‘Vergrype deur weermag is walglik’

Foto: (AP Photo/Themba Hadebe)

Die DA het die millitêre ombudsman versoek om ʼn onafhanklike ondersoek te doen na beweerde vergrype deur die weermag tydens die tydperk van 21 dae van afsondering.

“Daar is video’s wat aan die lig kom van weermaglede wat fisiek optree teen mense omdat hulle glo nie by die regulasies hou nie,” het Kobus Marais, DA-woordvoerder oor verdediging, gesê.

Video’s word op sosiale media versprei wat wys hoe weermaglede glo mense dwing om oefeninge soos opstote te doen omdat hulle na bewering nie aan die regulasies gehoor gegee het nie.

“Die gedrag is walglik en die DA veroordeel dit ten sterkste.” Volgens Marais het die DA dus onmiddellik aan afgetrede lt.genl. Vusi Masondo, millitêre ombudsman, geskryf. Marais meen die weermaglede se optrede is ʼn growwe skending van die weermag se mandaat en die Handves van Menseregte.

Marais het ook met genl.maj. Mannetjies de Goede, waarnemende hoof van die leër, in verbinding getree wat glo bevestig het dat ʼn saak aanhangig gemaak is.

“Ons vertrou dat die ondersoek deursigtig sal wees en dat lede van die weermag en polisie wat hierby betrokke was verantwoordbaar gehou sal word vir hul betreurenswaardige optrede.”

Volgens Marais moet diegene wat nie gehoor gee aan die regulasies nie verantwoordbaar gehou word, maar dit moet in ooreenstemming met die regulasies gedoen word. “Ons veroordeel enige optrede wat ten doel het om burgers te verneder en af te breek.”

Die DA het ook aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, ʼn skrywe in dié verband gerig.

“Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie, nie ʼn militêre staat nie. Hoewel ons land in ʼn ongekende tydperk in ons demokratiese geskiedenis is, moet daar te alle tye aan die oppergesag van die reg, die Handves van Menseregte en ons Grondwet voldoen word,” het Marais gesê.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

henndrik ·

So die DA reken hulle moet liewer arresteer word want die behandeling sal beter wees in die gevangenis want daar moet gevolge wees vir optrede

Genis ·

Ek dink eerder dis walglik as mense nie gehoor gee aan die wet nie… en wat versoek word nie..

Jack ·

En die polisielid of lede wat in beheer was vd soldate? Waar was hulle? Soldate mag nie alleen patroleer nie, maar moet onder beheer wees van n SAPS lid.

Johan Venter ·

Meeste mense het mos eers verlede Donderdag en Vrydag salaris gekry, geen wonder dit was oor die naweek chaos met die regulasies nie want almal hardloop toe om kos te koop.

En daar word die weermag mos toe op die mense losgelaat, dit het gister nie baie soek op die Internet gekos nie om te sien hoe die mense behandel is, ook is daar op van hulle wat in die rye voor ‘n kruidenierswarewinkel in die suide van Johannesburg gestaan het met rubberkoeëls losgebrand.

Maar dit het ten minste die Soldate en die polisie oefening gegee!

En vir die Minister.

Hulle is nie diere nie.

En ons is nie in ‘n gevegsituasie nie.

Sies man!

Nico ·

As jy NIE wil hoor nie moet jy VOEL! Land inelkfeval in anargie.

CeCe ·

At asb. Die DA is simpel. Hulle het duidelik niks anders om te doen nie. Persoonlik dink ek die polisie en weermag is heeltemal te laks met die toepassing van die “lockdown”. Wag tot daai hele area se mense siek word. Wat gaan die DA doen weer kerm en kla?

Nie Verbaas ·

As mense buite beheer is, gebruik dan ferm aksie maar moenie mense mishandel vir geen rede nie. Dit is wat my bekommerde maak want dit kan tot groter chaos lei. Ek vir een sal my nie laat rondstamp en stoot as ek binne die riglyne optree nie.

