Vergaderings oor vlak 3 duur voort

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Terwyl Suid-Afrikaners op hete kole sit en wag om te hoor wanneer daar na vlak 3 van die afsonderingstydperk beweeg gaan word, vergader pres. Cyril Ramaphosa vanoggend met politieke partye.

Ramaphosa sal met die leiers vergader van die politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word. Volgens Khusela Diko, die president se woordvoerder, sal die nasionale reaksie op die Covid-19-pandemie en kwessies rakende die landwye afsondering bespreek word.

“Die virtuele vergadering is die derde raadplegende vergadering wat die president met leiers van politieke partye sal hou oor hierdie openbare gesondheidsuitdaging.

“Die president het sedert die begin van die Covid-19-pandemie ’n reeks vergaderings en besprekings met leiers in verskillende sektore van die samelewing gehou om te verseker dat die nasionale poging om die krisis te bekamp inklusief is en die steun van alle belangegroepe geniet.”

Ramaphosa was gister deel van ’n virtuele vergadering van geloofsleiers wat onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SACC) georganiseer is.

Volgens Diko het dié vergadering deel gevorm van die konsultasies wat die president onderneem het om voor te berei om van vlak 4 van die nasionale afsondering na ʼn ander vlak te beweeg.

Ramaphosa het presies ʼn week gelede die land toegespreek en gesê die grootste deel van die land sal teen einde Mei na koronavirus-vlak 3 beweeg.

Die nasionale ekonomiese ontwikkeling- en arbeidsraad (Nedlac) het op 15 Mei ʼn vergadering gehou om te beraadslaag oor die oorgang na vlak 3. Daar is na afloop van dié vergadering gesê die verskillende afdelings van Nedlac werk hard om die land se vroegste moontlike migrasie na vlak 3 van die nasionale afsondering te bewerkstellig.

Ramaphosa het Saterdag ʼn vergadering met die presidensiële koördineringsraad (PCC) gelei waartydens verder beraadslaag is oor die skuif van vlak 4 na vlak 3. Ministers, premiers en verteenwoordigers van die plaaslikeregeringsvereniging (Salga) was ook deel van dié vergadering.

Die president het egter ook tydens verlede week se toespraak gesê ander vlakke kan in gebiede ingestel word waar die risiko vir verspreiding hoër is. Sedertdien word wyd gespekuleer oor watter gebiede as brandpunte beskou word.

Die Kaapstad-metro sowel as die land se ander groot metro’s word as bekommernisse uitgewys.

David Makhura, premier van Gauteng, het gister gesê Gauteng sal as geheel begin Junie na vlak 3 beweeg.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het reeds vroeër gesê die provinsie is gereed om na vlak 3 te skuif. Die Wes-Kaap het meer as 10 600 Covid-19-gevalle en 187 sterftes, maar het tot dusver die hoogste getal toetse per capita van al die provinsies gedoen.

Dit is egter in die stadium nog nie duidelik wanneer amptelike aankondigings verwag kan word oor wanneer dele van die land na vlak 3 sal beweeg nie.

Ramaphosa het ook tydens verlede week se toespraak gesê verdere aankondigings sal gedoen word oor sekere veranderinge aan die vlak 4-riglyne om handelsaktiwiteit in die kleinhandel en e-handel uit te brei en om beperkings op oefening te verminder.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het toe reeds die volgende dag aangekondig dat amper alle kleinhandelprodukte nou aanlyn verkoop mag word. Dit was te midde van druk uit talle oorde en dreigende regsaksies.

Daar is egter nog geen verdere aankondigings gemaak rakende enige ander verslapping van vlak 4-riglyne nie. Oefening buite die huis word dus steeds net tussen 06:00 en 09:00 in die oggend toegelaat.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Emily ·

Samesprekings, vergaderings ens. ens. ens Is dit al wat hulle kan doen, ek wonder net hoekom, Want hulle kan tog nie tot n besluit kom nie, Wil kinders skool toe stuur maar groot mense mag nie gaan werk nie.
Hoekom word ons nie op hoogte gehou van die vlg. aankondiging nie of weet hulle dat ons weet hier is iets meer as Covid19 aan die broei.
Ons verdien n president wat omgee vir Al die mense en wat die land op hoogte kan hou van alle gebeure, maar almal skram weg.

Ou toppie ·

My drie dogters, ‘n winkeleienaar, ‘ n privaatskool onderwyseres en ‘n restouranteer, is sonder inkomste.
Groot dele van die staatsdepartemente en plaaslike regerings se mense sit met volle salaris by die huis.
Ons is dus reeds totaal kommunisties. Die nuwe middelklas is die staatsamptenare. Dat dit onvolhoubaar is het nog nie by die rigtinglose en uiters ondevoegde bevelsraad geregistreer nie. Of, is dit wat hul wil hê!?

