Beamptes van die departement van energie het nie Dinsdag in die parlement opgedaag om LP’s op hoogte te bring oor landswye versoeke dat die petrolprys verlaag moet word nie.
Fikile Majola, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor energie, het gesê die versuim om op te daag, word beskou as ʼn “boikot”. Hy het bygevoeg minister Jeff Radebe het verlede week aangedui hy sal nie die vergadering kan bywoon nie, maar het onderneem om ʼn afvaardiging van sy departement te stuur.
“Hierdie is ʼn boikot van die vergadering. Gaan sê vir hulle hulle kan nie dit doen nie,” het Majola gesê. “Ons sal dit nie duld nie. Ons is ʼn onafhanklike arm van die staat. Hulle moet aan die parlement verslag doen. Wanneer ons hulle vra om op te daag, dan moet hulle hier wees.”
Majola het gesê Radebe en sy span sal ontbied word om volgende week hul afwesigheid te kom verduidelik en om die belangrike kwessie van hoë petrolpryse te bespreek wat tot betogings gelei het, as gevolg van die impak wat die petrolprysstygings op gewone burgers het.
So, wat het julle verwag??
Ek stem. Hulle maak soos hulle wil.
Miskien moet hulle die buiteland ook boikot teen die hoe olie pryse, brand n paar tyres en n gebou of twee. Ek is seker die olie prys sal onmiddelik daal.
Waarom gee LP’s om oor die petrolprys? Met ‘n salaris van R1. 3miljoen per jaar, plus ‘n luukse motor, plus ‘n vet petroltoelae, plus verniet vlieg, plus ‘n vet onthaaltoelae, swem elkeen in só baie geld dat selfs ‘n petrolprys van R40 per liter heel bekostigbaar vir hulle sal wees.
Onthou ook dat ALLE parlementslede hierdie lekker vergoeding kry. So ALLE politieke partye lewe so lekker.
Hoe wil hul boikot teen iets waarvoor hulle gestem het? As hulle vir die ANC wil stem moet hulle ook maar die nagevolge dra. Die land gaan nog brand soos dinge nou lyk.
Hierdie optrede is laakbaar. Dit wys net wat voel hulle vir die land en sy mense. Hier gaan beslis groot betogings plaasvind.
Net sodra hulle in n hoek gedryf word dan hulle kwansuis nie beskikbaar nie en dit wys net weereens hulle voel n veer vir ons armes
Die mense laat Babel lyk soos ‘n byeenkoms van hoogsprekende gemeenskaplike taalkundiges ……
Hierdie mense het een ding nie, en dit is RESPEK.