Vergoeding aan Zimbabwiese boere is steeds onseker

V.l.n.r. Ben Freeth, ’n Zimbabwiese boer, Willie Spies van Hurter Spies Ing., dr Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, en Wynand Hart van die Commercial Farmers’ Union (Foto verskaf deur Saai)

As jy vra hoe dit nou in Zimbabwe gaan, is die boere se antwoord altyd dieselfde: “Dinge is moeilik, maar hierdie jaar gaan ons groot ommekeer kom!” Elke jaar.

Dit is nou 23 jaar nadat Mugabe se Zanu PF begin het om wit boere op ʼn gewelddadige wyse van hulle plase af te jaag, en amper drie jaar nadat die Global Compensation Deed met landbou-organisasies geteken is. Daarvolgens het Zanu PF erken dat hy vergoeding aan die boere verskuldig is en hom tot ’n afbetalingsreëling verbind, maar nog niks het gerealiseer nie, sê Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.

As verteenwoordiger van meer as 500 familieboere wat in Zimbabwe geboer het of steeds daar boer, het Saai begin om druk op die Zimbabwiese regering te verhoog. ’n Vergadering is Maandag met ambassades in Pretoria belê om groter bewussyn te skep van die lot van onteiende Zimbabwiese boere en om hulle op hoogte te bring van die Zimbabwiese regering se nuutste aanbiedinge om die boere te vergoed.

Dit is opgevolg met ’n mediakonferensie waar ook die aanloop tot en huidige stand van regsaksie teen die Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse regerings deur Willie Spies van Hurter Spies Ing. uiteengesit is.

“Saai maak tans ’n dokumentêre program oor die onteienings en die lang stryd om billike vergoeding aan families wat sedert 2000 van hulle plase afgesit is,” voeg De Jager by. “Die Zimbabwiese regering het die Global Compensation Deed in Julie 2020 vir die boere aangebied, maar hulle nooit by die ooreenkoms gehou nie. ’n Nuwe aanbod behels betaling in staatseffekte wat eers oor 14 jaar verdiskonteerbaar is en die meeste van Saai se Zimbabwiese lede is nie daarvoor te vinde nie.”

Daar word wel sporadies klein bedrae deur die Zimbabwiese regering aan die mees kwesbare ou boere betaal om hulle met agterstallige doktersfooie en medisynerekeninge te help. Ongelukkig word hierdie hulp misbruik as ’n pistool teen die kop van die breër boeregemeenskap met die dreigement dat dit tot ’n einde sal kom as titelaktehouers nie die nuwe aanbod wil aanvaar nie.

De Jager sê Saai stig nou ’n hulpfonds met die doel om die kwesbaarste boere uit ’n alternatiewe bron te help om te oorleef. Saai skep ook ’n beleggingsinstrument vir Zimbabwiese titelaktes wat gebaseer is op die hoop op billike vergoeding. Boere kan hulle titelaktes aan die beleggingsinstrument verkoop of dit vir eie voordeel daarin deponeer sodat die titelaktes en gepaardgaande eise ’n langer lewe as die boere self sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nico ·

Die ANC moet net besef die grond wat die boere het is deur God die Vader aan hulle geleen, so die cANCer regering moet besef dat hulle hier te doen het wat Groter is as hulle, nl. God die Skepper.

Gaitsigubib ·

Nico, ek stem saam dat God die finale insette maak, ek het dit al gesien in my eie lewe, maar soos jy sien is almal se geloof nie op God ingestel nie, en dis hul volste reg. Miga 2:1-3 se: “Ellende wag vir hulle wat rampe teen ander beplan, wat op die bed le en dink aan kwaad om te doen, wat dit vroeg in die more gaan uitvoer omdat hulle die MAG in die hande het. Hulle begeer ‘n stuk grond en vat dit, huise, en le beslag daarop…..” Lees die stuk gerus en laat ook die wat dit nie glo nie op hulle eie. Moennie jou asem en tyd mors op die wat nie wil luister nie. Rig net jou oe op God want Hy sal ons nooit verlaat nie. Ek is verder bly jy noem, dat “die grond net aan ons geleen is”, want alles wat ons het is net genade. Dis die ander wat dink hulle verdien alles.

skurweberg ·

Wensdenkery. ‘n Gevallestudie waaruit Suid Afrika behoort te leer. Hoe gouer die realiiteite tafel toe kom hoe better.

Gaitsigubib ·

As n groot ou jou pimpel en pers slaan dan kry jy die wat gaan le en kerm en hoop hy kry jou later jammer en die wat begin terug baklei en nie n flenter omgee om ‘n paar tande te verloor nie. Watter een is jy?

Leon ·

Maroelamedia is goed , maar as ek iets mag se , party van die nuugeneure is al weke terug iets van die verlede dan het Maroela hom nog steeds op vars nuus 5 min gelede ???????
Dankie leon

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.