Alleen Wolf ·

Hulle het nie die vermoë om te besef dis nie volhoubaar nie

Anel ·

As dit so aan gaan sal daar niemand oor wees om na vlak 3 oor te gaan nie. ALMAL SAL DOOD WEES AAN HONGERSNOOD
. LIG DIE ALGEHELS GRENDELSTAAT DAT ONS KAN AANGAAN MET ONS LEWENS. Ons gaan almal op een of ander stadium doodgaan. As jy bang is is jou saak nie reg met jou God nie. Nou is die tyd om die reg te maak dan gaan jy ook besef dat die ophef van hierdie virus net is om paniek ondet die mense te saai. Word tog net wakker!

JohanR ·

Twee weke om te konsulteer, een week om met President Nkosazana Dlamini-Zuma te bespreek, en een week om sy toespraak te skryf . Dan uiteindelik verskuin hy op die kassie een aand, en se eintlik niks! Hoop iewers gee die hofe die lot ‘n lekker snot klap! Cyril Ramaphosa jy is ‘n geheel en al mislukkig en ‘n groot teleurstelling. Hoop die land het dit na twaalf maande van jou blah blah blah agterkom, en bewys dit by die stembus!

donsie ·

laat ons na stage 1 toe gaan, hou nogsteeds maar die drank persele ( kroee) en sigarette( sorry ouens) toe en hou nogsteeds die aanklok reel in, maar laat ons die land se mense terug kry by die werk,
hou big events toe en alle sport byeenkomste waar baie mense bymekaar gaan wees, maak die skole oop maar verminder die aantal kinders in die klasse, die skole wat baie kinders het per klas moet dan maar in 2 sessies skool gaan, ( ‘n oggend skool en ‘n aand skool)
kry die kinders weer aan die oefen, nie soseer rugby nie, maar laat hulle hardloop om van al hulle fustrasies ontslae te raak.
Hoekom is die Weskaap se syfers so hoog? Omdat ons die enigste provinsie is wat mense toets en nie lieg oor ons syfers nie, ek is dood seker dat die ander provinsies nie eerslik is oor hulle hoeveelheid siekes nie.
Ons gaan almal covid kry hierdie jaar, gelukkig is die simptome nie so erg soos die jaarlikse griep en bronchitus wat ons gereeld kry nie

Hoekom ·

Jammer maar ek het ook regte soos ander mense en sal graag my regte wil beoefen deur om te rook of tell net jou regte en denke?

koos10 ·

donsie, jy het nou nie lekker gedink nie. Die dinge wat die meerste mense in hierdie land omgekrap het, en wat stupid reëls is wil by bly behou en saam met die regering stem, maar die res wil jy verander? Moet onderwysers nou 12 ure per dag skool gee? Het hulle nie ook regte nie? Wat van hulle kinders? Moet hulle selfs sien kom klaar?
Hoekom kan kinders nie ook oefen tussen 6 en 9 soos goedgekeur nie? Wil jy die verantwoordelikheid ook vir skole alleen los?
En dan as jy sê almal gaan COVID kry, hoekom dan nog al die reëls ingestel hê?

Francois ·

Ek verstaan nie hoekom hulle heeltyd moet konsolideer nie. Dit is tog duidelik almal gaan dit kry een of ander tyd. Hulle jaag spoke. Hoevel van gewone landsburgers gaan normaal dood aan long siektes of ander siektes dan word dit verkeerdelik aangedui as covic 19. Maak als vlak 1 en laat die siekte sy gang gaan

Fedup ·

My fellow inmates.
head scarf, lin songtian, george sorros and bill gates gave me permission to write you today. Today in my news letter i want to tell you that i shared this with them, now I’m in trouble again. “Corruption, lying to the public and power hungry ministers is worse than prostitution.
The latter might endanger the morals of an individual, but the former invariably endangers the morals of the entire country.”
Don’t hold your breath for better level changes.

SomeOne ·

wat is nou makliker om te se c ry all, swart mense kan terug gaan na vlak 1 of zero, wat jy dit ookal wil noem, en alle wit mense bly by vlak 5, dis mos wat jy wil he

johanf ·

Waar gaan die meerderheid werk, as die besighede steeds toe staan…..?

Alleen Wolf ·

Hulle gaan nie werk nie C.R. gaan vir hulle sorg, ‘n hele R350 per maand

Jaco ·

Om te dink my “well being” is totaal en al afhanklik van n vrou met n gordyn op haar kop!! Sy bepaal nou my toekoms!!! En terwyl hierdie onregmatighede aangaan sit ons regslui almal handjies gevou en dryg nou al weke hofaksie sonder uitkomste. Een ding is ook veseker, indien daar OOIT weer n lockdown sou plaasvind SAL ek die hele winkel leegkoop en als opgaar, ek sal ALLES KOOP wat my driedeur motorhuis kan stoor! ALLES!!!! Ek sal in n koop panic ingaan!!! Daar is mos deur die vreeslike slim mense verduidelik dat ons nie dit moet doen nie…netnou besluit ons bipolere regering om sekere kos soorte ook op laaste nippertjie te verban soos met sigarette….ons sou mos net 21 dae in lockdown ingaan, en ons is nou al op dag 50 something!!!!!

katerinadiekat ·

Voor enige volgende lockdown koop ek ten minste 50 kartonne sigarette, dis vir seker. Het my dure les geleer. My man het nou die dag 38 pakkies gekoop teen R80 elk. Dit was geld wat ons gespaar het vir n paar dae in St.Lucia. Maar dis nou van die baan en die guesthouse waar ons sou bly is seker nou ook al bankrot. May as well be living in North Korea.

