Vergiftigde Jugomaro-katte begrawe

Elvis en Kai. Foto: Via Facebook

Nagenoeg 100 mense het Sondag die Jugomaro Predator Park naby Vaalwater in Limpopo besoek om vier geliefde skaars groot katte te begrawe wat Vrydag op hul nuwe wildplaas vergiftig is om vermoedelik vir moetie geslag te word.

Justin Fernandes, wat saam met sy ma, Rosa, en pa, Goosey Fernandes, die park besit en die diere van kleins af met die hand grootgemaak het, het die geleentheid gelei.

Die drie leeus en een tier is in vier groot grafte geplaas wat op ʼn spesiale gedeelte van die wildplaas gegrawe is sodat hul nalatenskap onthou kan word.

Justin het aangedui dat die katte se karkasse in die grafte verbrand gaan word sodat diegene wat hulle vergiftig het, nie kan terugkeer en hul liggaamsdele verwyder nie.

Maroela Media het Vrydag berig die katte is skaars twee weke gelede na hul nuwe wildplaas naby Vaalwater geskuif nadat die vorige wildplaas naby Groblersdal gelikwideer is.

“Teen 01:30 hoor ons ons wolf onophoudelik huil, wat hy nooit doen nie. Ek en Justin het gaan ondersoek instel en by Elvis, ons witleeu, en Kai, ons goue tiermannetjie, se kamp gesien Elvis lê by die hek. Daar het skuim uit sy bek gekom. Hy het soveel pyn gehad dat hy die groot staalhek gebyt het dat dit buig,” het ʼn emosionele Rosa aan Maroela Media gesê.

Hercules en Taariq. Foto: Via Facebook

Kai het net stil gelê en nie asemgehaal nie. Justin het dadelik besef die katte is vergiftig. Hy het mond-tot-mond-asemhaling op Elvis, wat toe nog gelewe het, toegepas terwyl Rosa op Elvis se hart gedruk het in ʼn poging om hom aan die lewe te hou. Dit was tevergeefs.

“Terwyl ons besig was, het ons ons twee bruinleeumannetjies, Hercules en Taariq, in die kamp langs Elvis sʼn van pyn hoor grom. Ons het probeer om vir hulle steenkool in te gee terwyl ons gewag het vir ʼn veearts om van Bela-Bela af te kom, maar hulle wou niks eet nie en het later gesterf.”

Rosa het gesê in albei kampe is stukke vleis, waaronder lewer, haas en derms, met die gif Temic, ook bekend as Two Step, gevind. Dit was aan die heinings gehang, het in die kampe gelê en die vleis is ook deur die katte opgebring.

Die booswigte het toegang tot die wildplaas deur die heining verkry. Hulle is vermoedelik onderbreek voor hulle enige liggaamsdele van die diere kon verwyder en het met leë hande op vlug geslaan.

“Ons vermoed ons geliefde katte is vergiftig om vir moetie geslag te word. Al waaroor ons bly is, is dat geen liggaamsdele geslag is nie. Ons gaan hulle nou op ʼn spesiale plek in die park begrawe,” het Rosa destyds gesê.

Die Vaalwater-polisie is na die toneel ontbied en ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die onwettige stropery van beskermde spesies ten sterkste veroordeel.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar ʼn volskaalse ondersoek is onderweg om die skuldiges aan te keer,” het hy Sondag aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Charl ·

Ai tog sterkte aan die grootmaak familie die diere was pragtig

Jaco Smith ·

Baie Baie slegte ding met sulke mooi diere. Ek sal self kom nagskof doen sonder betaling, laat weet my asb!!!!!

Riaan ·

Jaco Smith, ek was vanmiddag op die plaas by Justin en sy familie. Hulle is gebreek. Ek was die enigste persoon daar wat nie familie of vriende was nie, dit is jammer dat so min eintlik belang stel. Hierdie familie het baie hulp nodig. Daar is nog geen sekuriteit om die plaas nie en die 4 familie lede moet snags beurte maak om plaas op te pas. Hulle vra dat die wat wil help net saans moet opdaag met n warm jas/kombers. Hulle sal jou nie bel nie. Trots, wat te verstande is? Help ook finansieel. Ligte en sekuriteit kos baie. Bel my 071 361 2478 en sal Justin/Rosa se nr gee.

Riaan ·

Hulle sal hulp waardeer. Ek was vandag daar en hiedie familie is is stukkend. Justin sê dat die wat wil help met nagwag kan maar net opdaag met jas/kombers, baie koud. Finansiele hulp sal ook waardeer word.

Riaan ·

Jaco Smith, ek was vanmiddag op die plaas by Justin en sy familie. Hulle is gebreek. Ek was die enigste persoon daar wat nie familie of vriende was nie, dit is jammer dat so min eintlik belang stel. Hierdie familie het baie hulp nodig. Daar is nog geen sekuriteit om die plaas nie en die 4 familie lede moet snags beurte maak om plaas op te pas. Hulle vra dat die wat wil help net saans moet opdaag met n warm jas/kombers. Hulle sal jou nie bel nie. Trots, wat te verstande is? Help ook finansieel. Ligte en sekuriteit kos baie. Bel my 071 361 2478 en sal Justin/Rosa se nr gee.

Bok ·

Hoe lafhartig kan iemand wees en baie lyding besorg aan diere.

Oom Kalahari ·

@Jaco, ek sal enige tyd saam jou nagskof werk om hierdie pragdiere op te pas. Dit is regtig hartseer en so onnodig om sulke pragdiere te vermoor en dit vir tradisionele doeleindes. Hoe siek moet mens wees om diere so te vergiftig en as jy dit teenoor ‘n dier kan doen, dan kan jy dit met mense ook doen. Dit is moord.

Diereliefhebber ·

Ons land se mense is absoluut uit beheer…weermag wat nie eers na hul eie perde kan omsien nie..wat gaan mense nog aanvang met onskuldige diere…ek vetrou op God dat hy met hierdie mense sal afreken…

Riaan J ·

Ek was vandag daar. Hierdie famlie is stukkend. Hulle 4 maak beurte om wag te staan. Sal hulp waardeermaar sal nie vra vir hulp. Bel net en daag net op vir nagskof.bring jas/kombers, baie koud. Hulle het ook nog geen sekeriteit of ligte nie. Finansiele hulp sal waardeer word. Kontak my vir hulle sel nr. 0713612478

Baie jammer ·

Ek voel baie jammer vir die gesin wat die MOOI dinge in Suid Afrika probeer behoue laat bly het. Ek sien daar is nou baie skinderstories oor hulle maar die FEIT BLY STAAN HULLE ONSKULDIGE DIERE IS VERGIFTIG, maak nie saak of julle van die paartjie hou of nie . Hulle het ‘n kans gevat en weer pragtige diere gekry om die GEMEENSKAP te dien en die mooi van AFRIKA aan mense te wys en wreedaards het hulle VERGIFTIG> HE bietjie simpatie met jou medemense en diere .. Aan die EGPAAR WIL EK NET SE ek is baie jammer oor wat met julle gebeur het, julle geskiedenis het niks met my te doen nie, wel die verskriklike verlies van PRAGTIGE diere. Verder wil ek ook vir julle se dit HELP nie meer om die MOOI in Suid Afrika behoue te laat bly nie .. GELD en GREED het alles vernietig en oral moet mense daagliks by die karkasse van renosters en leeus staan en huil oor die verskiklike verlies. Daardie wreedaards/moordenaars word nooit gevang nie . STERKTE vir julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.