Verheerliking van apartheid kan tot tronkstraf lei

rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gesê die ANC se voorgestelde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak voldoen aan dieselfde basiese elemente as wat die ANC in die 1970’s teen apartheid aangevoer het om dit tot ʼn misdaad teen die mensdom te verklaar.

Volgens Afriforum is die besonderhede van die wetsontwerp nog nie bekend nie, maar die ANC het reeds laat blyk die wetsontwerp se doel is om “rassisme of enige handeling wat apartheid verheerlik” te kriminaliseer en gevangenisstraf daarvoor op te lê.

Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê rassisme is soos ʼn kanker wat indruis teen vreedsame naasbestaan, wedersydse erkenning en sosiale samehang en moet beveg word. “As mense egter links en regs in die tronk gegooi word, gaan dit hierdie land beslis nie nader aan ʼn oplossing bring nie,” het Roets gesê.

Roets het verduidelik dat die ANC se verklaarde doel met die wetsontwerp byna woordeliks strook met die teks van die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme, wat in 1950 deur die Nasionale Party (NP) aangeneem is. Hierdie wet en die toepassing daarvan, was een van die grootste beweegredes waarom apartheid gedurende die Koue Oorlog tot ʼn misdaad teen die mensdom verklaar is.

“Die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme het die bevordering van kommunisme gekriminaliseer en die verheerliking daarvan kon tot tronkstraf lei. Die wet is volgens die ANC ook gebruik om kritici van die regering se politieke program te snoer. Die NP-regering het aangevoer hulle doen die regte ding, aangesien hul bedoelings suiwer was en kommunisme boos is.”

Roets het gesê die ANC se wetsontwerp wil die bevordering van apartheid kriminaliseer en die verheerliking daarvan kan tot tronkstraf lei. “Hierdie wet sal ongetwyfeld ook aangewend word om kritici van die regering se politieke program te snoer. Ook hier sê die ANC dat hulle die regte ding doen, omdat hulle bedoelings suiwer en apartheid boos is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Leendert van Oostrum ·

En so word idees weer tot misdaad verklaar – “mind crimes”.

Christine ·

Wanneer gaan Zuma,sy makers,die EFF,hul makers en studente wat teen Afrikaans is,tronk toe, so ook die wat met t-shirts rond loop waarop staan “kill all whites” en en en? Waar trek jy die streep?

Leeukuil ·

Afsonderlikke ontwikkeling en selfbeskikking sal dan ook as “vloekwoorde” beskou word. Ons reg op ‘n vrye soewereine Volkstaat voel soos ‘n vêr-af droom.

tamboti ·

SA julle was gewaarsku, maar dit sal nog lank duur voor almal besef EN erken dat hierdie stryd gaan net om een ding: om Europese nasate uit Afrika te verdelg – is dit nie opperste rassisme nie?

John ·

Gaan daar spesiale howe wees wat rassiste verhoor? Hoe gaan dit saamgestel word? Waar gaan hulle hofbeamptes kry wat nie een of ander ideologie aanhang nie? Die aangeklaagte gaan nie ‘n kat se kans he nie, want die regters sal niemand kan vryspreek nie, dan word hy/sy as ‘n rassis afgemaak. Enige kritiek dus teen enigiets wat die ANC en sy meelopers doen, sal ook as rassistiese leuens bestempel word. Dit gaan ‘n siek speletjie word wat bloedvergieting en vandalisme kan veroorsaak. Koebaai vir kommentare soos hierdie en Orania, ek hou duimvas vir julle.

HEVW ·

En was die destydse NP nie reg dat kommunisme boos is en gekrimminaliseer is nie. Meen maar net kommunisme is aan die orde van die dag en ons beleef chaos, die onderdrukking van minderheidsgroepe se regte soos ons Afrikaanse taal,hul geskiedenis wat vermink word, hul kultuurhistoriese sentimente, nl. vernietiging van monumente en daarby rasseverhoudinge wat versleg. Daarmee saam ook dat die ekonomie wat gerysmier word tot byna rommelstatus., Iets om oor te besin.

WL ·

Gaan hulle valse aantuigings van rassisme ook kriminaliseer???

KP ·

Omgekeerde rassisme waaronder net die witte gaan lei, eintlik al klaar lei.

Magda ·

Die probleem is dat die oningeligte meerderheid nie weet wat beteken rassisme nie. As mens iets vir iemand sê is jy n rassis. goeie voorbeeld… ons woon oorkant n woonstelblok waar verskeie rassegroepe inwoon. Die afgelope Paas naweek is daar derhalwe baie kuiergaste gewees. Vanaf Donderdag af is daar onophoudelike rumoer gedurende die nag(en ek sê rumoer wand dit was nie net n geraas nie). Motors se toeters word aanhoudend geblaas, partytjie met oorverdowende musiek reg voor ons ingang gespeel en drankbottels die hele wêreld vol bestrooi. Ewe oordentlik stap ek toe 3h Sondagoggend by my hek uit om hulle te vra om asseblief net sagter te wees. Ek nader die eerste groep(almal swart mense) DADELIK WORD EK UITGESKEL AS” BEING A RACIST”. Twee groepe mense was verantwoordelik vir die rumoer. Ek nader toe die 2de groep ook en dit is toe blankes en vra hulle ook ewe beleefd om net asseblief sagter te wees. Dadelik word die musiek sagter gestel en die jong man vra omverskoning. SO WIE IS die rassiste? Ons almoet word gedwing om vreedsaam saam te leef maar hoe leef mens vreedsaam saam met ander groepe wat GEEN respek vir hulself of ander mense het nie? Ek sê maar net..

tamboti ·

Ja Magda, presies so, alle kritiek wat van blankes kom sal rassiesties wees, of as ‘n leuen afgemaak. Swart jaloesie.

