien nie.

Jannie van Niekerk ·

Solank as wat Cele minister van polisie is en sy boesemvriend Malema wegkom met alle vorms van haatspraak, sal plaasmoorde nooit ophou of behoorlik ondersoek of vervolg word nie. Die enigste oplossing is om ‘n bekwame minister van polisie wat nie ‘n lid van die ANC, SAKP, EFF, GOOD of enige van daardie groeperings is nie, aanstel. Aangesien die Pres vir tannie Patricia van GOOD in sy kaninet aangestel het, kan hy netsowel die DA parlementslid, Genl Ockert Terblanche, ‘n bekwame afgetrede polisieman, wat deur die range gekom het, aanstel as minister van polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.