Michael 1 ·

Die mense wat aangevat word tree nie binne die riglyne op nie ,sou hulle hoef hulle niks te vrees nie so eenvoudig soos dit.

Michael 1 ·

Ek sien geen probleem daarmee nie dit is nie asof die weermag hulle plig versuim nie en ek dink hulle moet so aanhou die DA soek net aandag om stemme te werf hoekom doen hulle nie iets aan die diskriminerende wetgewing teen die wit minderhede nie?

Wonder net ·

Mmm… eerder n paar opstote as n paar klappe… want dit is wat ek hulle sou gee.

Ronéll ·

Weet jy wat Johan Venter baie van ons gehoorsame burgers is familie van n polisie of weermag lid. Daai balhorige hardhorende uitlokkende wetsoortreders gee nie n duit om hoeveel mense se lewens hulle met hul astrante uitdagende gedrag in gevaar stel nie. Elke keer wanneer n polisie of weermag lid huis toe gaan na sy/haar familie loop die familie die risiko dat hul pa/ma dalk die virus die huis inbring as gevolg van die swernote bv wat dink hulle is onaantasbaar. So Johan Venter dink bietjie verder!

Johan Venter ·

Ek het verwys na sekere spesifieke gevalle, as daar opstadiges is of balhoriges wat gevaar inhou is dit mos nie probleem nie. Almal wat in rye vir kos gestaan het voor die kruidenierswinkels was nie astrant en uitdagend nie. Kyk wat skryf ek ook in my kommentaar hier onder. Die burgerlikes se getalle in die nedersettings daar waar hulle kos moet gaan koop is die probleem, maar hulle almal moet in ‘n netjiese ry staan met ‘n trollielengte tussen hulle, hierdie mense is nie ‘stadsmense’ nie en dit is nie nodig om hulle soos diere te behandel nie.

Snowball ·

Ongelukkig sien ‘n mens in tye soos dié, die ware karakter van mense. Aan die een kant het ons het ‘n samelewing wat hulle afsmeer aan reëls en regulasies. Aan die ander kant het ons mense wat in gesagsposisies gesit is maar kleingeestig en sadisties is en nie die inbors het om dié tipe verantwoordelikheid te dra nie. Moeilike tye lê voor.

AmY ·

Sommige mense is nou maar eenmaal arrogant.
Hier by ons is daar DUIDELIKE REËLS OP PAPIER uitgestuur oor die moets en moenie gedurende LOCKDOWN.
Geen kinders buite mag wees nie (daar is glo bewys dat hulle wel draers van die virus is.)
Een arrogante mannetjie het sy kar gewas met sy kinders by hom.
Nou werk hy aan sy kar.
Ons mag op gemeenskaplike eiendom wees as ons ons vuilgoedsakke gaan uitgooi of iewers heen ry.
Terloops, hy ry tien keer ‘n dag hier uit.
Bodycorporate doen niks daaromtrent.
Mag ek die polisie bel?
Ek is bekommerd dat hy sal swaarkry in die tronk…

Cherokee ·

Nie die Body Corporate (waarvan jy waarskynlik ‘n lid is) se verantwoordelikheid, maar die Trustuus behoort dit te beheer.

Johan Venter ·

Soos ek hier bo genoem het, het meeste mense mos eers verlede Donderdag en Vrydag salaris gekry, geen wonder dit was oor die naweek chaos met die regulasies nie want almal hardloop toe om kos te koop. Die weermag en polisie is uit hul diepte uit vir die taak en teen die oormag van ‘n bevolking, hulle het ‘n opdrag gekry, maak of breek maar die mense SAL maak soos hulle sê. Hulle is nie in ‘n oorlogsituasie nie, maar moet mos wraggies besef hulle werk met burgerlikes EN mense wat ongewapen is.