Johannes ·

Al wat die ANC verstaan ongelukkig is geweld. Op die ou einde sal daar geen ander opsies oorbly as om op te staan en te baklei vir jou voortbestaan as mens nie.

Peet J ·

Wetgewing sal nie die mens se ras kan verander nie en die regering en politieke partye behoort dit in ag te neem alvorens ons aan so ‘n ondeurdagte besluit onderwerp gaan word. Miskien sal dit beter wees om in die toekoms soos ‘n kluisenaar sowel as selfonderhoudend te begin lewe.
My ras en herkoms as ‘n witmens sal niemand verander nie.

Zumie ·

OOOoooo nou verstaan ek wat vryheid van spraak in die grondwet beteken…. ek is vry om te se enigiets wat el prezedente wil he ek moet se…..

Flippie ·

Daar is die sg. vryheid weg. Hierdie wetgewing is so bewoord dat die meeste wiites inhegtenis geneem gaan word vir rassisme. Daarvoor sal hulle ‘n ruk kie in die tronk gaan sit en vir die res van sy lewe ‘n misdaadrekord teen hom/haar hê. Hierdie misdaadslys sal blykbaar wereldwyd gepubliseer word.

Kanse dat appél toegestaan word by skuldigbevinding is feitlik zero. Die wat skuldig bevind is sal maar self appeleer. Dit is ‘n lang proses en is duur. Jy sal uitvind dat so ‘n saak jou makliker R 200,000 uit die sak kan jaag.

Behalwe om die jou die reg te ontneem om in die buiteland te gaan werk, Word jou bankrekening ook deur jou prokereur geplunder.

Moenie dink dat jy noodwendig rassistiese haatspraak moet uiter nie. Daar sal diegene wees wat vals aanklagte gaan loods.

tamboti ·

Ja Flippie, gebrek aan opvoeding (nie geleerdheid nie) ordentelikheid word toegesmeer met arrogante magsvertoon, as die slaaf koning word.

Landi Slatter ·

Dagsê Joann

Die oorspronklike kommentaar waarop jy reageer het, is uitgevee omdat dit ongelukkig nie aan ons bepalings en voorwaardes voldoen het nie. In die geval van ʼn tweegesprek is dit nie moontlik om slegs sekere kommentaar te verwyder nie, aangesien die oorblywende kommentaar dan uit konteks is en nie meer sin maak nie. Die oordeel om enige kommentaar te verwyder wat nie aan ons beleid voldoen nie, berus by die redaksie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Peet J ·

Ja,die Almagtige God het gewaarsku jy moet nie jou slaaf jou heerser maak nie.

jaco ·

Toe sekere klein wit regse groepe in die vroeg 1980’s begin agiteer het vir ‘n wit volkstaat/tuisland en dat die res van die land eenvoudig aan die swart meerderheid oorgegee word, het almal vir hulle gelag. die regerende Nasionale Party met al hulle adapt or die slogans en al hulle politieke hervormings het gesê ‘n volkstaat/wit tuisland is rassisties en anyway ekonomies onhaalbaar, terwyl die regse Konserwatiewe Party, wat amper 1 miljoen stemme in 2 verkiesings gekry het, weer gehoop het om die volle staatsmag te kry as hulle ooit sou wen, waarna hulle maar net die duur ongelyke stelsel van apartheid sou voortsit.
As beide die NP en die KP en al hulle ondersteuners maar net daardie tyd anders gedink het…
As die Jode van Israel ‘n sukses kon maak (baie is deur vervolging en diskriminasie gedwing om soontoe te gaan), sou ‘n groot groep wit mense (BAIE meer as Orania se 1000) dieselfde kon reggekry het.

Oom Kalahari ·

Dit gaan my werklik te bowe hoekom daar so graag ‘n dwang geplaas word dat mense moet meng met mekaar op alle vlakke. Daar is wedersydse respek tot mekaar, vriendskappe, sosiale kuiertjies ens. maar waarom elkeen se gronwetlike regte te ontneem as hy nie deel wil wees nie. As ‘n sportman of vrou/kind nie vir sekere sporte aangelê is nie, waarom dan iemand wil dwing om dit te gaan doen. Hierdie wetsontwerp regverdig nie “nasie bou” maar gaan ‘n geweldige tweespalt teweegbring in my opinie, want so gaan mense mekaar begin vermy in die vrees dat hul dalk iets verkeerd mag sê of doen wat inbreuk maak op ‘n ander. Nee hierdie is ‘n joker’s kaart wat baie ongesond toegepas gaan word waar daar duisende gehoorsame en wets gerespekteerde mense/burgers is wat kriminele rekords onnodig bedien word en gestraf gaan word.

Johannes Meintjes ·

Maar “Kill the Boer, kill the farmer”, “bring my masjiengeweer”, en rassisme in die werkplekkwotas is goed …, terwyl die burgers steeds bloot ooh, ah en ug wyl die hande angstig gewring word, daar op sosaile media getjank word en Plan B, – saam met talle ander groot berade, – ook maar net mooi lyk op die vertoonrakkie bokant die kaggel ?

Amelia ·

Kan enigiemand dalk vir my verklaar wat beteken dit om in ‘n demokratiese land te bly? Wat beteken dit om ‘n demokratiese stelsel te he?

pop ·

Die ANC blaas deur hierdie wette net erger argwaan aan. Want al staan jy op jou kop en fluit sarie marais deur jou agterste hoeter gaan daar geen duik gemaak word aan mense se gesindheid en die haat oor alle kleurgrense heen nie. Hoe meer hulle ons wil saamdwing< hoe harder beur ons weg van mekaar af. Enige mens kies tog vriende wat iets met hulle in gemeen het, en dieselfde standaarde handhaaf. I rest my case.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.