Verhandelinge in MTN-aandele opgeskort

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) het die verhandeling van MTN se aandele opgeskort.

Die verhandeling is opgeskort in afwagting van ʼn aankondiging deur MTN. Volgens berigte hou die aankondiging verband met MTN se besluit om glo die R72 miljard-boete wat die maatskappy deur die Nigeriese kommunikasiekommissie opgelê is, te betaal.

Die boete hou verband met 5,1 miljoen MTN-intekenare in Nigerië wat in Augustus en September afgesny is. Hulle is glo nie betyds afgesny ingevolge nuwe registrasievereistes nie.

“Senior amptenare van MTN is besig om met die Nigeriese owerhede en hoër magte in verbinding te tree om hulle te oortuig dat terwyl hulle moontlik sommige van hul lisensievoorwaardes oortree het, ʼn boete van daardie omvang gelyk is aan jare se winste – jare en jare,” het ontleders van Vestact gesê.

“Dit is maklik om ʼn maatskappy sleg te sê, maar mense het min insig oor hoe moeilik dit is om in verskillende gebiede waar daar verskillende reëls en regulasies geld sake te doen.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

Wat is die werklike situasie? Onkunde, ignorering of sommer blatante minagting soos dit eintlik werk. Vergeet die reëls ons maak ons eie. MTN moet maar sy klap aanvaar.

Henry ·

Na my ervaringe met MTN, glo ek dat die groep alles verdien waarvan die Nigeriërs hulle beskuldig.
Daar is talle Suid Afrikaners wat soortgelyke ervaringe as ek ondervind het. Wat ook hul MTN kontrakte summier beëindig het, selfs al het dit soos in my geval, met verliese gepaard gegaan.
Bly ver weg van die spul af en kry vi’ djulle!!!

ig ·

Stem saam Henry,Ek dink dit is hoogtyd dat die res van die Selfoon Ñetwerk verskaffers in Suid Afrika ook deeglik ondersoek word.Verbeel ek my of is die ÀNC nie een van hulle grootste aandeelhouers nie?

Yvonne ·

Kyk, die wiel draai! Nogtans hou ek nie van die idee dat Nigerië R72 biljoen uit ‘n enkele Suid Afrikaanse maatskappy maak nie! (Suid Afrika is hulle grootste ekonomiese kompetisie op die vasteland) Lekker vet bonus vir Nigerië terwyl die olieprys nou so bietjie sukkel.

Pendoring ·

Nou is die tyd vir aandele koop in MTN. Hulle is te groot om heeltemal te val en hulle gaan nie weer hierdie fout maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.