Vergoeding vir sanger wat vals beskuldig is

Argieffoto

Argieffoto

Kevin Stemar, ʼn plaaslike sanger wat ʼn jaar lank in die tronk moes spandeer nadat hy valslik daarvan beskuldig is dat hy ʼn 15-jarige meisie verkrag het, gaan nagenoeg ʼn halfmiljoen rand in skadevergoeding kry.

Die Pretoriase hooggeregshof het gelas dat die minster van justisie R100 000 aan Stemar moet betaal vir onregmatige inhegtenisname en die direkteur van openbare vervolging moet R350 000 in skadevergoeding aan die hip hop-sanger van Soweto in Gauteng betaal, het The Star Dinsdag berig.

Stemar is in November 2010 in hegtenis geneem nadat die tienermeisie beweer het hy en een van sy vriende haar verkrag het. Die saak is 11 keer uitgestel, en hy is uiteindelik in die Johannesburgse landdroshof vrygespreek.

Volgens die berig het die kantoor van openbare vervolging daarop aangedring dat Stemar se aansoek om borgtog nie goedgekeur word nie, al het DNS-bewyse hom nie aan die beweerde verkragting verbind nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Hoekom so bietjie vra meer dan sal die Polisie leer om seker te maak hulle kry die regte persoon.Hoe meer n mens uit hulle kry hoe minder is daar vir korupsie of hoe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.