Cyril Ramaphosa het nogal in weermaguniform op 27 Maart vir die SANW toegespreek, hulle uitgestuur en gesê, “gaan red lewens”.

Kyk op die foto in die artikel by die skakel hoe het dit byvoorbeeld in Philippi in die Wes-Kaap gegaan, kon die regering dit dan nie voorsien het voor hulle ‘n datum vir die aanvang van die Staat van inperking gekies het nie?

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/covid-19-the-ranch-kwarantyn-wys-afsondering-is-beste-teenvoeter/

Dr Pieter ·

Almal is gevra om vir 21 dae in afsondering te gaan om derduisende lewens te red. Waaraan is diegene skuldig wat dit verontagsaam en lewens in gevaar stel? Poging tot moord? Roekeloosheid?

Hoe stel die DA voor die weermag en polisie moet optree teen hierdie oortreders? Ek sien ook talle videos op die sosiale media waar mense blatant die reëls verontagsaam en dan met die polisie wat hulle aanspreek argumenteer, en dan doodluiters wegstap.

Diegene wat die oproep tot afsondering, en die wet gehoorsaam hoef nie te vrees dat hulle opstote gaan doen nie en stel ook niemand anders se lewens/gesondheid in gevaar nie.

Anel ·

En wat van afgetrede persone wat eers Woensdag pensioen kry? En daar is baie.

Theunis ·

Ai tog daar gaan die DA alweer. Kla oor als. Die mense luister nie en hulle moet optree. Mag nie iets aan iemand doen nie.

Johnny ·

Aan al die hier onder wat so aangaan oor die kamtige risiko wat iemand in die straat skynbaar vir die hele bevolking inhou:
Die virus versprei wanneer daar oormatige samedromming is. Dis waarom, in beskaafde lande, drankwinkels & klein besighede oop is. Individue mag oefening gaan doen, mits hulle nie sekere getalle oorskry nie. En DIS wat afgedwing moet word. Maar hierdie absurde regulasies lei net tot weerstand.

Ongelukkig sit ons verdermet ‘n magsdronk owerheid en semi-opgeleide amptenare wat heeltemal buite hulle bevoegdheid optree. Op geen manier mag die polisie of weermag iemand op die plek straf vir wat hulle (dikwels verkeerdelik) interpreteer as ‘n oortreding nie.

En aan diegene wat nou wil gaan klik: hou jyself net by die reëls soos wat jy dit sien en los ander uit. Jy is nie aangestel om oor ander wag te hou nie. Laat dit oor aan diegene wat WEL die bevoegdheid het. Jy gaan geen beloning kry hiervoor nie; inteendeel . . .

Cherokee ·

Absurd om te dink dat klein hoeveelhede mense, klein groepies, dit nie kan oordra nie.

Johnny ·

Maar daar is niemand om dit AAN oor te dra as jy alleen is EN die ding het nie. Dis waarom die goed so absurd is.
Hierdie histeriese paranoïa, waar mense mekaar begin slegs136, uittrap en afneem en alles aan elke instansie wil rapporteer, is werklik oordrewe en onnodig.

Johan Venter ·

As die mense nie wil luister nie moet hulle maar voel

Mariaan ·

Nou wat is fout met n paar opstote?? Wat op dees aarde moet die weermag doen met so balhorige volk?? Nee man…niks meer as reg nie daar is nie genoeg plek in doe tronke….laat hulle oefen as hul nie ore het nie…..ons land is waar hy is omdat daar met watte almal hanteer moet word wat kriminele is! Mooi so weermag…sort hulle uit

Michael 1 ·

My opinie om vir die weermag sambokke te gee dit sal n beter effek hê en die DA moet stilbly en voor hulle eie vuil voordeur vee.