Willem ·

Ja nee praat praat dan doen julle in elk geval iets anders. Wens daar was iemand met graad 12 daar om besluite te kon neem

Bernard ·

Vergaderings vergaderings vergaderings. Julle kom ook nie verder as vergaderings nie maar intussen maak julle onder andere ook julle eie mense dood van honger a.g.v. julle idiotiese reëls en regilasies.
Dis omdat die mense wat die besluite moet neem, self geen idee het wat hulle doen nie.

Jax ·

Van sit en staan kom niks gedaan.
Kom 1 Junie en vlak 3 begin in en om my huis/woongebied.
Maniere om jouself veilig te hou van alle siektes:
* As jy siek is, bly by die huis. Jy maak die hele wêreld siek!
*was jou hande Meer as gereeld
*drink genoeg water
*hou n veilige persoonlike afstand van onder mense.
* as jy siek is en tog moet uitgaan, dra n masker en hoes/nies in jou eie tissue.

Die besigheid wêreld dwars oor die aarde, moet dit nou in hulle koppe kry dat n siek werknemer sy besigheid kan knie-halter. Die belangrikste in enige mens se lewe is sy/haar gesondheid. Ek dink dit is een van die belangrikste lesse wat ons van die pandemie kan leer!

Raadslid ·

Seker net met instansies wat hom en die ANC steun. Indien dit met kundiges was so hy Inperking onmiddelik opgehef het.

Alleen Wolf ·

C.R. se vergaderings is blote oë verblindery, hy en sy kaders vee hulle af aan enige goeie raad wat uit so ‘n vergadering sou voortkom en gaan voort met hulle veskuilde agenda van “R.E.T.
Hulle moet maar aangaan, daar gaan niks oor wees vir hulle R.E.T. program nie.

Frans ·

Dit is duidelik dat groot onserheid is oor wat haalbaar en nie haalbaar is nie.Kyk ‘n mens na voorspellings waarin die dodetal tot 100 000 uit meer as ‘n miljoen infeksies kan styg dan kan ‘n mens verstaan dat daar water getrap word.
‘n Mens weet nie of dit die prys is wat Suid Afrika moet betaal om die ekonomie aan die gang te kry,dit is maklik om te sê maak oop ,maar nie so maklik as jy of een van jou gesin ‘n slagoffer is van ‘n virus wat na alle inligting versprei is deur mense wat of in aanraking was met besmette diere of dalk besmette vleis ge-eet het.

Alleen Wolf ·

Frans, met alle respek, daai syfer het nog nêrens in die wêreld gemanifesteer nie, dis alles bangmaak praatjies, kudde immuniteit tree lank voor dit in,
As jy basiese higiene beginsels toepas en ‘n bietjie gesonde verstand het kan jy jou persoonlike risiko amper totaal elimineer, en as jy die virus sou kry is jou kans as ‘n relatief gesonde persoon om te sterf baie klein.
Moet ook nie vergeet dat indien jy ‘n gelowige is daar nie ‘n haar van jou kop sal skade ly as dit nie deel van GOD se plan met jou is nie

marius ·

Hul voel vere vir die privaatsektor wat moet werk om te oorleef nie . Die lippetaal beindruk niemand meer nie . Die ashoop het reeds voor die pandemie uitgebrand en gaan vir altyd holrug gery word . Soos ‘n paal bo water staan , val gaan hulle , maar slegs na die volk tot in die grond vertrap is . Dis die waarheid.

Martie Smartie ·

Die China Corona virus sal nou vir ewig geblameer word saam met apartheid vir die ANC se korrupsie en wanbestuur van alles in die land. Hulle kon nie vir ‘n beter verskoning gevra het nie. Die realiteit is niemand kan die verspreiding vd China Corona virus keer nie. Die armoede en werkloosheid gaan baie groter probleme veroorsaak. Wat hoogedele Ramaposa vergeet is dat die staatskas gevoed word deur ekonomies aktiewe belastingbetalers. Die staatsdiens kry hulle salariise en belasting bydraes direk uit die staatskas. Dink hy dat hy en sy kabinet en staatsdiens ‘n onuitputlike bron van inkomste het? Weet hy nie waar kom sy en sy kabinet se salarisse vandaan nie. Die waarheid wat nou uitkom is dat hy geen sin van ekonomiese beginsels het nie en dat sy persoonlike rykdom die gevolg van swart bemagtiging is. Bewys my verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.