Jaco ·

tussen 1980 en 2000 toe alles in Zimbabwe nog gewerk het, het die weermag en polisie daar maar baie dieselfde opgetree. die gevolg: ALLES het gewerk en mense het geweet wat om te doen en wat om nie te doen nie. die huidige gemors in Zimbabwe is weens ekonomiese wanbestuur. hulle weermag en polisie is steeds dieselfde. dit gaan ekonomies sleg, maar wat wet en orde betref trap almal in hulle spoor.
net vreemd dat China, groot pel van die ANC, se weermag en polisie presies dieselfde is. Die ANC kan eintlik nog baie leer by China…

Fanie ·

Leer hulle bietjie dissipline. Ons land kort om weer respek en dissipline by ons mense in te skerp, selfs te dwing as nodig. Dalk so dat sommige mense laat betaal is maar was die instruksies nie dat EEN kan winkels toegaan nie. Ek is op bystand en as jy sien hoe min mense steur hulle aan die reëls ten opsigte van persone per voertuig, loop in die strate, hulle uittartende houdings teenoor SAPS glo ek SAPS en die Weermag is nog steeds te sag met hulle. Toe die Polisie nog ‘n Mag was, en nie ‘n diens soos vandag nie, sou mense meer respek vir SAPS en SANW gehad het. Dog die DA is vir dissipline, maar sien nou hulle dien ook maar die huidige norm van geen respek en dissipline.

Louis ·

Natuurlik is die DA “Simpel” Tot dit eendag eendag een van ons is wat wild en wakker rond gestamp word, geklap word dat die snot om jou ore klap en gevloek word. Dan is hulle nie meer so “Simpel”as hulle SANDF of SAPS verkla nie. Iemand moet tog die uniform mense in lyn hou. Daar is beter maniere om mense te beheer as om hulle te boelie. Niks met `n politieke party uit te waai nie. net menslikheid

Michael 1 ·

Daar word dmv wetgewing gediskrimineer teen wit minderhede agv hul velkleur wanneer gaan die DA dit aanspreek ?

Ansie ·

Dis seker nie reg dat die weermag en/of SAPD hardhandig optree nie. MAAR daar is mense wat eenvoudig nie wil luister nie en hierdie mense, wat hulle eie gesondheid op die spel plaas, tart en frustreer. Neem bv die persoon in Khayelitsha wat die virus opgedoen het – hy het die afgelope week openbare vervoer gebruik en kon honderde mense aangesteek het – en hy het nie eens onwettig opgetree nie. Mense wil eenvoudig nie luister nie en as hierdie virus in die beknopte informele nedersettings uitbreek, gaan dit ‘n onmoontlike las op ons gesondheidsdienste plaas.

marius ·

Gaan kyk hoe hanteer ander derde wereld lande dit liewe da da . Die seep borrels wat deur sogenaamde mense regte geskep is bars een na die ander . Dis nou realiteit.

Brett ·

Die gebrek van Disepliene is die oorsaak van al ons land se proebleeme….. Wanorde geweld en korrupsie is net die produk daarvan. Jul wat nou kla is die wat die hardste skreeu as ju geliefdes COVID kry….. Jul kla die polisie doen niks….Dan help die weermag dan wil jul kla die weermag en polisie gebruik te veel geweld. Wat wil julle he……… Hul stel doelgerug almal se lewens in gevaar…..poging tot moord…. Jul gooi dan jul gewig rond as jul geliefdes siek word of selfs sterf en maak ‘n groot geraas. Die wet beskerm die skuldiges nie die onskuldige mense nie……
Ongedissiplineerd rugraadloos van skole tot huishoudings.
Julle weet NIE wat Disepliene is nie dus nie geweld nie dus respek en sesag en moet soms afgedwing word. Geen geweld is gebruik nie net fisiese oefening…… Wats die proebleem nou eintlik……
Sit maar en besigtig die walglike onstandighede in jul weelde.

Scalla ·

Die verskil tussen die twee, die weermag vang die krokodil, die polisie vang n akkedis en slaan hom tot hy erken hy is n krokodil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.